Poke poke – enige lewe hier nog?

Ek was so lanklaas hier.  Ek het my password en login info verloor.  Ek wil net sien of werk die blogs nog.

So baie dinge het in my lewe gebeur sedert ek laas hier was.  Tragiese dinge.  Dalk is dit ‘n goeie ding as die blog nog wer.  Ek kan dalk bietjie kom afblaas hier.  Sal dalk goed wees vir my siel.

Hoe gaan dit met al die bloggers.  Ek sal kom post.  Soon 😉

 

Comments (1) »

My seun, my liefling kind, my hart se punt, my trots.

Ek wens ek kon al jou confusion wegvat. Ek wens so ek kon jou hartjie gesond maak. Ek wil jou net in my arms vashou en jou rock soos toe jy ‘n baba was. Jou wangetjies soentjies gee en dans als weer reg.

Niemand het ooit gesê die lewe is maklik of regverdig nie. Ek onthou nog toe jy vir my gesê het kort voor jy 20 geword het, “Moeder, ek het myself gedra tot nou toe, ek dink ek kan seker maar nou vir my ‘n meisie kry?”

Ek besef nou dat jy so geweldige verlange het om iemand lief te hê. Maar seun, jy gee jou hart te vinnig weg. Ek weet jy is kwaad en dink die lewe klap jou rond. Maar op die einde van die dag gebeur dinge mos maar ten goede. En ek weet jy stem nie saam nie, maar eendag sal jy terugkyk en se dankie.

My hart was stukkend toe ek besef dat jy kwaad is vir die lewe en vir God oor hy jou broer gevat het. Nooit in my wildste drome sou ek kon raai dat op 2 jaar dit jou so sou beinvloed het nie. As ek geweet het sou ek plan gemaak het om jou toe al te kon help. Jy moet verstaan dat dit nie ons keuse in die lewe was dat God hom geneem het nie. God het ander planne met hom gehad.

Ek het geweet jy loop met ‘n woede rond. Ek het maar altyd gedink dis oor julle pa julle weggegooi het. Daarvoor het ek altyd probeer opmaak. Miskien is dit ook ‘n rede? Maar een ding moet julle nooit ooit vergeet nie, en dis dat ek geweldig lief is vir julle. My kinders is die mees belangrikste goed in my lewe.

As ek kon sou ek al julle pyn wou vat, al julle hartseer wou oorneem, en al julle trane wou huil. En net die vreugde vir julle terug gee. Maar seuna, ek kan nie. Mens leer lesse in die lewe deur foute te maak en deur jou kop te stamp. En nee, dit is nie lekker nie.

Was vir my geweldige skok om te moes hoor jy het jou gesonde liggaam bloot gestel aan dwelms. En ek neem myself kwalik dat ek dit nooit eers raakgesien het nie. Jy verseker my jy is skoon, en ek wil met elke vessel in my liggaam jou glo. Ek hoop en bid jy bly skoon.

Jy se my jy glo nie in die Hemel en God nie. Jy se alles is maar net daar en as dit klaar is dan is dit klaar. Jy se jy weier om te bid. Want toe jy laaste keer gebid het dat dinge moet beter gaan, toe gaan dit slegter. En toe dink jy ‘what’s the point’? Die punt is dat dit wel beter gegaan het. Ek het jou gese alhoewel dit op daardie stadium gelyk het of dit slegter gaan, was dit ‘n skoppie na beter. Jou gebede het gehelp. Sien, om te bid beteken nie jy gaan waarna jy soek onmiddelik kry nie. God gee vir on swat ons nodig het wanneer die tyd reg is. Jy sê jy het toe weer vir die eerste keer begin bid, en jy het gevra vir die meisie. Maar weereens het God geweet sy is nie goed vir jou nie. Hy het geweet dat sy jou sou vernietig op die einde. God is lief vir jou en wil regtig net die beste vir jou hê. En iewers is Hy besig om jou regte vrou vir jou te politoer. Dit my liewe kind moet jy glo.

Kyk toe wat gebeur volgende. Jy raak in ‘n hengse frensie oor die meisietjie. Sy vertel jou klomp stories, en dit terwyl jy baie ver van die huis is. Alles in ‘n poging dat jy op daardie vliegtuig moet klim en jou werk moet verloor. Alles om jou so deurmekaar as moontlik te maak. En die volgende gebeur toe….

Jy gaan uit. In vreemde land terwyl jy siek is. En jy word geroof. Jy val die bouncer aan, en jy word uitgeskop. In die middle van die nag in plek wat jy nie ken nie. Jy het geen geld nie, en jy is siek. Jy besluit de hel met dit jy loop sommer net rigting in. Iewers in die donker val jy in ‘n moddergat. Klomp swartes sit toe en lag vir jou. Jy besluit jy gryp die eerste een wat jy sien en vra wat is so snaaks. Die ander spring toe op en vra gougou om verskoning.

En seun, nou moet jy mooi luister na wat ek sê.

Jy het geen liefde vir die swart nasie nie. Dis geen geheim nie. Maar wat doen God toe vir jou? Hy stuur ‘n swart boemelaar na jou toe en sê jy moet by hom kom slaap want dis gevaarlik daar. Hy stuur ‘n swart boemelaar om jou op te pas. En toe stuur Hy ‘n swart man op ‘n fiets om jou meer as ‘n uur lank terug te neem na die gastehuis.

En eers toe, nadat jy voel jy is nou total en al verneder, raak jy kalm. Jy is skaam en kwaad oor hulle al jou geld gevat het. Jy voel aaklig oor jy op straat moes slaap saam die boemelaar. Jy voel verneder omdat ‘n swart man jou op sy fiets ‘n lift gegee het tot by die huis. Maar vir die eerste keer vandat jy gevlieg het, was jy kalm. Siek, sonder geld, verneder, maar jy was kalm. En vir die eerste keer het ek nie gehuil oor ek woedend was oor jy so hardkoppig was en wat jy moes deurmaak as gevolg van die meisie nie, maar ek het gehuil oor ek jou so bitter jammer kry. Ek het gehuil van blydskap dat God jou beskerm het.

Jy mag dit dalk nog nie so insien nie. Jou verstand gaan heelmoontlik daarteen skop. Maar ek weet jou siel gesels met jou. Elke dag. Hy is die een wat na hulp roep, en jy weet dit nie eers nie. Maar jy sal. Eendag. Binnekort.

Ek verlang so verskriklik na jou. Ek kan nie wag dat jy huis toe kom nie. Ek wil jou net vashou en jou verseker dinge sal OK wees. En iewers daar buite is jou lewensmaat besig om gepolish te word net vir jou. Maar tot jy haar raakloop – en jy sal weet wanneer dit is – pas jou hartjie op toe asb. Hy is kosbaar. Moenie hom daar uitgooi vir die wolwe om dit te sien nie. Hulle sal jou seermaak. En ek dink jy sal saamstem dat jy nou genoeg seergekry het.

Ek is verskriklik lief vir jou. Een ding kan ek jou belowe, ek sal nooit opgee op jou nie. Jy kan maar weet ek is hier… ek gaan nerens. Jy het baie mense wat baie lief is vir jou. Moet dit net nooit vergeet nie.

Comments (11) »

Terug…

Nou ja, was solank nie hier nie. Langste blog vakansie seker ooit.  Ekt sommer geskrik toe ek sien hoe dinge hier verander het.

Baie dinge het gebeur terwyl ek so stil geraak het.  Van alles  sal ek nog vertel.  Wou maar net kom se ek leef nog.  Hoop die jaar was goed vir julle sover.

Nou gaan ek eers bietjie opvang by Blogdorp…. sien later  😉

Groetetjies

Sonneblom

Comments (7) »

Hi almal, ek hoop 2009 gaan vir almal meer vreugde bring.  2008 het maar aaklig ge eindig vir my.

Die dag toe ons moes ry Mozambique toe vir ons vakansie, kry ek oproep van my ma.  Hulle bly op ‘n plaas van een van ons groot kliente.  Sy is in ‘n toestand.  Hulle het sopas die eienaar se vrou in haar huis vermoor!!  Nou ja, los toe maar eers die gepak en jaag deur plaas toe.

Mams staan daar in trane en lyk soos ‘n weeskind van skok.  2 (Mozambiekers) wat vir die mans gewerk het, het oor etenstyd na die klein spaza winkletjie gegaan wat die vrou by haar huis het, om glo goed te gaan koop.  Hulle het haar aan haar hare gegryp (waarvan die mense wat daar werk 2 klosse by die voordeur raakgeloop het), haa arms bo by haar skouers met draad vasgemaak, en haar in haar kantoor verwurg.  Haar langbroek en onderklere was tot by haar enkels afgetrek. Glo met die nadoodse ondersoek verslag is sy nie verkrag nie.  Maar ek wonder maar tog of probeer hulle nie dit weghou van die man nie.

