Woonbuurt of lokasie

Ek ry nie vreeslik baie rond nie.  Veral nie in die stedelike gebiede nie.  Soms ry ek saam manlief uit na ‘n site, soos vandag.  So sien ek elke keer wanneer ek ry, iets nuuts, soos ‘n nuwe winkel sentrum wat opgekom het, of nuwe plakkerskamp wat sommer net so soos mushrooms gegroei het. 

 Vandag ry ons van een van ons verskaffers se fabriek af kortpad terug na westgate se kant toe.  ‘n Gedeelte van Mellvern.  Swart.  Ek raak paniekerig.  Manlief sê  die plek het skielik vervuil.  En dit is vuil.  Ek kyk die huise so.  Mens kan amper die krampagtige gekla van hulle aanhoor.  Waar eens op ‘n tyd gesinne gebly het in liefde en omgegee het vir hul omgewing en hul plekkies opgepas het, lê die strate vol aktiviste – alles behalwe aktief.

Ek kyk na die gordyne van die huise.  Mens kan baie dinge wysword deur ‘n huis se gordyne.  ‘n Swart dame het eendag vir my gesê hulle (die skelms) kyk na jou gordyne en weet dan of is jy welaf of nie.   Vuil, stukkend en maak skaars die vensters toe.  Nerens is gordyne oopgetrek sodat daar bietjie vars sonskyn in die vertrekke inkom nie.  En ek wonder hoe ruik dit binne daardie huise.  ‘n Siek gedagte.

Ons ry verby ‘n park.  Moes eens op ‘n tyd ‘n pragpark gewees het.  Pragtige klip muurtjies is oral in die park gebou.  Met paadjies en gras en ek is seker daar was eens op ‘n tyd mooi tuine.  Ek vra vir manlief watse park is die?  Hy sonder om te dink gesê dis seker squatter park.  Dis swart.  Oral lê sleg goed rond.  Sommige slaap in die son.  Ander sit en suip.  Ander is half ontklee.  En dit is in die middel van klomp besighede.  En naby Ellis Park.  Pragtige uitsig vir al ons opkomende buitelandse toeriste in 2010…..

Manlief noem aan my die feit dat ons beskou word as 3de wêrelds.  Hy sê die mense in Rusland lyk almal versorgd.  Niemand daar loop sonder tande rond of met verslonsde klere nie.  Die regering daar kyk na sy mense.  Ek wonder so by myself wat doen ons regering nou eintlik vir ons…..

Verder met ons roete is daar ‘n woonbuurt wat duidelik nog nie so maklik wou tou opgooi nie.  Daar sien jy nog die sukkelende pogings om die stukkie grond waarop die mense bly te beskerm.  Mure so hoog jy kan nie die deure of vensters van die huise raaksien nie.  Doringdraad en elektriese heinings het deel van die mode geword.  Tralies so dik soos tronke sin is oral sigbaar.  Elke huis het ‘n bordjie op wat sê die een of ander buurtwag hou daar dop.

Naby westgate is daar ‘n plakkerskamp.  Het dit ook eendag met ‘n skok raakgesien.  Was klein, maar was daar.  Amper elke stukkie oop grond wat daar is, is nou al beplak.  Dis stinkend vuil.  Dit het net begin reën.  Ek kyk die sink kayas so.  Daar is nie ‘n manier wat daai goed kan droog bly binne nie.  Dis ‘n siek gesig.  

Ek het tot die besluit gekom, dis ons land.  Aanvaar dit nou maar so…..of gee pad.  Wen gaan ons nie wen hier nie.  Ek neem niemand kwalik wat gee pad nie.  Ek begin al hoe meer in daardie rigting dink.  My goeie vriend Gabriel sê hy is patrioties, en sal bly en baklei en sterf in sy land.  Sterkte ou maat…..ek is seker maar lafhartig…of dalk net te gatvol om te bly.  As die kans hom voordoen, vat en hom met albei hande. 

8 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ek het baie jare terug in Westgate gewerk. So uit jou skrywe kan ek aflei dat ek die omgewing nie eens sal herken as ek dit nou sien nie. Dis tragies hoe alles agteruit gaan.

  2. 2

    boendoe said,

    Ek’s bly jy blog weer, ou dier!
    Ja, dinge is net nie meer wat dit was nie, is dit?

  3. 3

    Zee said,

    Sonneblom, seun het my mos nou die dag met ‘n slinkse triek deur Hillbrow laat ry. Ek het koue rillings langs my rug afgehad die hele tyd. Dit is regtig baie scary.

    Ek onthou jare terug toe ons nog in Hillbrow n “midnight snack” gaan koop het, vandag kan jy dit nie waag nie!

  4. 4

    Pikkelik said,

    Ek’t twee blokke van Westgate af gebly in my jonger dae. Kan nie glo wat ek nou lees nie. Dink nie ek wil eers gaan kyk nie.

  5. 5

    Gabriel said,

    Is alles waar wat jy sê van die agter uitgang Blom. En mense wat die kans meskien kry om landuit te gaan sal nie kwalik geneem word nie. Ek stem saam met daai een. Mens moet jou geliefdes beskerm. En ek patrioties ja en sal bly en baklei. En met die lees van jou stuk het ek skielik besef hoekom. Wat van die mense wat nie kan land uit nie? Moet hulle aleen baklei? Ek kan ook verkeerd wees en dalk braaf wees van domheid. Alle respek aan mense wat hul geliefdes eerste sit. Ek sal nie eers durf sleg dink nie. Maar staan sal Gabriel staan. En net meskien sal ander weer saam kom staan.

  6. 6

    Wipneus! said,

    Sonneblom ek stem saam jou, ons land gaan nou baie vinnig vreeslik agteruit. Mens kan dit nie meer miskyk nie. Ek was nou eendag in Pretoria, ek het my dood geskrik. Daar waar eens mooi woonstelle was, lyk dit nou na een of ander hostel wat restourasie ondergaan. Die helte van die vensters is stukkend, klere hang by die vensters uit, koerante is voor die vensters gepak. Sypaadjies is vuil en oorgroei van die onkruid. Staatsgeboue is in halglike toestande.Dit laat my wonder waar gaan die belasting geldjies heen? Papiere lê orals rond gestrooi. Ons nes is bemors!

  7. 8

    boendoe said,

    *sug* Het jy nou opgehou blog, suster??


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Zee Kanselleer antwoord