My seun, my liefling kind, my hart se punt, my trots.

Ek wens ek kon al jou confusion wegvat. Ek wens so ek kon jou hartjie gesond maak. Ek wil jou net in my arms vashou en jou rock soos toe jy ‘n baba was. Jou wangetjies soentjies gee en dans als weer reg.

Niemand het ooit gesê die lewe is maklik of regverdig nie. Ek onthou nog toe jy vir my gesê het kort voor jy 20 geword het, “Moeder, ek het myself gedra tot nou toe, ek dink ek kan seker maar nou vir my ‘n meisie kry?”

Ek besef nou dat jy so geweldige verlange het om iemand lief te hê. Maar seun, jy gee jou hart te vinnig weg. Ek weet jy is kwaad en dink die lewe klap jou rond. Maar op die einde van die dag gebeur dinge mos maar ten goede. En ek weet jy stem nie saam nie, maar eendag sal jy terugkyk en se dankie.

My hart was stukkend toe ek besef dat jy kwaad is vir die lewe en vir God oor hy jou broer gevat het. Nooit in my wildste drome sou ek kon raai dat op 2 jaar dit jou so sou beinvloed het nie. As ek geweet het sou ek plan gemaak het om jou toe al te kon help. Jy moet verstaan dat dit nie ons keuse in die lewe was dat God hom geneem het nie. God het ander planne met hom gehad.

Ek het geweet jy loop met ‘n woede rond. Ek het maar altyd gedink dis oor julle pa julle weggegooi het. Daarvoor het ek altyd probeer opmaak. Miskien is dit ook ‘n rede? Maar een ding moet julle nooit ooit vergeet nie, en dis dat ek geweldig lief is vir julle. My kinders is die mees belangrikste goed in my lewe.

As ek kon sou ek al julle pyn wou vat, al julle hartseer wou oorneem, en al julle trane wou huil. En net die vreugde vir julle terug gee. Maar seuna, ek kan nie. Mens leer lesse in die lewe deur foute te maak en deur jou kop te stamp. En nee, dit is nie lekker nie.

Was vir my geweldige skok om te moes hoor jy het jou gesonde liggaam bloot gestel aan dwelms. En ek neem myself kwalik dat ek dit nooit eers raakgesien het nie. Jy verseker my jy is skoon, en ek wil met elke vessel in my liggaam jou glo. Ek hoop en bid jy bly skoon.

Jy se my jy glo nie in die Hemel en God nie. Jy se alles is maar net daar en as dit klaar is dan is dit klaar. Jy se jy weier om te bid. Want toe jy laaste keer gebid het dat dinge moet beter gaan, toe gaan dit slegter. En toe dink jy ‘what’s the point’? Die punt is dat dit wel beter gegaan het. Ek het jou gese alhoewel dit op daardie stadium gelyk het of dit slegter gaan, was dit ‘n skoppie na beter. Jou gebede het gehelp. Sien, om te bid beteken nie jy gaan waarna jy soek onmiddelik kry nie. God gee vir on swat ons nodig het wanneer die tyd reg is. Jy sê jy het toe weer vir die eerste keer begin bid, en jy het gevra vir die meisie. Maar weereens het God geweet sy is nie goed vir jou nie. Hy het geweet dat sy jou sou vernietig op die einde. God is lief vir jou en wil regtig net die beste vir jou hê. En iewers is Hy besig om jou regte vrou vir jou te politoer. Dit my liewe kind moet jy glo.

Kyk toe wat gebeur volgende. Jy raak in ‘n hengse frensie oor die meisietjie. Sy vertel jou klomp stories, en dit terwyl jy baie ver van die huis is. Alles in ‘n poging dat jy op daardie vliegtuig moet klim en jou werk moet verloor. Alles om jou so deurmekaar as moontlik te maak. En die volgende gebeur toe….

Jy gaan uit. In vreemde land terwyl jy siek is. En jy word geroof. Jy val die bouncer aan, en jy word uitgeskop. In die middle van die nag in plek wat jy nie ken nie. Jy het geen geld nie, en jy is siek. Jy besluit de hel met dit jy loop sommer net rigting in. Iewers in die donker val jy in ‘n moddergat. Klomp swartes sit toe en lag vir jou. Jy besluit jy gryp die eerste een wat jy sien en vra wat is so snaaks. Die ander spring toe op en vra gougou om verskoning.

En seun, nou moet jy mooi luister na wat ek sê.

Jy het geen liefde vir die swart nasie nie. Dis geen geheim nie. Maar wat doen God toe vir jou? Hy stuur ‘n swart boemelaar na jou toe en sê jy moet by hom kom slaap want dis gevaarlik daar. Hy stuur ‘n swart boemelaar om jou op te pas. En toe stuur Hy ‘n swart man op ‘n fiets om jou meer as ‘n uur lank terug te neem na die gastehuis.