Hy was nie by die huis toe dit gebeur het nie.  Hy het nog die oggend vir haar gevra sy moet saam hom ry, maar sy wou nie, want sy het baie pyn gehad.  Sy het aan haar hart gely, ook aan parkensins desease en osteoperose. (skies vir daai spelling).  Sy was in haar 50’s.  Haar huishulp het haar gekry toe sy van ete af terug kom.  Sy was in die omgewing van tussen 12:45 en 13:15 vermoor.  Ons het daar aangekom net na 14:30.  Die polisie het eers in die omgewing van 15:30 daar opgedaag.  En nie EEN verklaring gevat by NIEMAND nie!!  Intussen is die 2 bliksems weg.

Dit was my pa se verjaarsdag.  een wat ek glo hy sal nie sommer vergeet nie.  En dit net voor kersfees.  19 Desember.  Ons is seker eers daar weg net na 7 die aand.  Ons het maar besluit om die volgende dag eers te ry.  Oppad het ek paar keer paniek aanvalle gehad.  Toe het ons nog gedink sy was verkrag.  By elke swarte wat ons verby ry wonder mens of was dit hy?  Of hoeveel het daai een al verkrag en vermoor?  Ek het my man reguit vertel hy SAL sorg dat nie een van die goed aan my raak nie.  Ek sal hom aanrand as dit gebeur.  En intussen bekommer ek myself morsdood oor my ma.

Die Moz vakansie was ook nie baie lekker nie.  Behalwe sie see.  Die see is altyd lekker.  Dit was verskriklik warm die eerste paar dae.  Toe kry ons darem reen elke dag, wat dit meer draaglik gemaak het.  Behalwe as ons in die rondawel moes vassit heeltyd.  Ons het paar keer sommer in die reen gaan swem.  Mens is mos nat so why worry  🙂

Die 2de dag verloor ek my kam.  Ek en my dogter haal toe maar ‘n haarknip uitmekaar en ek kam toe my kapsel daarmee.  3de dag verloor ek my tandeborsel!!  Borsel toe maar tande met my vinger vir 2 dae, tot ek ‘n R5 tandeborsel in die hande kon kry.  Onthou, ons bly in die rural gebied daar waar geen winkels is nie   😮  Dan was daar die SPIDERS!!!  Groot lelike flippen goed.  Ons het die guts gehad om die een af te neem.

sdc10327Ons was te besig om weg te hol om die Bobbejaan spinnekoppe te kon afneem.  Hulle was nog groter as die een.  En dan was daar die “Centepedes”  O jinne, ek kriewel nounog.  Dit het sowaar gevoel soos ‘n surviver spel.  Toilet en stort geriewe was aaklig.  En ons het sopnat gereen in ons een rondawel en moes in die middel van die nag oorskuif na ons ander rondawel.  Wel, ons was seker nie sonder opwinding nie.  Het meer gevoel soos adrinalien junkies.

Ons het ons eie foto kon neem van ‘n afrika taxi   😀  Ek kon 19 koppe tel, en eks seker daar sit nog in die binnekant van daai klomp…

mozambiek-2008-148

Ons was ook vir die eerste keer op ‘n ferrie.  Kan 6 voertuie op ‘n slag vat.  mozambiek-2008-163

Paar strand fotos… dit bly maar mooi  🙂

sdc10417sdc10518sdc10598Die skip is al soveel jare in die water hier, en nou het hulle hom begin opsny vir scrap metal… dis so sad…..

sdc10600Die foto is vir my prentjie mooi…

sdc10342Net nog ‘n ding vir ons om te waardeer….. water in ‘n kraan…..

sdc10365Locally brewed… yukkie…..


Ek sal weer paar fotos kom post…

Lekker week en voorspeod vir 2009.  En onthou, there is no place like home   🙂


Liefde groete

Sonneblom

Comments (7) »

Geseende Kersfees en dankie

Dankie Bottertjie vir my mooi nuwe header.  Dankie aan die persoon wat vir Bottertjie gevra het vir header vir my blog 🙂  Dit lyk sommer baie beter.

