Archive for Persoonlik

Liefde…….

image033grey

Sommige dinge in die lewe is net onverklaarbaar. Soos wanneer iemand verlief raak op iemand wat 10 jaar ouer as jy is. En jy is nog op skool. En julle bly myle weg van mekaar af. Wat is die eerste reaksie van die mense om jou? HUH??? Jammer, kan nie gebeur nie hoor!!??

Maar, wat as die ander persoon nie soos al die ander is nie? Wat as daardie persoon iemand is met waardes? Wat as daardie een jou belange eerste stel? Wat as daardie een jou gehelp het om uit jou depressie te kom? En jou help met jou skoolwerk? Talente in jou wakker gemaak het wat jy nie geweet het jy het nie? En dit alles op die basis van vriendskap – lank voor daar gevoelens ontwikkel het…..

Kan mens kies vir wie mens lief raak? Speel ouderdom ‘n rol? Maak dit op die einde van die dag saak?

Senario –

Hy was 17. Van die Kaap af. Hulle was verlief. Hy het kom kuier. Hulle het heeldag baklei. Sy het baie gehuil. Hy het haar manipuleer. Hy het kanse gevat met haar. Dank Vader niks het gebeur nie. Hy is terug en daar was weke lange argumente oor jalousie. Sy het in depressie verval en almal om haar mislik behandel. Sy het haar polse probeer sny. Julle ken die storie…..

Boesem vriend –

Ek praat baie van my boesemvriend Gabriel. Ons het geen geheime van mekaar nie. Hy het spesiale plekkie in my hart.

Hy kom kuier vir ons. Ons almal geniet die naweek terdee. Hy is baie jare jonger as ek. 15 jaar om presies te wees. Terwyl ek nog probeer uitpluis oor hoe kan iemand so jonk my beste vriend word…. Is daar ander ‘forces’ aan die werk. Sy is skielik ander mens. Vriendelik en pragtig soos almal haar ken. Dis lekker om haar in die huis te he.

Hy gaan terug. Dit was die Maandag. Intuisie skop in hier by Maandagaand. Ek gee haar een kyk. “jy moet nie staan en verlief raak op hom nie” se ek vir haar. Haar blote reaksie beam toe my vermoede. Sy wip haar agterstewe, “ek is nie!!” gil sy, en woeps weg in haar kamer. My hart gee so paar omslae en ek dink toe, ‘OK… ek gaan hom corner’

Kry hom in die hande, en dit neem my 3 dae om dit uit hom te kry. Jip…. Hy is verlief op haar. Sy weet dit nie, want ek probeer nog sin maak van alles. So die informasie hou ek eers vir myself. So spandeer ek die volgende week in alle geheimhouding om uit te vind wat is aan die gang. Tot en met die tyd se ek niks vir hom oor haar reaksie nie. Ek wil weet wat het gebeur. Hoe het dit gebeur….

Hy weet self nie. Dis nie iets waarvoor hy gevra het nie. Hy het gevoelens ontwikkel sonder dat dit ooit eers die intensie was. Hy stel voor ons hou dit eers tussen ons twee. Sy is nog op skool, en hy wil niks doen om haar deurmekaar te maak nie. Hy sal sorg dat dit nie uitkom nie, en dat hulle net vriende kan wees. Totdat sy klaar is met skool.

Ja reg…

Ek trek haar toe vas. Sit haar neer en he ‘n lekker moeder dogter gesprek met haar. Vra dieselle vrae. Wat, hoe, hoekom? Sy weet nie. Sy is in trane. “Ek kan nie help nie, ek het dit probeer onderdruk. Dis nie my skuld nie” En so kom dit toe uit van haar kant af ook. OK… wat nou? Wat maak ons nou?

Ek dink en dink en vergelyk my kind oor hoe sy was vroeer die jaar, teenoor hoe sy nou is. Haar wange het permanente blos. Sy glimlag heeltyd. Nie eers haar (stief) pa kry haar kwaad nie. Haar punte skiet die hoogtes in. Sy begin stories skryf en gedigte. Sy leer en werk baie hard aan haar skoolwerk. Dis ‘n absolute plesier om haar hier te he. Skielik is my tiener dogter met haar tiener moodswings nie meer rebels nie.

By die tyd weet nie een van die 2 hoe die ander een voel nie. Ek besluit toe om hom nader te skraap. Hy is immers my beste vriend, en ons steek niks weg vir mekaar nie. Ek vertel hom van my gesprekke met haar. Ek lig hom in oor haar gevoelens. Ek dog amper hy kom iets oor. Van blydskap. Ons besluit saam ons sal dit tussen ons hou, en dat hy haar nie sal se hoe hy voel nie. Nie nou al nie. Hy gaan dit baie stadig vat. Hy is immers ‘n verantwoordelik jong man. Dit weet ek. Ken hom al baie lank.

Nou ja… iewers het al die goeie intensies die pad suid gevat, en dinge kom toe uit oor hulle gevoelens vir mekaar. Om ‘n baie lang storie bietjie korter te maak – is die twee toe nou verlief. En ek hou dop….

Dit alles nog in die geheim. Daarmee bedoel ek dat net ek en my ma hiervan weet. Ja ek het dit met my moeder bespreek. Ouer mense is altyd wyser as ons. Ons sal moet iewers haar pa moet inlig. En al is hy stiefpa van haar – pa’s is maar picky as dit kom by kerels vir hul dogters. So besluit en en vriend Gabriel dat dit tyd is en hy sal die nuus self meedeel…. Onder my toesig natuurlike. Ek moet mos almal beskerm…..

Sy eerste reaksie was “hy is 10 jaar ouer!!!” OK… ek weet dit. Maar… kyk hoe het sy verander. Kyk haar punte… Kan jy sien sy is gelukkig? Kan jy verskil sien in haar? En besides…. Hy bly baie baie ver. Hulle kan mekaar nie elke naweek sien nie. Nie eers elke maand nie. Dalk elke 3 maande dalk? So wat kan skadelik wees? Sy is veilig – nie dat ek vir een oomblik bekommerd hoef te wees dat dinge te ver sal gaan nie. Ek ken hom mos goed.

Onthou… teen die tyd het hulle mekaar nog glad nie gesien nadat hulle erken het dat daar gevoelens is nie. Nog geen drukkies was uitgedeel nie. Geen kykies in mekaar se ogies om te se hoe hulle voel nie.

En toe besluit ek na die eksamen gaan ek en sy kuier. Die oomblik toe ons daar aankom en hy haar sien, gee hy haar ‘n drukkie wat lyk of hy wegsmelt in haar arms. Hy hanteer haar so saggies. Behandel haar soos ‘n prinses. Ek ek hou dop… Nie een keer het hy probeer om iets wat moreel en eties verkeerd is te doen nie.

Nou kom ek terug na my vergelyking –

Keuse 1: Moet sy eendag met ‘n man trou wat haar heeltyd manipuleer, mishandel, haar gebruik vir eie gewin. Wat haar meer laat huil as enige iets anders? En wat 2 jaar ouer is as sy.

Keuse 2: Kan sy met man trou eendag wat haar goed behandel. Wat haar toelaat om haar eie mens te wees. Wat die beste uit haar bring. Wat haar laat glimlag en wat besef sy is ‘n mens met eie ambisies en ‘n eie verstand en persoonlikheid. Wat haar aanspoor om haar beste te doen? En wat 10 jaar ouer is as sy.

Ek voel glad nie eers skuldig om keuse 2 te kies nie. Ek het ‘n oom gehad. My Oupa se broer. Hy was 21 jaar ouer as sy vrou. Daar was nie 2 mense wat meer lief was vir mekaar en meer respek gehad het vir mekaar as daardie 2 mense nie. Hulle was my ideal. Ek sal vashou aan hulle nagedagtenis.

Mense moet my maar kruisig oor die situasie. Ek sal hierdie verhouding tussen my dogter en my vriend Gabriel soos goud oppas. Die gesegde “Rather be an old man’s darling than a young man’s slave” kom hier baie goed te pas. Ek weet hy sal goed vir haar wees. Hy is nie ‘n onverantwoordelike laaitie nie. En dit is per slot van sake die enigste ding wat enige ouer vir hul kinders wil he.

Advertisements

Comments (5) »

Gedig van my Dogter

My dogter het die gedig kom post by comments, en dis so mooi dat ek dit voor kom post. Dankie my liefie…Love you lots 😉

It takes a Mother’s Love
to make a house a home,
A place to be remembered,
no matter where we roam.

It takes a Mother’s Patience,
to bring a child up right,
And her Courage and her Cheerfulness
to make a dark day bright.

It takes a Mother’s Thoughtfulness
to mend the heart’s deep “hurts,”
And her Skill and her Endurance
to mend little socks and shirts.

It takes a Mother’s Kindness
to forgive us when we err,
To sympathize in trouble
and bow her head in prayer.

It takes a Mother’s Wisdom
to recognize our needs
And to give us reassurance
by her loving words and deeds.

It takes a Mother’s Endless Faith,
her Confidence and Trust
To guide us through the pitfalls
of selfishness and lust.

And that is why in all this world
there could not be another
Who could fulfill God’s purpose
as completely as a MOTHER!

Jou Dogter. Mwah

♥Applekie♥

Comments (4) »

Midlife crisis

Mans en hulle sogenaamde midlife crisis…… Ek is nuuskierig.

Gister was ons by ‘n klient. Ons ken die vrou al jare lank. Haar man – werk net buiteland. Maak emmers vol geld. Is amper nooit by die huis nie. Mense is baie welaf. pragtige huis, twee kinders, paar honde, grend karre ens. Julle kry die prentjie.

Maar fantasy world het tot ‘n einde gekom. Die man het vir homself ‘n chinese meisie gevat. Hy is in sy laat 40’s. Dit alles glo oor die man se midlife crisis. Die chinees gee die man glo alles waarvan daar net in wille flieks geskryf word. Ek sidder om eers daaraan te dink. Glo word hulle van kleins af geleer hoe om mans te bederf en plesier te verskaf…….

Intussen sit the loving wife by die huis en maak kinders groot en verlang na haar man – wat beloof het om haar lief te he tot die dood hulle skei. Niksvermoedend en als. nou is hier twee dinge wat my laat wonder. Is dit moontlik vir enige man om getrou te bly aan sy vrou? Veral as jy so baie weg is van die huis af? En die ander ding is – hoe kry ‘n vrou dit reg om weer saam daardie man haar liefde te deel nadat hy so iets aan haar gedoen het. Dit het in die geval tog op skeisaak geloop…..

Kyk, ek is baie hard op die onderwerp. As ek moet uitvind my man het rondgeslaap – is hy uit. Die vrou sê vir my ek praat te gou. Ek sal anders reageer as so iets met my gebeur. Ja, my wêreld sal onder my voete uitgepluk word. Ja ek sal in depressie verval. Ja ek sal ook heel moontlik selfmoord en al daai derglike dinge oorweeg. En ja – ek sal so kwaad wees dat ek hom nie sal wil terug hê nie.

My vraag of punt is vir wat het sy dinges hom gepla? Nou wil sy vir my vertel ‘n vrou moet haar man op alle vlakke so bederf en bystaan want shame, midlife crisis is vreeslik vir die arme mans. Hulle kan glo nie verwerk om oud te word nie. Duh…geen vrou wil ook oud word nie!!! Maar gaan spring ons saam die eerste jong dingetjie in die bed daaroor? Van wanneer af is die vrou se rol om die man se vermaak te wees? Die ding het my baie woedend. Daar is glo geen medisyne vir mans nie. Vroue kan glo pille kry om die hormone te behandel, maar niks vir mans nie. En hoekom sal daar wees? Daar is dan baie vroue wat hulle sal uithelp.

As ‘n man eers rondgeslaap het sal hy dit aanhou doen. En dan wil ek ook net bysê – dieselfde geld – in my oë – vir ‘n vrou. Vir wat staan en trou jy as jy wil rondneuk!!! Hoekom maak jy kinders en gee vals hoop aan jou maat? Ek is jammer – die een is bitter pil vir my om te sluk. Ek is jammer as ek op enigiemand se tone trap hier vandag. As my Liefie wil rondneuk – is hy uit.

Ek sal hopelik oor die naweek kom vertel van meisiekind se kêrel wat vandag terug gaan kaap toe. Hier gaan baie trane loop in die huis vandag. Julle moet lekker daggie hê.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

Comments (7) »

Kersfees nagmerries

 

house.jpg

Desember, Kersfeesmaand, Nagmerriemaand. Die Kers seisoen is vir my niks lekker nie. Dis die een tyd van die jaar wat ek graag sou wou skip. Dis die tyd van die jaar wat ek naas die winter die meeste depresief raak.

As kind het ons elke Kersfees by my ouma se huis bymekaar gekom. Almal. Ooms, tannies, kinders, en later jare kleinkinders, die lotte. As ek as kind ‘n keuse in die saak gehad het, het ek by die huis gebly. Ek kan eerlik nie sê dit was aaklig daar nie. Ek is maar net nie ‘n mens vir ‘n gesaamdrom van mense nie.  Ek was immers baie lief vir my ouma, en ons het ‘n redelike gehegte familie. Dis nou my ma se kant van die familie. Dis net ‘n persoonlike ding. Kom ek skep die prentjie:

Al die vroue het kos gemaak en saam gebring om sodoende nie te veel werk op ouma te plaas nie. In die kombuis raak al die vroue besig met die regmaak van die kos. Daar is dit ‘n gekekkel en gekekkel. Die manne is almal of buite, of iewers besig om die een of ander iets te bespreek. Daar is dit ‘n gezoem van man stemme. Die kinders is al gillende en laggende buite besig om te speel met al wat nuwe speelding is. En ons was baie mense. Dit het soms gevoel ek wil my ore toedruk en net vir ‘n oomblik die stilte geniet.

Na ouma se dood doen ons dit nie meer nie. Nou is al die kinders getroud en ons het kinders van ons eie. En dis waar probleem nommer 2 inkom. Die getoutrekkery oor by wie ons die kersfees moet kuier. Ek HAAT dit. En almal wat mens so skuldig laat voel want ons was nie daar nie.

My ma maak sommer kos en sinspeel dat ons daar moet wees. Skoonouers sinspeel dat ons na hulle moet gaan. Okay, kom ek wees eerlik. Skoonma en skoonpa is geskei. Ek kom moeilik met hulle oor die weg, want skoonma hou van inmeng, en wil altyd alles reg bid. Skoonpa verbeel homself hy is Hitler of De la Ray. Hy is ‘n diktator van vormaat, en moet net nie dit durf waag om jou eie mening te hê nie!!

My ouers aan die anderkant ….Wat sal ek sê…. Ek het ‘n pa wat nie veel liefde vir sy kinders gehad het nie. Kan mens lekker kuier? My moeder het na my broer se dood die wynbottel ontdek. En nee, sy raak nie dronk en val rond nie. Sy raak hartseer oor my broer, en dan is dit ‘n getroosery, en ek kan dit nie hanteer nie. Dan spring ek op my perdjie. Kan mens lekker kuier?

Ek maak spore. Wil by geen familie kuier Kersdag nie. Is dit reg om weg te hol? Is dit verkeerd om vrede te soek op Kersdag? Hoekom voel ek soos ‘n hond elke jaar die tyd? Ma het klaar die gammon gekoop. En hulle kry maar net ‘n klein pensioen. So daar begin die skuldgevoel.

Dit was aaklig verlede jaar.  Ons is Mozambique toe vir die Kerstyd.  Maar my seun wou nie saam nie.  Sien, hy het ongelukkig nie veel voorliefde vir die anderskleuriges nie.  As ma wil ek graag my kinders bymekaar hê oor Kersfees.  Doen ons ouers nie maar dieselle nie?  Wat moet ek doen?  Dis ‘n alewige tweestryd die tyd van die jaar.  Al wat ek soek oor Kersfees is rus en vrede.  En my kinders…..

Liefde groetetjies

Sonneblom

Comments (5) »

Oupa Smarties

Dellie se skrywe het my nou vandag laat verlang na my Oupa Smarties. 

 

Oupa

Ek kan dit nie onthou nie, want ek was maar iets soos 2 jaar oud, maar die ‘grootmense’ het my vertel dat Oupa altyd klein poppies op my groot tone geteken het.  Dan tel hy my van sy skoot af en sê ek moet nou mooi loop, want anders trap ek die poppies dood.  Dan sal ek nou net daar gaan sit en huil totdat iemand die poppies afwas, want ek wil hulle nie dood trap nie. 

Oupa en Ouma het in Stilfontein gebly.  Oupa het daar op die myn gewerk.  Die opgewondenheid was op barspunt as Ma sê ons gaan kuier.  In die kar het ons altyd na Ge Korsten se musiek geluister.  Dit was nog die groot kasette.  Die wat so groot was soos vandag se video tapes.  Ons het al die liedjies uit ons kop geken.  Van Jerusalem tot Stilfontein.  Hoe nader ons aan Stilfontein kom, was dit altyd ‘n kompetisie om te kyk wie sien eerste Oupa se myn raak.

En dan die groot hoop dat Oupa by die huis is as ons daar kom.  Oupa het gewoonlik op die stoep gesit en boek lees as ons daar aankom. Die stoep was toegerank met ‘n druiwe prieel.  My ma se jongste suster het by Oupa hulle gebly.  En sy was baie kwaai.  Sy het baie met ons geraas, veral as ons die wasbak vuil los nadat ons ons hande gewas het.  En as ons ons speelgoed daar vergeet het sy dit gevat en op bord geplak, sodat sy dit vir ons kon wys.  Dan was dit natuurlike nie meer ons goed nie.  Sy het dit opgetel, en ‘optelgoed is vatgoed’  As Oupa sien ons speelgoed is vergeet het hy dit skelmpies gebere tot ons weer kom kuier.  So ook was sy baie beneuk met die tuin, en veral met die druiwe rank.  Oupa sal rondkyk om te sien of hy haar iewers gewaar, en dan sal hy ons skelmpies leer om die suur stringetjies van die druiwe te pluk en te eet.  “Maar moenie dat Ria julle sien nie hoor”

So rukkie nadat ons gewoonlik daar aangekom het sal Oupa sê hy moet eers ry, om petrol in sy kar te gaan gooi.  Ek dink dit was ‘n Caltex garage.  Dan kom hy terug met sakkies wat die garage uitgegee het vir vullis in die kar.  En elke kleinkind kry so sakkie vol lekkers.  En smarties.  Nooit kon ons verstaan hoe weet die garage presies hoeveel kleinkinders kuier by Oupa nie, want hy het elke keer net genoeg sakkies by die garage gekry.  Ons moes net nie die papiertjies laat rondlê nie, want Ria sal raas. 

Oupa het altyd vir ons die interresantste goedjies gegee om mee te speel.  Van puzzles wat hy in tydskrifte gekry het tot draadjies.  En dit kon ons besig hou vir ure aaneen.  Elke kersfees het Oupa en Ouma vir al die kleinkinders Lucky Packets gekoop vir geskenke.  Dit was ‘n fees. Dit was nog van die groot bokse gewees.  Daar was lekkers, inkleurboeke, inkleur potlode, speelgoed, chips, en lekkers in.  Een kersfees, die kersfees voor sy dood, gee hy almal se geskenkies vir hulle, en die oomblik toe almal se hande vol lekkers en speelgoed was roep hy ons almal bymekaar.  In sy hande het hy ‘n 20l emmer.  Vol sweets.  En hy gee vir elke kind soveel soos wat ons handjies kon hou.  Na die ‘dankie Oupas’ vat hy daai emmer en gooi al daai lekkers op die grasperk uit.  Dit was ‘n geduik van ‘n ander aard.  Dit was prêt.

Ouma het elke kersfees al die silwer 5 sente wat sy deur die jaar bymekaar gemaak het mooi skoon afgewas, en dan het sy penny poeding gemaak.  Elke vrou het iets gemaak vir die kersete.  Dit was altyd ‘n feesmaal met kos wat ‘n weeshuis kon voer.  Maar niks het gekom by Ouma se poeding nie.  En die tel van almal se ‘winning’ na die poeding. 

Oupa smarties het gehou van lees.  Hy het ‘n leesboek gehad in sy slaapkamer, een in die toilet, een op die stoep, een in die sitkamer, en een in sy kar.  En hy het almal gelees.  Hy was ‘n besonderse man.  Hy het vreeslik baie gedrink toe hy jonk was.  Wanneer hy salaris gekry het, het hy nie huis toe gekom voordat dit nie opgedrink was nie.  Ouma het baie swaar gekry om 6 kinders groot te maak.  Eendag sit Oupa en kyk vir Ouma en sê, ‘ek sweer voor God ek sit nie weer my lippe aan drank nie’  En hy het net daar en dan opgehou drink.  Hy het nooit ooit handgemeen geraak met my ouma nie.  En hy het nooit sy hande vir een van sy kinders gelig nie.  Ouma moes die slaanwerk doen.  Hy was ‘n liefdevolle man pa en oupa vir sy familie.

Dis ‘n groot jammerte dat hy in sy 50’s skielik oorlede is aan ‘n bloedklont deur die long.  Dit was asof die aarde onder die familie uitgeruk was.  ‘n Dag van bang kleinkinders wat almal in Ouma se spaarkamer gespeel het in afwagting vir die grootmense om van die hospital af te kom….met Oupa.  Sien want Oupa het siek geword.  Verkoue.  En Oupa was nooit siek nie.  Ons kon nie verstaan hoe kan hy dan in die hospital wees nie, want hy moet mos op die stoep in sy groot stoel sit en vir ons stories vertel.

Groot was die skok toe ons ouers van die hospitaal afkom en almal se oë is rooi gehuil.  Oupa is skielik dood.  Die dokters kon niks doen om hom te help nie.  Dit moes vreeslik wees vir Ouma en haar 6 kinders.  Want dit was vreeslik erg vir ons as  kleinkinders.  So deur die skok en al die trane en getroos, hak een van my nefies af en sê so in sy kleinheid “Oupa Smarties gaan nooit weer vir ons smarties koop nie”, en daar bars die lotte van ons net weer van vooraf uit van die huil.

Oupa Smarties, ons sal jou altyd mis.  Ek wens ons kinders kon jou ken.  Ek wens elke pa op die aardbol kon soos Oupa wees.  Want dit sou een groot fees gewees het.  Oupa Doep (Smarties) was die toonbeeld van wat ‘n Oupa moes wees, met Oupa se boep op Oupa se stoep, onder die skadu van die palmboom, in Stilfontein.

 

Liefies

XXX

Comments (7) »

Nuwe voorkoms

sonneblom.jpg

Hi almal,

Eerstens wil ek net baie baie dankie sê vir al julle ondersteuning die afgelope week. Ek waardeer dit opreg.

Update:

Donderdag oggend opgestaan en besluit ek gaan my lewe regruk. My dogter woensdag middag by my kom kla oor haar pa so op haar case is die heeltyd. Toe sê ek vir haar, as ons almal in die huis eerder probeer om mekaar te verdra met liefde en mekaar mooi te probeer behandel, dan sal Manlief ook dalk sy houding verander. Dis toe dat ek besluit het dis tyd.

Maar dit het nie lank geduur nie, of die volgende oorlog bars los. Ek net daar en dan vir hom mooi vertel hoe ek voel. Hom gevra of kan hy onthou hoe dit voel om my vriend te wees. Hom gesê of kan hy onthou hy was die skouer op wie ek kon huil met my vorige huwelik. En of hy wil hê ek moet ‘n ander skouer kry om op te huil. Na baie drukkies en I love you’s, is hy weg werk toe.

En ek… het mos gaan koffie drink saam ‘n vriendin. By die haarkappers. Baie oulike klein koffiehuis/restaurant idee wat hulle daar het. So met die verbyloop van een van die haredames, hoor ek toe sommer so terloops of is hulle baie besig. Nee hulle sal my indruk.

Nou kyk, ek het vandat ek uit die skool is nog nooit regtig my hare styl gedra nie. Altyd geperm. Jare laas gekleur. So, dis hoe ek gelyk het: Laaste perm my punte van my kapsel vreeslik gebrand. Grys(natuurlike) highlight all over te sien. Haarkleur, vaaaaaaal. Ek sê toe vir Adel, die haarkapstertjie, maak met my wat jy wil. Sny kort ook as jy moet. (my hare is net onder skouer lente) En drie van die girls koukus toe eers eenkant al kykende na my.

Na die koffie pak hulle my beet. Dis kleursel vanuit die boonste rakke, sommer 3 verskillende kleure. En foelies en wat ook al. Kleur afgewas en daar word geknip. Ek bekyk die storie en dink by myself, maar die girl knip nie baie af nie…wonder hoe dom gaan dit lyk. En sy is gaande oor die kleur. Ek sien net ‘n nat kop, wat nog krul stukkies van die perm inhet. En sy vra moet sy blaas. Ek dink DUHHHH natuurlik ja. En sy blaas. Aanvaklik sê ek vir haar dit lyk of ek vlieg…….. en sy blaas…..

Mense……….Toe daai girl klaar is met my, toe lyk ek soos iemand uit ‘n modeboek. Ek kan nounog nie ophou smile nie. Ek is kort kort voor die spieël, met giggles… Ek is toe net betyds om my meisiekind te gaan haal. Sy kom so aangeloop nes ‘n tipiese tiener en die oomblik toe sy my raaksien helder haar gesiggie so op en jy sien net tande. Klim in die kar en eerste sê sy “Jy lyk BAIE mooi!!’ “is jy seker jy is my ma??” En dis sjoe voor en sjoe agter. En natuurlik kan ek nie die smile van my gesig af kry nie.

Manlief bel. Ek sê vir hom “as jy weet hoe lyk jou vrou kom jy dadelik huis toe” Dit was net na 2. Net na drie is my seun eerste in die huis. Vlieg by my in, gee my een kyk, smile van oor tot oor, vryf my kop en sê “SEXY!!!” En toe kom manlief in….. “WOW, dis die mooiste wat ek jou nog ooit gesien het”. Dit was die kompliment van die leeftyd. Hy sê nooit ek lyk mooi nie. En hy kan nie ophou kyk nie.

Neef wat hier loseer (18) kom van die werk af, sê “naand oom, naand tann…sjoe! ma tannie lyk s…mooi!!…” Ek het lekker gelag vir die kind.

My se haartjies is nou blond…hehehe, met 2 verskillende kleur skakerings in, een baie blond en een donkerder. Dit was die enkel mees beste ding wat ek nog vir myself kon doen. Die gevoel van bo-op wolke loop was Hemels. Die gevoel van selfvertroue wat my so ontwyk het is terug!! I will stand up an conquer!!!

Wens ek kon foto wys…hehehehe

Hoop julle het ‘n HEERLIKE naweek gehad!!

Liefdegtoete

Sonneblom

Comments (9) »

Klaagliedere…..

moedeloos

 

Hi julle,

Hier sit ek. Steek eers sigaret op en wonder of moet ek kla. En oor watter probleem ek moet kla. Want die vet weet daar is baie. Of dra alles by tot een groot probleem. Miskien is ek dalk die probleem. Ek wil gal braak. Maar in die proses wil ek nie iemand se dag opvoeter nie. Sien, ek is een moerse bondel ongelukkige mens. Is behoorlik my hele lewe so. En al sê Dellie se boek mooi vir ons ‘the power of positive thinking’ wil dit nie hier werk nie. Elke keer as ek aan iets positief dink oorval al hierdie negatiewe demone my denkvermoë. Nou die vraag, wat het dit veroorsaak? Hier volg die uiteensetting van my suur lewe.

Ouderdom

5 of 6 tot 13: my pa, julle het al die storie gelees.

Ouderdom 16: Word verkrag deur vriend van my ouers. Sê niks, nie voor ek 35 jaar oud is nie.

My ma besluit sy haal my uit die skool. Kry vir my werk. Ek het geen keuse in die saak nie. Werk Jan, Feb, Maart besluit ek ek wil terug skool toe. Ma vertel my ek is simpel om weer in skool rokkies te wil terug klim, en ek moet aanhou werk. Troos myself op daai stadium dat wanneer my maats in matriek is het ek darem al 2 jaar se salaries getrek. Het ek maar meer guts gehad. Maar mens gaan nie jou ouers tee nie……

Ouderdom 18: Los een bevange oulike boyfriend in ‘n oomblik van sinnelose woede en gaan uit op blind date saam een van die ouens wat saam my werk. Raak verlief. Paar maande later raak ek eenvoudig buite alle normale denkvermoë broeis. Ek soek ‘n baba seun. En ek verskuif berge om hom te kry. Blye oomblik toe ek uitvind ek is swanger. Wil beslis nie trou nie. Maar na 2 maande se argumente met Ma en Boetie, gee ek in en gaan staan en trou – teen my sin.

Ouderdom 19: My seun word gebore, en ek is mal verlief op hom. My lewe het uiteindelik betekenis. Huwelik is nie sleg nie. My kind word siek. Van die ouderdom van 6maande tot hy 1jaar en 6 maande is, is hy elke kort kort in die hospital. Met intense behandeling om sy immuun sisteem reg te ruk, word hy gesond.

Ouderdom 21: Kry ‘n stoompot persent by my pa. Wow. Sê niks. Raak weer swanger. Op 9 maande moet ek normal geboorte skenk aan ‘n dooie baba. My lewe is verpletterd.

Wag, eers nog sigaret aansteek…

Ouderdom 23: Swanger. Vorige swangerskap was by een van die land se beste ginie’s. Ek gaan huis dokter toe. Ek is bang. Wat as dit weer gebeur. Sal dit nie oorleef nie. Dokter pas my op soos goud. Wil keiser doen. Ek weier, want sien, ek gaan nie wakker word na operasie en hulle sê my baba is weer dood nie. Dokter weier vir normaal. Maande lank baklei ek en die dokter. My senuwee vreet my op. Besluit toe saam epidurale keiser. En my dogtertjie word gebore. Pragtig en gesond. En ek is van vooraf verlief. Maar sy het koliek. Glo van al my stress. 4 maande lange hel. Soos alles het dit ook darem einde gehad.

Ouderdom 24—-: Huwelik begin wankel. Ek word beskuldig ek neuk rond. Ons werk in dieselfde kantoor, so ek kan nie verstaan saam wie en wanneer neuk ek rond nie. Hou so aan vir amper 1 jaar. Raak telefonies bevriend met my huidige man. Mens kan ook net soveel verdra, en ek kry ‘n skouer om op te huil. En ek het baie gehuil. So het hy ook probleme van sy eie gehad, en hy kla dan by my oor sy vrou wat saam al wat broekdra slaap. Nou ja, noodeloos om te sê ek vat my kids eendag en ek loop uit my huwelik van 6 jaar. Raak toe nou verlief op die ou op wie se skouer ek kon huil. En na skeisake ens, begin ons lewe saam. Gaan rof in die begin. Maar ons is lief vir mekaar. Bly vir 7 jaar saam, en hy vra my toe om te trou. Ons raak verloof. Trou op die 20/02 2002. Alles gaan goed.

Nou is dit wat my so bietjie onder kry. Nog nooit het iemand agter my gestaan nie. Die gesegde ‘nothing ventured nothing gained’ werk net as mens ondersteuning kry. Alleen kan mens nie sukses maak van iets nie. Veral as mens afgekraak word nie. Of is afraai eerder die woord. Nooit sal daar iets positiefs gesê word nie. Want sien, ‘jy kan niks klaarmaak waarmee jy begin nie’ Nie ‘give it a go’ nie. Nie ‘ek sal by jou staan en jou ondersteun’ nie. Nee…..NEGATIEWE kritiek!! En die Vader in die Hemel weet ek is nie dom nie. Al het ek net St 8! Wat ek doen doen ek goed. As ek iets aanpak doen ek dit goed. Al wat ek vra is ondersteun my en gee positiewe kritiek. Dis hoekom ek besluit het ek loop uit my eerste huwelik. As mens heeldag moet hoor jy is ‘n hond gaan jy een of ander tyd begin blaf.

Ek maak nie my man sleg nie. Hy sal vir die geringste dinge begin moan. Van die toiletpapier houer wat nie vol gemaak word wanneer iemand ‘n rol uithaal, tot die melk in sy koffie partykeer. Party dae voel ek ek kan moord pleeg. Ander dae gaan dit weer goed. Hy raak ook baie gou moedeloos oor ons besigheid. Dan probeer ek geduldig wees en paai en praat moed in. Kan ook soms net soveel verdra dan wip ek my gat, en dan bars die hel los.

Dis hoe ek nou voel. Ek het met negitiwiteit grootgeword. Sit met negitiewe mense in my huis. Ek voel ek moet alles balance en ek kan nie meer nie. Ek het nie meer krag nie. Ek gaan more koffie drink saam vriendin. Het ook al baie keer gehoor dis geldmors. Mens kan mos ‘n blik koffie koop vir die prys van 2 koppies koffie.

Toe ek gewerk het, as ek iets koop met my bank kaart, voor ek uit die winkel uit is word ek gebel om te hoor wat koop ek. So, ek vra vir niks. Ek rook. En dis wat ek soek. Al baie gedink om op te hou, maar wat kry ek dan? Ek lê nie by die haarkappers en beauty salonne nie. My vingers, nek en ore is nie vol goud en diamante nie. Ek het nie kaste vol fashion nie.

Ek het geen buitemuurse aktiewiteite nie. Sien ek is hopeloos te veel gestroop van enige selfvertroue om eers na ‘n gym toe te gaan. En ek weet dit sal een of ander tyd in my gesig terugspat. Ek wil graag ‘n website hê. Speel rond en vind uit wat dit sal kos. Die goedkoopste natuurlike. Is iets soos R100 of iets. Daaroor ook ‘n bom gebars. En ek moet sê ons sukkel nie finansieel nie. Ek meen ons telefoon en internet kos ons rondom R2000 per maand. En dan is daar my huis. Die huis is my safe haven. Manlief wil dit net heeldag verkoop. Of besigheid hier oopmaak. Of huurders indruk. En ek is lief vir my huis. Ons stry baie hieroor.

So dis so vinnige blik op my negatiewe toestand en hoe ek hier gekom het. Elke keer as ek iets positiefs probeer dink of doen, dan oorweldig al die negatiewe dinge my brein. Ek het nou eendag vir my seun gesê ek is baie lus en loop uit. Iets sal iewers moet gebeur wat dinge gaan regmaak. Ek weet net nie wat nie.

Steek nog siggie aan…..

Lekker dag vir julle almal. Wie weet, more skyn die son dalk weer………..

Liefde groete


Sonneblom

Comments (15) »