Liefde…….

image033grey

Sommige dinge in die lewe is net onverklaarbaar. Soos wanneer iemand verlief raak op iemand wat 10 jaar ouer as jy is. En jy is nog op skool. En julle bly myle weg van mekaar af. Wat is die eerste reaksie van die mense om jou? HUH??? Jammer, kan nie gebeur nie hoor!!??

Maar, wat as die ander persoon nie soos al die ander is nie? Wat as daardie persoon iemand is met waardes? Wat as daardie een jou belange eerste stel? Wat as daardie een jou gehelp het om uit jou depressie te kom? En jou help met jou skoolwerk? Talente in jou wakker gemaak het wat jy nie geweet het jy het nie? En dit alles op die basis van vriendskap – lank voor daar gevoelens ontwikkel het…..

Kan mens kies vir wie mens lief raak? Speel ouderdom ‘n rol? Maak dit op die einde van die dag saak?

Senario –

Hy was 17. Van die Kaap af. Hulle was verlief. Hy het kom kuier. Hulle het heeldag baklei. Sy het baie gehuil. Hy het haar manipuleer. Hy het kanse gevat met haar. Dank Vader niks het gebeur nie. Hy is terug en daar was weke lange argumente oor jalousie. Sy het in depressie verval en almal om haar mislik behandel. Sy het haar polse probeer sny. Julle ken die storie…..

Boesem vriend –

Ek praat baie van my boesemvriend Gabriel. Ons het geen geheime van mekaar nie. Hy het spesiale plekkie in my hart.

Hy kom kuier vir ons. Ons almal geniet die naweek terdee. Hy is baie jare jonger as ek. 15 jaar om presies te wees. Terwyl ek nog probeer uitpluis oor hoe kan iemand so jonk my beste vriend word…. Is daar ander ‘forces’ aan die werk. Sy is skielik ander mens. Vriendelik en pragtig soos almal haar ken. Dis lekker om haar in die huis te he.

Hy gaan terug. Dit was die Maandag. Intuisie skop in hier by Maandagaand. Ek gee haar een kyk. “jy moet nie staan en verlief raak op hom nie” se ek vir haar. Haar blote reaksie beam toe my vermoede. Sy wip haar agterstewe, “ek is nie!!” gil sy, en woeps weg in haar kamer. My hart gee so paar omslae en ek dink toe, ‘OK… ek gaan hom corner’

Kry hom in die hande, en dit neem my 3 dae om dit uit hom te kry. Jip…. Hy is verlief op haar. Sy weet dit nie, want ek probeer nog sin maak van alles. So die informasie hou ek eers vir myself. So spandeer ek die volgende week in alle geheimhouding om uit te vind wat is aan die gang. Tot en met die tyd se ek niks vir hom oor haar reaksie nie. Ek wil weet wat het gebeur. Hoe het dit gebeur….

Hy weet self nie. Dis nie iets waarvoor hy gevra het nie. Hy het gevoelens ontwikkel sonder dat dit ooit eers die intensie was. Hy stel voor ons hou dit eers tussen ons twee. Sy is nog op skool, en hy wil niks doen om haar deurmekaar te maak nie. Hy sal sorg dat dit nie uitkom nie, en dat hulle net vriende kan wees. Totdat sy klaar is met skool.

Ja reg…

Ek trek haar toe vas. Sit haar neer en he ‘n lekker moeder dogter gesprek met haar. Vra dieselle vrae. Wat, hoe, hoekom? Sy weet nie. Sy is in trane. “Ek kan nie help nie, ek het dit probeer onderdruk. Dis nie my skuld nie” En so kom dit toe uit van haar kant af ook. OK… wat nou? Wat maak ons nou?

Ek dink en dink en vergelyk my kind oor hoe sy was vroeer die jaar, teenoor hoe sy nou is. Haar wange het permanente blos. Sy glimlag heeltyd. Nie eers haar (stief) pa kry haar kwaad nie. Haar punte skiet die hoogtes in. Sy begin stories skryf en gedigte. Sy leer en werk baie hard aan haar skoolwerk. Dis ‘n absolute plesier om haar hier te he. Skielik is my tiener dogter met haar tiener moodswings nie meer rebels nie.

By die tyd weet nie een van die 2 hoe die ander een voel nie. Ek besluit toe om hom nader te skraap. Hy is immers my beste vriend, en ons steek niks weg vir mekaar nie. Ek vertel hom van my gesprekke met haar. Ek lig hom in oor haar gevoelens. Ek dog amper hy kom iets oor. Van blydskap. Ons besluit saam ons sal dit tussen ons hou, en dat hy haar nie sal se hoe hy voel nie. Nie nou al nie. Hy gaan dit baie stadig vat. Hy is immers ‘n verantwoordelik jong man. Dit weet ek. Ken hom al baie lank.

Nou ja… iewers het al die goeie intensies die pad suid gevat, en dinge kom toe uit oor hulle gevoelens vir mekaar. Om ‘n baie lang storie bietjie korter te maak – is die twee toe nou verlief. En ek hou dop….

