Tienermoods #2

Hello julle, ek wil net eerstens sorry se oor ek nie so baie meer kom blog nie.  Ek is of te besig, of te moeg (geestelik).

My post van die tiener Moods het baie uitgelok.  Daar is toe nou baie meer ouers wat sukkel met hulle tieners.  Tersia vra ‘wanneer is dit manupilasie en wanneer is dit regtig?’ Ons kinders het ‘n manier uitgefigure om ons as ouers lekker om die bos te lei.  Dis my mening.  Die dag wanneer jy jou kind kry hom/haarself seermaak, is die dag wat mens die lewe in geheel anders beskou.  Mens begin wonder waar het jy foute gemaak?  Wat het jy verkeerd gedoen?  Wat kon jy anders gedoen het.

Daar is glo hoofsaaklik 3 groepe kinders in ons skole.  Die 3 groot “Labels”.  Die ‘Jocks’ die ‘Punks’ en die ‘Nerds’  Die storie hoor ek al vir so paar jaar.  My seun het nooit ooit oor sy skool en maats uitgebrei nie.  Vir hom was dit kwessie van gaan skool toe en kom terug.  ‘n Vriendin van my wie se seun ook deur so stadium van ‘destruction’ gegaan het, het my ingelig voor my meisiekind hoërskool is, van die 3 groepe.  Dit gaan alles oor inpas.

Die ‘Jocks’ is al jou rugby spelers en sport kinders.  Die sterk gespierde klompie.  die atlete van die skool.  Onder hulle is jou ryker kinders, jou meer hoogmoedige kinders – die dokters en prokureers se kinders.  Ons ken hulle, weet wie is hulle soort.

Die ‘Punks’ het 2 groepies, nl: ‘Emo’s’ en ‘Emo’s’.   Die eerste groepie Emo’s is die ‘fashion’ freaks.  Die 2de groepie Emo’s is die groep kinders wat in die vierkant of in die hoekies bymekaar sit en ‘sulk’ oor hulle lewens so emotional is.  Die lewe treat hulle nie fear nie.  Dis sooo moeilik om net asem te haal.  Dis die groepie kinders wat sny en eksperimenteer met dwelms.  Die klompie kinders wat na ‘hardcore’ metal musiek luister.  Die kinders wat hulself in hul kamers toemaak heeldag.  Beide die groepe is ‘Punks’.  Die groepie kinders wat voel hulle pas nerens in nie.  Ongelukkig is daar kinders wat eintlik nie in groepe hoort nie, maar wel vriende het in hierdie groep, of wat dalk van die moderne modestyle hou, wat dan ook neig om hulle self te klasifiseer as ‘n Punk.  Ek kan amper met sekerheid sê dan meeste van ons tieners wat probleme het aan die Punk groepie behoort.

Die ‘Nerds’ is jou boekwurms.  Die slim kinders.  Die groep wat nie omgee wat ander van hulle dink nie.

Die ander groot probleem met ons kinders is Mixit.  En internet.  TEGNOLOGIE!  Ons het ‘n rugby bal en ‘n pop en karretjies, en fietse gehad om mee te speel toe ons kinders was.  Die telefoon in die huis was NIE vir die kinders se gebruik nie.  Jy het weke voor die tyd gereel en gesoebat as ‘n maatjie wil kom kuier vir ‘n vrydag middag.  Jy het nie gedurf waag om jou ma te vertel jy hou nie van die nuwe denim wat sy vir jou gekoop het nie.  Jy het werk gehad om te doen na skool.  En jou huiswerk was gedoen.  En jou rapport beter nie rooi ringetjies opgehad het nie, anders het jou gatvelle gewaai.  Jy het TV gekyk tot 8 uur en dan moes jy klaarmaak vir bed.  ‘n 16 rating fliek was nie gekyk as jy 12 was nie.  Punt.

Ek sou dit nie durf waag om vir my ma te sê ek gaan saterdag shop nie.  En terugpraat het vir jou rooi wange gegee.  As ma geroep het was jy dadelik daar.  Daar was nie ‘n ding van “ek kom!” nie.  Jy het dit dalk een keer probeer.  Net een keer, en nooit weer nie.  Jy was ‘n kind.  Net dit, niks anders nie.  Jy het nie eise aan jou ouers gestel nie.  As jy iets wou hê moes jy werk vir dit.  Van kinderselfmoord was daar nooit van gehoor nie.  Ek dink ons was te bang ons word gemoer.

Maar ons het lekker groot geword.  Sonder komplikasies.  Die fout wat ons maak is ons gehoorsaam ons kinders.  Ek ken mense wat vir hulle 3 jarige kind ‘n selfoon gekoop het.  Nie sommer ‘n goedkoop pepstores een nie.  Nee, een wat oopskyf met al die fasiliteite.  Dit opsigself is een van ons grootste foute.  Selfone.  ‘n Ouer argumenteer noudiedag dat sy kind sal ‘n foon hê, want as hy hom in die hande moet kry dan wil hy.  Ons het nie selfone gehad op skool nie, en ons ouers het ons nie nodig gekry gedurende skool ure nie!  As daar ‘n noodgeval was het die ouers die skool self gebel.  Dit ontwrig die onderwysers.  En ons kinders kan nie meer spel nie!  Wat beteken ‘ k mut bja hrd lr’ ?  Dis nie spel nie!  Ek kom daagliks op volwasse mense af wat vriende as Friende afmaak.  jy het 2 houe gekry vir elke spelfout in die speltoets.  Vandag word spelling nie eers meer na gekyk nie.  Solank die onderwyser kan uitmaak wat daar staan is die saak reg!  Dit skryf ek toe aan Mixit.  Dis na my mening die grootste euwel in ons huise.

Vat jy die selfoon weg, wil die kind selfmoord pleeg.  Jy mag nie pak gee nie – menseregte.  Jy mag nie raas nie – verbal abuse.  Ons as ouers het ook die reg om menseregte.  Ons het die reg om ons tieners in die bek te ruk.  Watse tipe grootmense maak ons groot om die wêreld eendag tegemoed te stap.  Klomp ‘Emo’s’?  Mense wat op hulle emosies gaan staatmaak eerder as goeie morele?  Leiers wat een na die ander gaan selfmoord pleeg oor hulle nie hul sin gekry het nie?

Ons het verander in bang ouers.  Dit kos ons.  Dit kos ons baie, en die mense wat geld maak is die boekwurms (Nerd groepie) wat gaan leer het vir sielkundiges.  Die ‘Jocks gryp die lewe aan en soos Dellie altyd sê ry hom bloots.  Ons moet leer hard word.  We must learn to parent again.

Dit gaan goed met my kind.  Ek is so effe strenger met haar.  Sy is natuurlik nie soner probleme nie.  Ek moet darem sê sy werk baie hard op skool en doen baie goed.  Aan al die mammas wat tieners het – jy is nie alleen nie.  Een ding het ek besef, daar is baie ouers wat nagte om lê en huil oor hulle tieners.  Ons moet ‘n ‘Tiener-ouer-support-groep’ begin.  Ons sal hulle wel groot kry.  Hou moed, en soos goeie vriend Gabriel altyd vir my sê ‘Keep the Faith Blom’

18 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Jy praat baie waar hier. Ek kyk partymaal na my vriendin se twee en hoe hulle “demand” en die lip op die grond sleep vir dae as hulle nie hulle sin kry nie. En die manier hoe daar met die ouers gepraat word – absoluut geen respek nie. Ons het dit nooit gewaag nie! Ons was te bang ons bekkies word toegeklap of met seep uitgewas.

    Maar ek stem ook dat ouers weer moet leer om ouers te wees – nie sommer net speelmaatjies nie. Hulle moet weer beheer oorneem. En dissipline is nodig om in ‘n normale samelewing te kan funksioneer. Erens moet daar weer reëls wees.

    Ek is bly dit gaan beter met jou dogter. 😉

  2. 2

    boendoe said,

    Ek’s ook bly dit gaan beter met jou doggie, Sonneblom. Hou maar jou ogie op haar.

    Ek is een van die gehoorsame ouers, moet ek skaam erken. My kinders manupileer die hel uit my uit. En dis waar, almal se regte word erken, behalwe die ouer s’n.

  3. 3

    Wipneus! said,

    Hi Son

    Ek is so bly dat dit beter gaan met jou dogter!

    Jy is reg, daar is ontsettend baie ouers wat nagte om huil!!!

  4. 4

    maxie said,

    Jy praat nou baie waar dinge.
    ‘n Selfoon vir ‘n 3-jarige? Genadetjie tog, waar gaan die wêreld heen?
    Dis vir my net so ‘n ergenis dat die kinders nie kan spel nie (myne kan darem, en dis a.g.v. baie lees). En dan wil sommige van hierdie selfde kinders wat nie eers kan spel nie, gaan onderwys swot.
    Behoed ons.

  5. 5

    Adrie said,

    Ek het op ‘n staduim gedink my ma is ‘n swak ma. As ek egter so rondkrap, dink ek sy het ‘n donners goeie werk gedoen.

    My opinie tel seker nie. Ek was immers ‘n nerd wat ‘n broertjie dood het aan soos die res wees.

    Selfone was ‘n nuutjie in die tyd wat ek op skool was. Ek was die eerste een in die gesin wat ‘n selfoon gekry het. In die tyd dat SMS groot begin raak het. Ek was toe al op universiteit.

    As tiener het ek heeldag op die telefoon gele. Ek het gekom en gegaan soos wat ek wil. Ek het selfs eendag gedreig om my ma terug te slaan (sy het dit nooit weer daarna probeer nie). Ek het nie huiswerk gedoen nie en nog minder geleer. Ek het bietjie sport beoefen en meestal gelees. Ek het baie beslis teruggepraat en selfs teruggeskree.

    Weet julle wat sou gebeur het as my ma my op my plek probeer dwing het? Ek sou heeltemaal ontaard het. Ek sou waarskynlik vandag in Spar tillgeslaan het. Of met ‘n nigeriese dwelmsmous getroud gewees het. Of net 20 van sy kinders groot gemaak het.

    Wat probeer ek se? Dissipline is belangrik. Daar moet grense wees wat nie onderhandelbaar is nie. Belangriker nog is dat jy jou kind moet ken. En weet wat hulle wanneer waar doen.

    Dalk net ‘n stukkie raad. Elke ouer wie se kind op mxit boer, moet self ‘n mxit verbruiker word. Dit is die enigste manier om te sien hoeveel tyd hulle so spandeer. Neem partykere hulle foon en let op die trand van die gesprekke.

  6. 6

    sonneblomseplekkie said,

    Die vraag nou is, kan mens op hulle ouderdom skielik nuwe reels maak? Gaan dit nie dalk meer skade doen as goed nie? Kyk, baie beslis SAL ek my dogter baie hard in die bek ruk as sy weer so iets moet probeer. Ek sal dadelik al haar voordele trek. Haar selfoon en haar rekenaar summier wegvat.

    Adrie, baie dankie vir jou insig. Dit help om opinies van ons jonger mense te kry. Dalk moet ons paar posts van ons tieners self hier kry. Een ding wat my troos – my kind sê gister vir my, ‘ons word darem groot’ So ja, dalk is dit ‘n fase. Ons hoop maar so. Maar intussen hou ek maar fyn dop.

    Maxie, toe sy in graad een of twee was het sy baie gesukkel met engels. Ek het haar laat aansluit by ‘n biblioteek. Maar met een reel – sy mag net engelse boekies uitgeneem het. Dit het die wêreld se goed gedoen. Sy gooi die engels soos regte engelsman vandag. So ons doen darem sekere goed ten goede van ons kinders 😀

    Dankie vir julle comments en insig. Lekker daggie
    Sonneblom

  7. 7

    boendoe said,

    Ja, Son, as mens hul NOU begin vasvat, gaan jy harre op jou tanne moet he! :mrgreen: En ook, hoe gaan dit nou wees as hulle die bleddie enigste tieners in SA gaan wees wat nie ‘n selfoon het nie?? 😆
    Nee, somtyds dink ek, dis nou te laat. Klaar bederf, en moet nou maar die gevolge dra. Makliker as die alewige gekyf om hulle ‘reg’ te kry.
    As daar nuwe ouers hier lees: net EEN stukkie raad: hou die leisels van die begin af STEWIG vas!! 😉

  8. 8

    Amanda said,

    Uiteindelik van jou gehoor! Bly dit gaan beter.

  9. 9

    Adrie said,

    Sonneblom 😆

    Ek mag jonger wees, maar ek is darem lankal nie meer ‘n tiener nie.

    Ek kan al selfs kleintjies by die kleuterskool aflaai sonder dat mense gaan skinder. (Hoe raak ek nou skielik benoud . . .)

  10. 10

    Tasha said,

    Hi Sonneblom

    Dis die eerste keer wat ek comment op iemand se blog want die sakie le my baie na aan die hart…Ek is nog jonk 29 het nie kinders. Ek sal nie se ek het streng groot geword ek is toegelaat om alles te doen maar het alles 1 keer probeer en altyd die goeie behou en besluit wat is vir myself reg/verkeerd…My beste pel se man is 3 jaar terug oorlede sy het 2 tieners 13 en 14 hul is soos my eie baie lief vir die 2 maar hoe ouer hul word hoe moeiliker word dit om hul te handle ek is geneig om hard te wees en dan weer vinnig te beskerm as hul iets verkeerd doen hul Pa was die rots in hul lewe en dis net hy wat sou kon deal met die dinge maar nou moet ons maar saam/saam probeer.Hul Mamma is weer getroud maar ongelukkig hou die kids nie baie van hom so ons beskerm en hou n ogie en laat maar meer as gewoonlik toe as hul by ons is..

    So waarnatoe hardloop n mens? Jy kan nie weghardloop goeie opvoeding baie vertroue en dan hoop dat dit sal deurdring tot hul…Ek was gelukkig om n lekker tienerlewe te he sonder drugs,groepsdruk,selfmoord,en nog wat en dank my ouers vandag vir dit

  11. 11

    Gabriel said,

    Alles wat hier gepraat word is die lelike waarheid van ons wêreld waarin ons vandag leef. Mxit is ‘n groot probleem. Net vir as jy gewonder het Blom, ek het al baie kere friende verkeerd gespel. Jy ken my en weet ek kan elk geval nie spel om my lewe te red nie. ‘n Skrywer wat nie kan spel nie. Verspot!
    Wat vir my erg is oor die tiener stories is dat daar so min jong mense is wat net betjie hul verstand gebruik en iets insien. Ek was onlang geskok om te sien hoe ‘n bejaarde met my saam stem oor ‘n stelling wat ek gemaak het oor iets wat oneties is. Ek is nog jonk en hier kyk die bejaarde my in my oë, dit wat die jong lat sê is raar maar waar.

    So ek sit ook in totale bekommernis oor vandag se jeug.

  12. 12

    Tersia said,

    Dankie Son-Blom! Nerens is niks sommer maklik nie, ne!
    Geniet jou naweek!

  13. 13

    Zee said,

    Sonneblom, ek is so bly dat dit beter met jou dogter gaan. Ja, die kinders weet hoe om ons te manipuleer big time. Maar tog erens binne in weet ons wanneer dit te…. is en dan sal ons seker (ek hoop) briek aandraai.

  14. 14

    Tersia said,

    Hoe gaan dit nou? Ek dink so baie aan julle!

  15. 15

    Huisvrou said,

    Hallo Blom,
    Ek wens ook dikwels vir meer tyd – ook om op jul ander se blogs te kuier, maar ek gee tuisonderwys en het wraggies nie tyd nie.

    Wat my nogal baie laat wonder is die ding van een geslag na die ander. Voorbeeld: My man se ouma was ‘n totale babbelbek. As sy die vertrek ingekom het, was dit nie 20 sekondes nie, of sy het AL die gesprekke in die kamer oorgeneem. Totaal. Sy het net 1 seun gehad – en hy trou toe ‘n vrou wat 100% anders is – Swygend. Stil. Eenkant. Soveel so dat toe ek en skoonsus hier gevry het, ons nie wou bel of by haar in die huis bly nie – veel eerder saam met die mans rondgery. Sy het letterlik nie ‘n woord gesê nie. Net ‘n vraag geantwoord.
    Sy het 3 seuns – al drie trou toe babbelbekke……

    My pa het arm grootgeword – 3-e oudste van 7 kinders, sy pa is dood toe hy 21 was – jongste was toe 11. Hy het gesweer sy kinders sal nie swaarkry nie. Ek en my broer was bederf – nie ryk nie, maar hy het ons nooit iets geweier nie (ma het wel briek aangedraai). Ons het as kinders nooit ‘n vinger in die huis hoef te gelig het nie (en ma het nie bediendes gehad nie).
    Vandag het ek 4 kinders (en hunker na meer), wat ek glo nie alles mag kry wat hulle wil hê nie, wat moet “werk” in die huis – skottelgoed, beddens, wasgoed, ens. Ek het geweier – geen selfone vir hulle nie, maar oupa het ‘n kontrak en met opgradering “pass” hy toe aan.

    Wat ek eintlik net wou sê – ek dink dat daar ‘n pendulum-effek is – jy weet, hierdie ou staanoorlosies. Dan regs, dan links.

    Dan wonder ek oor die nuwe geslag – gaan hulle omswaai en soos oumas en oupas wees……..?

  16. 16

    marriki said,

    O mense, my keel trek toe as ek julle so hoor gesels. Ons koring is genadiglik al klaar gebaal, maar nou het HULLE weer kleingoed wat in hierdie wêreld moet grootword…maar die Here hoor mos waneer ons kom huil, en by Hom is daar altyd raad.

    Ek waardeer so julle liefde en omgee vir jul kinders!

    http://www.fluitjiesriet.blogspot.com

  17. 17

    marriki said,

    Ai, ai….’n ouma wat koring wil “baal”….tjk-tjk (Wat verklap dat ek ‘n dorpskind was?!)

  18. 18

    boendoe said,

    Sonneblompie, is dit nie nou lank genoeg van ‘n breek nie??? 😉 Ons verlang…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Gabriel Kanselleer antwoord