En eers toe, nadat jy voel jy is nou total en al verneder, raak jy kalm. Jy is skaam en kwaad oor hulle al jou geld gevat het. Jy voel aaklig oor jy op straat moes slaap saam die boemelaar. Jy voel verneder omdat ‘n swart man jou op sy fiets ‘n lift gegee het tot by die huis. Maar vir die eerste keer vandat jy gevlieg het, was jy kalm. Siek, sonder geld, verneder, maar jy was kalm. En vir die eerste keer het ek nie gehuil oor ek woedend was oor jy so hardkoppig was en wat jy moes deurmaak as gevolg van die meisie nie, maar ek het gehuil oor ek jou so bitter jammer kry. Ek het gehuil van blydskap dat God jou beskerm het.

Jy mag dit dalk nog nie so insien nie. Jou verstand gaan heelmoontlik daarteen skop. Maar ek weet jou siel gesels met jou. Elke dag. Hy is die een wat na hulp roep, en jy weet dit nie eers nie. Maar jy sal. Eendag. Binnekort.

Ek verlang so verskriklik na jou. Ek kan nie wag dat jy huis toe kom nie. Ek wil jou net vashou en jou verseker dinge sal OK wees. En iewers daar buite is jou lewensmaat besig om gepolish te word net vir jou. Maar tot jy haar raakloop – en jy sal weet wanneer dit is – pas jou hartjie op toe asb. Hy is kosbaar. Moenie hom daar uitgooi vir die wolwe om dit te sien nie. Hulle sal jou seermaak. En ek dink jy sal saamstem dat jy nou genoeg seergekry het.

Ek is verskriklik lief vir jou. Een ding kan ek jou belowe, ek sal nooit opgee op jou nie. Jy kan maar weet ek is hier… ek gaan nerens. Jy het baie mense wat baie lief is vir jou. Moet dit net nooit vergeet nie.

11 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    “Jy het geen liefde vir die swart nasie nie. Dis geen geheim nie. Maar wat doen God toe vir jou? Hy stuur ‘n swart boemelaar na jou toe en sê jy moet by hom kom slaap want dis gevaarlik daar. Hy stuur ‘n swart boemelaar om jou op te pas. En toe stuur Hy ‘n swart man op ‘n fiets om jou meer as ‘n uur lank terug te neem na die gastehuis”

    Sonnie, DIS die mooiste stuk wat ek in ‘n lang tyd gelees het.

    Ek’s bly jy’s terug.

    xx

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Dankie Boends, my hart is in duisend stukkies jong. Ek het net nie die krag om te skryf nie. Nie een dag die laaste 6 weke is verby sonder dat ek hier sit en tjank van moedeloosheid nie. Sal probeer meer kom inloer. Ek het so randomly gaan lees op van die maats se blogs. Jammer julle as ek nie comment nie…. ek lees wel😉

  3. 3

    Amanda said,

    Hi Sonnie!! Ek mis jou jong. Jy weet ek bly nie ver nie so as jy ‘n drukkie nodig het, skree net.

  4. 4

    Pikkelik said,

    Ai, ai, ai….. (((((((((sonnie))))))))) Ek bid baie hard saam met jou!!!

  5. 5

    Zee said,

    Sonneblommetjie…. Vandag het ek nie woorde nie!

    (((((((SON)))))))

  6. 6

    Dellie said,

    Ek sit en tjank snot en trane saam met jou… Omdat dit netsowel my kind kon gewees het.😥

    ((Blompot))

  7. 7

    RB said,

    Sterkte Sonnie.
    Ek het vanoggend, terwyl ek my dogtertjie wakker gesoen het, vir haar vertel dat ek elke dag vir die Here vra om vir haar engeltjies te stuur om haar te beskerm. Ons kan hulle ongelukkig nie 24 uur van die dag oppas nie, maar net in die Here se hand sit en glo en vertrou.
    Weereens STERKTE!!!!

  8. 8

    tweelingkind said,

    Ai, Sonneblom, dis die eerste keer dat ek hier kom lees, en dis so n pragtige brief vir jou seun. My hart is sommer nou seer en ek bid saam jou vir jou hart se punt.
    Dit kon net sowel my seun ook gewees het. Ek bid ook dat hy gou huistoe sal kom vir daai styf vashou.
    Sterkte…jy weet waar jou krag vandaan kom.

  9. 9

    […] in 1993 toe hy onder andere deur ‘n paar boomrokers opgelaai is.  Kort daarna het Sonneblom ’n brief aan haar seun geskryf.  Op ‘n plek skryf sy: En seun, nou moet jy mooi […]

  10. 10

    […] Malawi-trip in 1993 toe hy onder andere deur ‘n paar boomrokers opgelaai is.  Kort daarna het Sonneblom ’n brief aan haar seun geskryf.  Op ‘n plek skryf sy: En seun, nou moet jy mooi luister na wat […]

  11. 11

    Johann said,

    Onthou net, God het ‘n afspraak met ons almal, daarom dat Hy Jesus laat sterf het. Ek moes 44 jaar bid en hoop om my kind wat by geboorte aangeneem was, te kry. Nou is ons saam. Net aan God al die eer. Mens moet nooit moed verloor nie… hou aan met klop.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: