Archive for Ditjies en datjies

Mengelmoes

Ons weeshuisduif is toe na sy nuwe aanneem mamma Amanda toe sondag.  Baie dankie Amanda.  Kom vertel maar vir ons so van tyd tot tyd hoe gaan dit met hom.

Boendoe, dis my ma wat my help hier, nie my skoonma nie.  Skoonma sal nie weet wat om te doen hier nie.  En ek sal haar ook nie toelaat om met my boeke te werk nie.  Maar in elk geval, ja sy help my nog.  En ek is baie dankbaar daaroor.  Nou lyk dit darem of dinge gebeur hier.  Ek het darem ‘n rustige naweek gehad dankie  😉

Manlief is van gister af op my ousie se case.  Wat my binneste weer laat kook.  Sy steel glo uit die huis uit.  Nie dat ek dit goedkeer nie.  Sy het ‘n rol toiletpapier gevat gister.  Ok, sy kon vra.  Volgens haar het manlief gesê sy moet toiletpapier vat en nie koerantpapier in die toilet afspoel nie.  Nou is sy kwaad, en hy is kwaad, en ek raak woedend.  Ek SAL nie die huis skoonmaak nie!!!  Ek werk verdomp hard genoeg.  En in my huis bly net klomp lui mense.  Manlief het nie ‘n probleem nie.  Hy spoel sy koffie beker uit.  Maar sal hy die wasgoed was?  Sal hy stryk?  Sal hy die potte en panne was en wegpak?  Sal hy vloere skrop…o ja, en sal hy die toilet skoonmaak??  Ek het vanoggend vir hom gesê ek loop saam haar.  Ek gaan beslis nie agter almal hier skoonmaak nie.

Julle ken seker facebook?  Soms irreteer mense my grensloos met al hul ‘requests’  Elke week moet ek so 80 requests delete.  Enige snert van gismo’s tot wie weet wat als nog.  Ek loer vanoggend op my man se facebook.  Hy het so ruk gelede ‘n ‘friend’s request’ gekry van ‘n ou.  Stuur hom toe mail om te hoor vanwaar ken hy hom.  Die is sy antwoord:

Beste @@@@, ek het jou vonkpos ‘n bietjie mis gekyk. Nee, ek weet nie of ons mekaar ken nie. Ek woon die afgelope 25 jaar in Pretoria, het een dogter(ek soek ‘n MAN vir haar) en drie seuns. O ja, ek is getroud.
En jy? Groete. André

SOEK ‘N MAN VIR HAAR??!!  Ek meen…my MAN is mos nie beskikbaar nie!  Nog nie 😀  Ek wonder wat sal sy dogter sê as sy moet weet haar pa soek MAN vir haar.  Ek is skoon stom geslaan.  Watter era leef die ou in?  Of ek slaap dalk…..dalk is my man up for sale   eheheheh

Ek het die naweek iets heel anders aangevang.  Ek was op skype cast.  En het mense regoor die wêreld ontmoet.  Nogals baie interresant.  Lekker gesels, en gelag.  En so bietjie meer geleer oor ander cultures van die aardbol.  Die heel eerste ding wat een ou van Amerika my vra – “are you black?”  Dis vir my so snaaks dat as mense van ander lande met iemand van SA gesels, dat hulle altyd dink jy is swart.  Groot verbasing natuurlik toe ek sê ek is “wit” .  Ek wonder regtig wat dink die mense van ons Suid Afrikaners.  Nog ‘n vraag wat opgeduik het “do you keep your wild animals in secure areas?”  DUH…nee hoor, hulle loop tussen ons rond.  bwaaahahaha.  Funny….

Ek het so rukkie terug ‘n clip via email gekry van ‘n Britse nuus stasie.  Ek wou dit hier plaas, maar die formaat is nie reg om dit te plaas nie.  Daarin sê die omroeper dat daar daagliks 50 moorde plaasvind in SA.  Dis meer as die moord syfer in een jaar in Britanje.  En rypsyfers hier is 3 keer soveel.  Ek noem dit toe vir die mense op die cast.  Ek kan maar net sê dat almal erg geskok was.  Wat my laat wonder hoe gaan dit in lande waar daar regte wette is.

Nou ja, ek moet seker my dagtake begin hier.  Nie dat ek veel lus het ie, maar ek het seker nie ‘n keuse nie.  Julle moet ‘n stunning week hê.

Liefde groetetjies

Sonneblom

Advertisements

Comments (6) »

Weeshuis duif

Dit gaan ooglopend goed met ons weeshuisduif.  Hy is nog bietjie deurmekaar, ek dink hy het sy kop hard gestamp iewers.  Of miskien maak hulle maar so ek weet nie.  Hy draai sy kom 360 grade om en staar na bo.  Dis vreeslik vreemd.  Dit lyk ook nie of hy kan self eet nie, so meisiekind hou hom vas, maak sy bekkie oop en voer hom mieliepitjie vir mieliepitjie.  Dit lyk darem of dit help, want ek sien vanoggend sy maag het darem gegaan.  Verder paradeer hy maar die hele wêreld vol met verlange na sy huis in sy oë.  Ek weet dit….kan dit sien 😀

Die heel naweek soek en mail ek oral onder die voël boere rond opsoek na enige iemand wat my kan help.  Tot my frustrasie kom ek nerens reg nie.  Ek het vir Fanie Potgieter, van uitsaanes.co.za met my soektog raakgesoek, en sommer vir hom ook ‘n mail gestuur, (hy het ook glo vlieg duiwe gehad)  Tot my verbasing is dit die enigste ou wat my terug gemail het.  Hy het bietjie rondgebel en die voël se tuisdorp opgespoor!!  Die duifie kom al die pad van Burgersdorp in die Oos Kaap af.  Ek plaas sommer sy mail hier:

EK HET VIR JOU ROND GEBEL ,DIE DUIF BEHOORT AAN N PERSOON IN BURGERSDORP.EN HULLE HET HOM GEBEL.

BLYKBAAR SAL HY JOU KONTAK.EK HET MET ROELIEN VAN ZYL GEPRAAT. (tel uitgelaat deur Sonneblom)

AS JY NIE VAN HOM HOOR NIE BEL MEV YVON COERTZEN, EN SE VIR HAAR JY GAAN DIE DUIF NA DIE SPCA TOE VAT WANT NIEMAND KOM TRUG NA JOU TOE NIE.DAN SAL JY SIEN HOE SKRIK HULLE WAKKER.OF SE VIR HAAR JY SOEK DIE TEL NOMMER VAN DIE SAMPO VOORSITTER SELF,WANT JY WIL HOM BEL.EK DINK DIT SAL DIE DING DOEN.

BAIE DANKIE DAT JY VIR ONS GEVEERDE FRIENDE OMGEE,EK WENS DAAR WAS MEER MENSE SOOS JY.DIT GEBEUR WANEER HULLE SAK VIR WATER OF AS DIT BEGIN DONKER RAAK EN HULLE GAAN SIT OM TE RUS.DAN VANG HULLE ONS DUIWE EN JAAG SULKE DERGLIKE DINGE MET HULLE AAN.LAAT WEET MY ASB WAT GEBEUR.

BY VOORBAAT DANK

FANIE POTGIETER

PIETERSBURG

Ek het so bietjie gaan loer oor Burgersdorp….mooi ou plekkie.  Dis glo die oudste dorp in die Oos Kaap.  Gaan kyk gerus by http://www.burgersdorp.co.za.  Daar lê baie geskiedenis in die dorpie.  (sorry julle, ek weet nie hoe werk die link ding nie 🙂  )

Ek sal julle op hoogte hou van die duif.  Ek hoop net as die eienaar my wel kontak dat hy die duifie mooi sal versorg en nie net aan sy eie elende oorlaat nie.  Hou saam my duime vas mense.

Liefde groetetjies

Sonneblom

Comments (3) »

Week se gebeure

My weeshuis duif neem die hele huis oor.  Dis net tik tik tik soos hy op die houtvloere rondloop.  Glad nie ‘n skaam mannetjie (of wyfie) nie.  Ek het nou nog geen terugvoering gekry van die duiwe vereniging nie.  Mens sou dink dis belangrik vir hulle, maar nou ja.  Weet net nie wat moet ek met die duif doen as niemand hom opeis nie.  Ek kan tog nie met die ding gaan loop vlieg nie…ai.  Dalk in so paar maande het sy vere terug gegroei en dan vlieg hy huis toe.  Groot sal die eienaar se verbasing wees dat sy duif inklok met ‘n tyd van 4 maande 3 dae en 13 ure 😀

Meisiekind en haar kaapse kêrel is uit.  Maar in pleks van dat die outjie aangaan met sy lewe, verpes hy my kind 24/7.  Soos julle wat al lank hier by my kuier sal weet, ons is groot online gamers.  En daar is heelwat jong outjies wat speel.  En hulle pa’s.  Niemand het gewaag om eers met my meisiekind te praat nie, want haar kêrel is ook in die game.  Die woord was skaars uit dat hulle 2 nie meer saam is nie, toe begin die hofmakery van vooraf.  Sy het die latte mooi laat verstaan, sy stel nie belang nie, en wil net vriende bly.  Nou – is die gewese kêrel en sy pa op ALMAL se case oor hulle dit durf waag om met haar bevriend te raak.  Almal word afgedreig en die pa’s is al aanmekaar oor die situasie.  Ag Vadertjie tog!  My kind is nie ‘n trofee of ‘n prys wat gewen kan word in ‘n kompetisie nie!!!  Vir die afgelope week het ek haar nie een keer sien huil nie – tot gisteraand, toe al die dinge toe nou uitkom.  (Gewoonlik het sy elke dag gesit en huil oor die kaapse kêrel wat nie reg maak met haar nie)  Manlief sê net sy moet die knaap laat verstaan hy moet ‘n lewe kry.  Ek gaan nog heeltemal grys word.

Seuna het ‘n meisie ontmoet.  Hy was nou al 2 saterdae aande by haar.  Hy bring haar die naweek om ons te ontmoet.  Sy slaap glo hier oor saterdagaand.  Ek kan nog geen idee vorm van haar nie.  Seuna sê sy is vriendelik en praat vreeslik baie.  En lag glo kliphard vir alles.  En sy is effe mollig.  En sy dra hoëhak skoene.  En hy hou nie regtig daarvan nie.  En ek sit maar en dophou.  (ek wonder of daar nie dalk iets goeds is in voorafgereelde huwelike nie) 😀  Sal terugvoering doen maandag 😉

Julle onthou vir “Jan”  Die dwelmverslaafde outjie wat so aangejaag het, en toe in ‘n rehab sentrum beland het?  Die Rehab sentrum het glo toegemaak, maar “Jan” was toe nou darem gerehabiliteerd.  Hy het weer werk gekry by kontrakteurs in Angola.  Hy het so verander dat hy sy vrou toegelaat het om te gaan werk. (Sy mag nie gewerk het nie)  So goed het hy reggekom, dat hy nie meer rook nie, drink niks meer nie, gebruik nie meer dwelms nie, en is ‘n hergebore Christen.  Tot gister toe.  “Jan” is vir paar dae terug in SA en moes saam Manlief gaan werk.  Hulle het groot kontrak wat vandag moet klaar.  Hy was paraad en by die werk tot 9 uur gisteroggend.  Toe verdwyn hy weer en laat gisteraand soek hulle hom hier by my.  Tot sy baas wat in Angola sit het die wêreld witwarm gebel opsoek na hom.  Kan een mens soveel bollie aanjaag?  “Jan” besef nie hoe gelukkig hy is om nog werk te kon kry na al die stront wat hy aangevang het nie.  Maar o wee, ophou en rehab lyk my is net tydelik – of dalk net ‘n skein???

Nou ja, dis vrydag die 13de…..  en ek het lus vir niks.  LAng naweek wat voorlê.  Wens ons kon bietjie wegbreuk.  Almal wat weggaan, geniet dit en ry veilig.  Lekker vadersdag vir al die pappas Sondag.

Liefde groetetjies

Sonneblom

Comments (6) »

Hi almal,

Ek was so bietjie uit aksie. Mentally uit aksie dit is, maar ek is weer stuk stuk terug. Kortlikse nuus brokkies –

Werk – julle moet my jammer kry asb 😉 . ek moet die hele finansiele jaar se boeke oordoen vir ons besigheid. Die hele formaat hoe ek dit doen is nie vir die boekhouer enigsins van waarde nie, behalwe as sy dit moet self oordoen, en dan gaan ek hoes. So ek is druk besig.

Meisiekind – Die liefdes vriendskap tussen haar en die outjie in die kaap staan nog. Maar ai – skoonpa is soos ‘n groot pitsweer op ‘n baie sensitiewe plek. Dit is ‘n oorlog in wagting. Hy laat my soooo aan my eie skoonpa dink…..

Seun – Die geluk het hom lekker beetgehad verlede week. Verlede saterdag speel hy online casino. Met R50.00. Ewe skielik kom roep hy ons, heel spraakloos en se ons moet net gou kom kyk. Hy het R10.00 gespeel toe hy ‘n jackpot van R1200.00 wen. Ek het bygestaan en seker gemaak hy betaal dit uit.

Saterdagaand besluit hy en neef hulle gaan bietjie jol. Sondag oggend kom hy heel woes lykende uit sy kamer, loop na sy kar en soek soek na iets. Met navraag waarna hy soek, vertel hy kortaf sy selfoon het hy verloor. En dis sy foon wat hy gebruik vir die besigheid. Ons het die foon gebel, maar dit was af. Dinsdag moet ons plan maak om sy simkaart geswop te kry, en ons sal vir hom ander foon gee om intussen oor die weg te kom. Natuurlik is ons glad nie gelukkig met die knaap nie. Manlief bel vodacom om die nodige reelings te tref. Terwyl hy besig is met hulle, bel ek weer sy foon. En dit lui!! En lui…en lui… Manlief kry toe by vodacom informasie dat daar nog geen oproepe gemaak is van saterdagaand af nie. Ons stop toe maar eers net uitgaande oproepe. Ek bel die jolplek waar hulle was en vra of iemand dalk ‘n foon opgetel en ingehandig het – FAT CHANCE dat dit ooit sal gebeur. Ons stuur toe maar die mannetjie terug na die jolplek om self te gaan soek. Hy was skaars daar toe is daar stuk of 20 helpers besig om te help soek. Seun staan toe waar hy geparkeer het en rondkyk – en siedaar…daar lê sy foon op die gras. Niemand het oor hom gery of raakgesien nie. Groot verligting vir almal. Dink nie hy sal sommer weer sy foon verloor nie.

Ek en telkom – Kyk, as dit by telkom kom dan is ek altyd gereed vir ‘n geveg. So gebeur dit gister dat die internet skielik afgaan. Eerste dink waarna ek altyd kyk is of die cap opgebruik is en dan laai ek eers nuwe cap voor ek hulle bel. En so het ek toe gedoen, maar die net is af. Bel toe maar en die elektroniese stem deel my mee dat ek nommer 50ste op die waglys is. Ek sit toe neer en bel hulle tegniese afdeling, waarop (ek moet sê dis nogals ‘n goeie ding) hulle aanbied om terug te bel sodra ek nommer 1 in die lyn is. Ek maak toe so en sit die foon neer. ‘n Uur later lui die foon – TELKOM. Eerste wat ek vra is of daar fout is met telkom se internet. “No mam” Ok wel, ek het nuwe cap gelaai en ek kan nie die internet gebruik nie…en bla bla bla… Lig sy my mos toe in die cap wat ek ophet is ge-cap!! En daar verklaar ek oorlog teen telkom. Ek gil en skreeu en hou myself in om nie te vloek nie – dis nuwe cap wat ek uur terug gelaai het en nog niks van gebruik het nie…… Een woord oor die ander, en die “assistent” weet later nie meer wat om vir my te sê nie, behalwe dat ek ge-cap is. Ek gil vir haar Telkom steel my geld en ek soek refund en bla bla bla… Sy sê toe ek moet polisie toe gaan en saak maak van bandwidth theft. Maar intussen moet ek maar ander cap laai. Ek maak die girl kyk na al my caps – ek het 5. En net een is gecap. Die een wat ek ophet. Sal ek toe nou na meer as halfuur se geswets agterkom ek het die ge-capte cap weer gelaai. Ek het totaal soos ‘n doos gevoel. Ek kan dit nie anders beskryf nie. Ek het toe maar mooi vir die girltjie baie mooi omverskoning gevra. Sal my leer om te kyk wat ek doen in die vervolg.

nou ja, ek hoop julle het ‘n wonderlike week vorentoe.

Liefde groetetjies

Sonneblom

Comments (3) »

Hello hello…….

Hi julle,

malhuis.jpg


 Skies ek so lanklaas kom blog.   Is so bietjie aan die malhuis kant hier.  Probeer my mense kry om te werk…en dis ‘n mission en ‘n half.  Almal hier ploeter op sy eie trant aan.  En ek sit en probeer my sanity hou – wat moeilik is…..

Meisiekind se seuns vriend van die Kaap, het Saterdag oggend hier aangekom.  Dit was nou ‘n site.  Ons het hom gaan haal by die bushalte.  Meisiekind was by die huis.  Die 2 het mekaar net aangestaar…en so paar sekondes gevat voor hulle besef het hulle moet groet.  Mekaar drukkie gegee, en die res van die dag so kilometer van mekaar gesit.  Eers die volgende dag meer gemaklik in mekaar se geselskap gevoel.  

Ons het vir die outjie ‘n bed en ‘n kamer reggemaak vir die 3 weke wat hy hier is.  Ek het  my kantoor laat skuif, en die vertrekkie waar ek eers gewerk het, ingespan sodat meisiekind haar pc daar kan sit.  Ook hoekie reggemaak vir die vriend se pc….want – ek laat nie seuntjies toe in haar kamer nie.  Dit is nou dag 3 van die kuier, en nie sy of hy het al in hul kamers geslaap nie.  Hulle het die sitkamer banke ge annekseer.  Hy op die lang bank, en sy op die 2 sitplek bank.  Manlief is nie juis ingenome met die idee nie.  Ek kyk nog die kat uit die boom.

Hoe sal ek die knaap beskryf?….  Maer outjie.  Baie baie maer outjie.  Sterk persoonlikheid.  Dalk effe te sterk?  Of miskien voel hy maar net gemaklik, ek weet nie.  3 Dae is bietjie kort om ‘n volle opinie te maak.  My goeie vriend Gabriel sê ek het 7 dae nodig om te kan besluit of hou ek van die knaap.  So by dag 7 sal ek dalk ‘n opinie hê.  Hy is vir my so bietjie aan die stilsit kant….  Miskien moet ek hom aan die werk steek.  Time will tell. 

Nou, – ander storie – Die mense vir wie my Liefie gaan werk het in Rusland, soek my seun.  Die volgende kontrak is ook in Rusland.  Hulle sal hom aanstel as ‘n appie.  Geld is baie goed.  Die probleem is, seuna is baie hardegat.  Ek wil graag hê dat hy moet gaan.  Hulle wil hom heel moontlik permanent aanstel, so hy kan goeie toekoms vir homself maak.  Ons sal maar wag en sien wat gebeur.  Weet nie wanneer die volgende kontrak begin nie.  Dan – wil hulle moontlik vir Liefie Ghana toe stuur.  Of Irak!!!  En daar is die probleem.  As altwee my manne weg gaan, wie gaan ons besigheid doen?  Ek kan beslis nie hekmotors ens installeer nie.  Ek het vir Liefie gesê dan maak ek toe.  As ek net begin dink aan die idee dan kry ek angsaanvalle.  Moet ek waaragtig weer deur dieselfde hel gaan?  

Ek sal hier sit en die trane begin sommer self loop.  Dan sal hy my vra wat is fout?  Hy behoort mos te weet hoe ek voel.  Ek dink ek het dit duidelik gemaak dat ek nie wil hê hy moet weg werk nie.  Maar – soos voorheen, ek sal nie in sy pad staan nie.  As hy weer weggaan moet hy nie verbaas wees as hy wanneer hy terugkom op ander plek bly nie.  Ek sal oppak en by die see gaan bly 😀  Maar ek wil nie spoke opjaag nie.  Sal nog eers sien wat gaan gebeur.

Nou ja, ek hoop julle almal het lekker paasnaweek gehad.  Hier was dit maar lekkerlui naweek.  Geniet die res van die week.  

Liefdegroetetjies

Sonneblom 

Comments (7) »

Fotos van Rusland

More more. Dinge gaan baie goed by my. Soos almal alreeds weet my Liefie is terug by die huis 😀 Ek het lanklaas so baie geslaap. Dis asof ek wou opmaak vir al die verlore slaap. Ek gaan beslis nie dat hy weer gaan wegwerk nie. Tensy ek kan saamgaan.

Soos beloof hier is paar fotos van Rusland. Meeste is geneem in Samara. Paar vanuit die vliegtuig in Moscow. Kon nie alles opsit nie.

Hier is ‘n foto vanuit die vliegtuig van Moscow. Dit was nog met die soontoe gaan.

04022008007.jpg

05032008.jpg

Bo en onder is stukkies van Samara. Die foto is geneem vanuit die woonstel waar hulle gebly het. Geneem vanuit die 9de vloer.

06032008001.jpg

Onder is dieselfde plek as die een bo, maar terwyl dit sneeu.

10032008.jpg

Onder is hulle winkeltjies. Elke winkel verkoop net een soort produk bv brood produkte of koue vleis produkte. Jy staan buite en betaal deur die klein opening.

08032008049.jpg


08032008050.jpg

Die is hulle straatmarkies. Elke mensie verkoop sy goedjies.

08032008051.jpg


08032008055.jpg

Bo is die tannie by wieLiefie my matrioshka poppies gekoop het. Daar staan hulle nog – ongekoop. Sy verf alles self.

100_0307.jpg

Hier is my poppies. Die een heel agter is met ‘n tipe goue verf geverf. Die een het hy by ‘n ander winkeltjie gekoop.

100_0301.jpg

Hierdie is ‘n sjokolade wat ek nog nooit hier gesien het nie. Onder is die sjokolade onder. Warning girls…not for us… hehehe 😀

100_0303.jpg

En hier onder is my bootse. Die duurste paar skoene wat ek al ooit besit het. En dis stunning. Boots is hoog mode in Rusland. Liefie sê al koop ek elke dag paar boots daar, sal ek nie elke paar hê wat daar te koop is nie.

100_0305.jpg

Nou ja…hier is so klein kykie na die Russiese se land en goodies. Maar die grootste geskenk is my Liefie. 😀

Vandag is dit back to work en back to normal. Het meetings aan vandag, so ek moet gaan klaarmaak. Dankie weereens vir al julle ondersteuning. Ek het dit baie waardeer.

Liefde groetetjies

Sonneblom

Comments (9) »