Kyk, as die gedig hieronder – wat my dogter self geskryf het- my nie dankbaar maak om te leef en die suskes van my lewe te sien nie, dan moet ek blind wees. Liefie, ek is baie baie lief vir jou, en dit maak my moederhart wil bars van trots om jou as my dogter te hê. Jy laat my probleme sommer baie klein lyk. LOVE YOU LOTS, MORE THAN JELLYTOTS 😉 😉 😉
My Ma,
My ma is die wonderlikste mens op aarde,
Sy het my mooi groot gemaak met haar warm liefde.
Wanneer ek alleen was, was sy daar vir my,
en wanneer ek iemand nodig gehad het om mee te praat,
kon ek op haar staatmaak.
Ek is baie dankbaar ma,
om ‘n perfekte ma soos jy te hê.
Ek skryf hierdie gedig net vir jou,
Sonder rym, want dit kom uit my hart.
Vir 9 maande lank het jy my gedra,
voor my ogies nog lig gesien het,
En vir 15 jaar lank het jy my groot gemaak,
Baie het ek van jou af geleer.
Ek se vir jou baie dankie,
meer dankies as wat enige iets kan beskryf.
Baie dankie, dat jy my as ‘n goeie dogter groot gemaak het,
en my nie net vir die wolwe daar buite gelos het nie.
Dankie, dat jy my geleer het van gevare daar buite,
en nou weet ek om versigtig te wees.
Dankie, dat jy altyd daar vir my is,
en dat ek op jou kan staat maak.
En so se ek dankie, vir alles wat jy vir my doen,
Ek waardeur dit meer as wat enige iemand dit kan beskryf.
Mamma, ek is baie lief vir jou,
en ek weet jy is vir my.
Dankie dat ma my die persoon wat ek vandag is gemaak het.
Ek sal graag in ma se spore wil trap,
om eendag vir my kinders ook so perfekte ma te wees!
MWAH, lovies jou…. Jou dogter … Applekie