Ek wil ook graag net vir al die blogmaats wat hier lees en comments gemaak het die afgelope jaar, ‘n baie Geseende Kersfees en beste wense vir 2009 toewens.  Mag al jule drome waar word.

Die gene wat weg gaan met vakansie, ry veilig, geniet dit en sien julle weer volgende jaar.

sunflower-1-copy

Comments (7) »

Liefde…….

image033grey

Sommige dinge in die lewe is net onverklaarbaar. Soos wanneer iemand verlief raak op iemand wat 10 jaar ouer as jy is. En jy is nog op skool. En julle bly myle weg van mekaar af. Wat is die eerste reaksie van die mense om jou? HUH??? Jammer, kan nie gebeur nie hoor!!??

Maar, wat as die ander persoon nie soos al die ander is nie? Wat as daardie persoon iemand is met waardes? Wat as daardie een jou belange eerste stel? Wat as daardie een jou gehelp het om uit jou depressie te kom? En jou help met jou skoolwerk? Talente in jou wakker gemaak het wat jy nie geweet het jy het nie? En dit alles op die basis van vriendskap – lank voor daar gevoelens ontwikkel het…..

Kan mens kies vir wie mens lief raak? Speel ouderdom ‘n rol? Maak dit op die einde van die dag saak?

Senario –

Hy was 17. Van die Kaap af. Hulle was verlief. Hy het kom kuier. Hulle het heeldag baklei. Sy het baie gehuil. Hy het haar manipuleer. Hy het kanse gevat met haar. Dank Vader niks het gebeur nie. Hy is terug en daar was weke lange argumente oor jalousie. Sy het in depressie verval en almal om haar mislik behandel. Sy het haar polse probeer sny. Julle ken die storie…..

Boesem vriend –

Ek praat baie van my boesemvriend Gabriel. Ons het geen geheime van mekaar nie. Hy het spesiale plekkie in my hart.

Hy kom kuier vir ons. Ons almal geniet die naweek terdee. Hy is baie jare jonger as ek. 15 jaar om presies te wees. Terwyl ek nog probeer uitpluis oor hoe kan iemand so jonk my beste vriend word…. Is daar ander ‘forces’ aan die werk. Sy is skielik ander mens. Vriendelik en pragtig soos almal haar ken. Dis lekker om haar in die huis te he.

Hy gaan terug. Dit was die Maandag. Intuisie skop in hier by Maandagaand. Ek gee haar een kyk. “jy moet nie staan en verlief raak op hom nie” se ek vir haar. Haar blote reaksie beam toe my vermoede. Sy wip haar agterstewe, “ek is nie!!” gil sy, en woeps weg in haar kamer. My hart gee so paar omslae en ek dink toe, ‘OK… ek gaan hom corner’

Kry hom in die hande, en dit neem my 3 dae om dit uit hom te kry. Jip…. Hy is verlief op haar. Sy weet dit nie, want ek probeer nog sin maak van alles. So die informasie hou ek eers vir myself. So spandeer ek die volgende week in alle geheimhouding om uit te vind wat is aan die gang. Tot en met die tyd se ek niks vir hom oor haar reaksie nie. Ek wil weet wat het gebeur. Hoe het dit gebeur….

Hy weet self nie. Dis nie iets waarvoor hy gevra het nie. Hy het gevoelens ontwikkel sonder dat dit ooit eers die intensie was. Hy stel voor ons hou dit eers tussen ons twee. Sy is nog op skool, en hy wil niks doen om haar deurmekaar te maak nie. Hy sal sorg dat dit nie uitkom nie, en dat hulle net vriende kan wees. Totdat sy klaar is met skool.

Ja reg…

Ek trek haar toe vas. Sit haar neer en he ‘n lekker moeder dogter gesprek met haar. Vra dieselle vrae. Wat, hoe, hoekom? Sy weet nie. Sy is in trane. “Ek kan nie help nie, ek het dit probeer onderdruk. Dis nie my skuld nie” En so kom dit toe uit van haar kant af ook. OK… wat nou? Wat maak ons nou?

Ek dink en dink en vergelyk my kind oor hoe sy was vroeer die jaar, teenoor hoe sy nou is. Haar wange het permanente blos. Sy glimlag heeltyd. Nie eers haar (stief) pa kry haar kwaad nie. Haar punte skiet die hoogtes in. Sy begin stories skryf en gedigte. Sy leer en werk baie hard aan haar skoolwerk. Dis ‘n absolute plesier om haar hier te he. Skielik is my tiener dogter met haar tiener moodswings nie meer rebels nie.

By die tyd weet nie een van die 2 hoe die ander een voel nie. Ek besluit toe om hom nader te skraap. Hy is immers my beste vriend, en ons steek niks weg vir mekaar nie. Ek vertel hom van my gesprekke met haar. Ek lig hom in oor haar gevoelens. Ek dog amper hy kom iets oor. Van blydskap. Ons besluit saam ons sal dit tussen ons hou, en dat hy haar nie sal se hoe hy voel nie. Nie nou al nie. Hy gaan dit baie stadig vat. Hy is immers ‘n verantwoordelik jong man. Dit weet ek. Ken hom al baie lank.

Nou ja… iewers het al die goeie intensies die pad suid gevat, en dinge kom toe uit oor hulle gevoelens vir mekaar. Om ‘n baie lang storie bietjie korter te maak – is die twee toe nou verlief. En ek hou dop….

Dit alles nog in die geheim. Daarmee bedoel ek dat net ek en my ma hiervan weet. Ja ek het dit met my moeder bespreek. Ouer mense is altyd wyser as ons. Ons sal moet iewers haar pa moet inlig. En al is hy stiefpa van haar – pa’s is maar picky as dit kom by kerels vir hul dogters. So besluit en en vriend Gabriel dat dit tyd is en hy sal die nuus self meedeel…. Onder my toesig natuurlike. Ek moet mos almal beskerm…..

Sy eerste reaksie was “hy is 10 jaar ouer!!!” OK… ek weet dit. Maar… kyk hoe het sy verander. Kyk haar punte… Kan jy sien sy is gelukkig? Kan jy verskil sien in haar? En besides…. Hy bly baie baie ver. Hulle kan mekaar nie elke naweek sien nie. Nie eers elke maand nie. Dalk elke 3 maande dalk? So wat kan skadelik wees? Sy is veilig – nie dat ek vir een oomblik bekommerd hoef te wees dat dinge te ver sal gaan nie. Ek ken hom mos goed.

Onthou… teen die tyd het hulle mekaar nog glad nie gesien nadat hulle erken het dat daar gevoelens is nie. Nog geen drukkies was uitgedeel nie. Geen kykies in mekaar se ogies om te se hoe hulle voel nie.

En toe besluit ek na die eksamen gaan ek en sy kuier. Die oomblik toe ons daar aankom en hy haar sien, gee hy haar ‘n drukkie wat lyk of hy wegsmelt in haar arms. Hy hanteer haar so saggies. Behandel haar soos ‘n prinses. Ek ek hou dop… Nie een keer het hy probeer om iets wat moreel en eties verkeerd is te doen nie.

Nou kom ek terug na my vergelyking –

Keuse 1: Moet sy eendag met ‘n man trou wat haar heeltyd manipuleer, mishandel, haar gebruik vir eie gewin. Wat haar meer laat huil as enige iets anders? En wat 2 jaar ouer is as sy.

Keuse 2: Kan sy met man trou eendag wat haar goed behandel. Wat haar toelaat om haar eie mens te wees. Wat die beste uit haar bring. Wat haar laat glimlag en wat besef sy is ‘n mens met eie ambisies en ‘n eie verstand en persoonlikheid. Wat haar aanspoor om haar beste te doen? En wat 10 jaar ouer is as sy.

Ek voel glad nie eers skuldig om keuse 2 te kies nie. Ek het ‘n oom gehad. My Oupa se broer. Hy was 21 jaar ouer as sy vrou. Daar was nie 2 mense wat meer lief was vir mekaar en meer respek gehad het vir mekaar as daardie 2 mense nie. Hulle was my ideal. Ek sal vashou aan hulle nagedagtenis.

Mense moet my maar kruisig oor die situasie. Ek sal hierdie verhouding tussen my dogter en my vriend Gabriel soos goud oppas. Die gesegde “Rather be an old man’s darling than a young man’s slave” kom hier baie goed te pas. Ek weet hy sal goed vir haar wees. Hy is nie ‘n onverantwoordelike laaitie nie. En dit is per slot van sake die enigste ding wat enige ouer vir hul kinders wil he.

Comments (5) »

Life…….

life

Comments (8) »