Archive for Maart 4, 2008

Notas Dag 30

 

301.jpg

30 Dae sedert ek laas my Lovie gesien het.  Gister was die 3rde van die 3rde (3-03)  en daar was nog 303 dae oor tot einde van die jaar. Speel bietjie black jack saam my seun gister, en 80 % van die kere deel hy vir my ‘n nommer 3 kaart.  So 3’s lyk my het’n rol iewers te speel 😀 .  net so bietjie bollie gesels…. hehehe

 Gisteraand wag en wag ek dat Liefie my moet sms, maar dit gebeur eers toe vrek laat gisteraand.  Hy is gister na ‘n lang skof van 7 in die oggend tot 8 in die aand oorgegooi nagskof toe, en het aaneen moes werk tot vanoggend 8 uur.  25 Ure aaneen.  Hy is poegaai vanoggend.  Nou werk hy in die aand saam ‘n ander klomp duitsers en russe, en die baas.  Die ander ouens werk dagskof saam ander klomp duitsers en russe, en die ongeskikte Duitser (Hitler tipe) 😀 

hitler.jpg


Die ander 2 ouens in die woonstel sou vir hom kos bere, vanoggend se hulle net daar is corn flakes in die flat…….ek wonder of hulle dink hy moet sorg vir kos in die aand?  Hy moet ook maar die boks corn flakes uithaal sodat hulle ook kan eet…….TIT FOR TAT!!  Wel ek sou…but then again, ek is spiteful as dit kom by sulke goed…

Hier is ‘n nuwe ding – klient bel ons moet kom kyk wat is fout met sy hekmotor.  Ry uit soontoe…en dis hel ver – kyk toe, hy moet nuwe battery kry.  Motor makeer niks.  Hy sê toe dankie, hy sal self nuwe een gaan koop, maar ek moet hom quote gee op 2 verskillende nuwe hekmotors.  So gemaak, en gemail.  Dit was verlede week.  Niks gebeur nie.  Gisteraand het die man die vermetelheid om te bel, en my mee te deel dat hy die quotes deurgestuur het na die versekering, en hulle sal hom uitbetaal vir nuwe motor, maar hulle soek ‘n invoice.  EK MOET DIT VIR HOM GEE – SOWEL AS ‘N OU STUKKENDE MOTOR!!!! Ek meen my hel!!!, ons het niks werk vir die ou gedoen nie!!  Is ook een van daardie self righteous m**re.  Ek wil graag uitvind wie is sy versekering…wil hulle so bietjie gaan inlig.  Ek is baie jammer maar ek gaan nie my besigheid verloor deur bedrog te pleeg nie.  Ek wag vir hom om my te bel.  Ek gaan hom nou wel ‘n invoice stuur vir die callout en tyd wat my manne daar moes spandeer….sy alie…

tronk.jpg


My Liefie kom dalk einde Maart terug 😀 😀  Hulle wil die lyn start hier by die 17de, so as alles goed gaan kom hy dalk in die omgewing van die 23 of 25ste terug….en natuurlik is ek in my noppies daaroor.  Kan nie meer wag nie.  Maar – ek sal nie te opgewonde wees nie, want enigiets kan gebeur en dan moet hulle langer bly… 😦

Nou ja, ek moet aan die gang kom.  Het niks gedoen gister nie, en ek het baie werk.  Moet probeer opvang vandag.  Julle moet almal ‘n wonderlike daggie hê.  En asb onthou om Gabriel te lees en te comment.  Sover wen ek…..  Baie diep mens.  Baie interresante mens.  Eendag vertel ek vir julle van hom…….. 😉

wink.jpg

 Liefde groetetjies

Sonneblom 

Comments (4) »