Archive for Bipolar and Mental Illness

Bipolar

En so tref daai lelike woord siekte my gesin.  Wat doen mens eerste as een van jou kinders met bipolar gediagnoseer word?  Jy blameer jouself.  Dan begin jy die oorsaak soek.  Is dit aan jou kant of aan die pa se kant?  Jy begin fout soek met almal wat jy ken in jou familie.  Die een oupa was alkoholis… miskien kom dit van hom af?  Die tannie kry van 3 jaar oud epileptiese aanvalle (petit mal seizures).  Die kinders se pa was glo ook alkoholis (ons is geskei al vir 25 jaar, en sederd nooit weer gesien nie).  Mens se gedagtes begin spin.  Waar vandaan en hoekom?
Ek huil elke dag.  Mens wil graag gesonde wel ontwikkelde kinders in die wêreld instuur.  En dan is hulle eendag 26 jaar oud en word gediagnoseer met bipolar.  So ja, dit was n skok.  So wat maak mens?  Jy gaan leer en lees soveel op as wat jy kan om die hele ding te probeer verstaan.
Bipolar het 2 ‘afdelings’ as mens dit so kan noem  Bipolar 1 en bipolar 2.  Skoonpa het nommer 1.  Dis die erg soort soos ek verstaan.  Die soort waar mens heeltemal realiteit verloor.  Ek het eerstehandse ondervinding van dit met skoonpa saam.  Sy storie sal ek op anderdag vertel.  Die storie gaan oor my dogter.  Bipolar 2.
Ons weet al vir jare dat sy lei aan depressie.  Dokters, sielkundiges en beraders skryf al vir lank anti depresante voor.  Slaap pille, want sy slaap nie goed nie, ens. ens.  Tot verlede week.  Ons het bietjie by hulle gaan kuier, toe sy een middag van die werk afkom en later daardie aan toe raak sy so depresief dat sy ‘crash’  Sy het meer as 1 slaap pil (skelmpies) gaan drink en heeltemal uit haar karakter begin spiral.  Ek het seker gemaak sy gaan nie werk toe die volgende dag nie.  Sy het basies heeldag geslaap,  Volgende dag is ek saam haar na haar GP.  Hy het 2 minute met haar gesels, die foon opgetel en haar ingeboek by ‘n mental heath kliniek.
Nou ja, en so begin ons leer.  Sy is nou gediagnoseer met bipolar 2, generalized anxiety disorder(GAD) en PTSD.  Haar medikasie is verander, sy het elke dag sessies wat sy bywoon en sien elke dag ‘n sielkundige en psigiater.  Dag 6, en sy lyk baie beter, voel baie goed en sy doen baie goed.
Hulle se baie mense sal nooit eers weet dat daar bipolar in hul gene is nie.  Bipolar word glo geaktiveer deur een of ander trauma volgens die dokters.  Maak sin.  Baie traumatiese dinge het met haar gebeur.  Die goeie nuus darem is dat mens kan ‘n heel normale lewe ly.  Dis nie ‘n ‘death sentence’ nie.  Dit sal wel die res van haar lewe deel wees van wie sy is.  Dis soos daai een rekmerk op jou boud wat jy nie van ontslae kan raak nie.  Leer maar om met hom saam te leef.
Die missie nou is, het my seun dit ook?  Het ek dit dalk?  Wat van die kleinkinders?  Hoe probeer mens hulle veilig hou en verhoed dat een van hulle dit nie ook ontwikkel nie.  Soos baie dinge is daar altyd meer vrae as antwoorde.  Moodswings.  Depressie.  Magtelose gevoelens.  Irretasie.  Stres.  Op die einde van die dag, is ons almal seker maar effe ‘af’.

 

crazy

Lekker gesonde daggie vir almal.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

Advertisements

Leave a comment »