Dit alles nog in die geheim. Daarmee bedoel ek dat net ek en my ma hiervan weet. Ja ek het dit met my moeder bespreek. Ouer mense is altyd wyser as ons. Ons sal moet iewers haar pa moet inlig. En al is hy stiefpa van haar – pa’s is maar picky as dit kom by kerels vir hul dogters. So besluit en en vriend Gabriel dat dit tyd is en hy sal die nuus self meedeel…. Onder my toesig natuurlike. Ek moet mos almal beskerm…..

Sy eerste reaksie was “hy is 10 jaar ouer!!!” OK… ek weet dit. Maar… kyk hoe het sy verander. Kyk haar punte… Kan jy sien sy is gelukkig? Kan jy verskil sien in haar? En besides…. Hy bly baie baie ver. Hulle kan mekaar nie elke naweek sien nie. Nie eers elke maand nie. Dalk elke 3 maande dalk? So wat kan skadelik wees? Sy is veilig – nie dat ek vir een oomblik bekommerd hoef te wees dat dinge te ver sal gaan nie. Ek ken hom mos goed.

Onthou… teen die tyd het hulle mekaar nog glad nie gesien nadat hulle erken het dat daar gevoelens is nie. Nog geen drukkies was uitgedeel nie. Geen kykies in mekaar se ogies om te se hoe hulle voel nie.

En toe besluit ek na die eksamen gaan ek en sy kuier. Die oomblik toe ons daar aankom en hy haar sien, gee hy haar ‘n drukkie wat lyk of hy wegsmelt in haar arms. Hy hanteer haar so saggies. Behandel haar soos ‘n prinses. Ek ek hou dop… Nie een keer het hy probeer om iets wat moreel en eties verkeerd is te doen nie.

Nou kom ek terug na my vergelyking –

Keuse 1: Moet sy eendag met ‘n man trou wat haar heeltyd manipuleer, mishandel, haar gebruik vir eie gewin. Wat haar meer laat huil as enige iets anders? En wat 2 jaar ouer is as sy.

Keuse 2: Kan sy met man trou eendag wat haar goed behandel. Wat haar toelaat om haar eie mens te wees. Wat die beste uit haar bring. Wat haar laat glimlag en wat besef sy is ‘n mens met eie ambisies en ‘n eie verstand en persoonlikheid. Wat haar aanspoor om haar beste te doen? En wat 10 jaar ouer is as sy.

Ek voel glad nie eers skuldig om keuse 2 te kies nie. Ek het ‘n oom gehad. My Oupa se broer. Hy was 21 jaar ouer as sy vrou. Daar was nie 2 mense wat meer lief was vir mekaar en meer respek gehad het vir mekaar as daardie 2 mense nie. Hulle was my ideal. Ek sal vashou aan hulle nagedagtenis.

Mense moet my maar kruisig oor die situasie. Ek sal hierdie verhouding tussen my dogter en my vriend Gabriel soos goud oppas. Die gesegde “Rather be an old man’s darling than a young man’s slave” kom hier baie goed te pas. Ek weet hy sal goed vir haar wees. Hy is nie ‘n onverantwoordelike laaitie nie. En dit is per slot van sake die enigste ding wat enige ouer vir hul kinders wil he.

5 Responses so far »

  1. 1

    Amanda said,

    My man is 19 jaar ouer as ek. Inteendeel, my ernstigste verhoudings was altyd met mans 10+ jaar ouer as ek.

    Hulle moet dit net rustig vat aangesien sy nog op skool is, verder sien ek beslis geen probleem hier nie. Liefde (verlief) is altyd sooo mooi en lekker!

  2. 2

    boendoe said,

    Ai, Sonneblom! 😆

    Nee, jong, ek het self ‘n tienerdogter. Ek gaan jou nie kruisig nie! Hou hulle maar net goed dop. 😉

  3. 3

    Dellie said,

    Dis lekker om weer van jou te hoor. Ek het al begin bekommerd raak!

    Ek is beslis nie in ‘n posisie om te oordeel of raad te gee nie. Terwyl sy nog op skool is, klink 10 jaar na ‘n vreeslike groot verskil, maar dit is tog nie werklik nie. Die feit dat julle almal die situasie bespreek het, en almal weet waar hulle staan, klink vir my gesond. Ek hoop van harte dat alles uitwerk vir hulle.

  4. 4

    Pikkelik said,

    Ek weet dit is baaaaie anders as in jou geval, maar for what it’s worth, my man is 16 jaar en een dag ouer as ek. En mens, is ons gelukkig!!!! 😉

  5. 5

    lanaba said,

    My pa is tien jaar jonger as my ma – maar dit lyk nie so nie – want hy is wit grys so niemand glo ons maar – maar hulle is perfek vir mekaar……..

    Al wat in elkgeval saak maak is geluk……..

    Troedelkies


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: