Gedink ek sal my blog maar nuwe look gee.  Dis nou nie so stunning soos van julle blogger maats sin nie, maar vir nou is dit reg🙂

Ek is jammer ek is so skaars mense.  Maar al comment ek nie orals nie, ek kom loer darem so nou en dan in by julle.  Dis op die stadium net baie moeilik vir my om te skryf.  Wat mens tik en nadat jy die ‘publish’ button gedruk het, dan is dit ‘n gedane saak.  Wie weet, more voel ek dalk anders, en dan is dit te laat.

Ek sit net met geweldige emosionele verwardheid op die stadium.  Miskien is dit weer die tyd van die jaar.  Miskien is dit tyd?  Miskien moet ek aan myself dink vir ‘n slag.  Of miskien moet ek nie aan myself dink ne.  Dalk is ek soos ‘n kind wat tantrums gooi.  Of dalk net, is daar ‘n moontlikheid dat ek miskien tot realiteit gekom het om te doen wat ek lankal moes.  Of miskien druk dinge net so klein bietjie te hard op die stadium, en ek moet maar vasbyt.  Dalkies sal dit oorwaai.  Ek is tog so bang ek doen iets waaroor ek later bitter spyt gaan hê.  Maar tot ek ‘n helderdenkende besluit en keuse kan maak, moet ek maar net aangaan elke dag, en soos goeie vriend Gabriel vir my sê “Keep the Faith Blom”

Gabriel….. my ou ligstraaltjie op die stadium.  (En nee, vir die wat wonder – ek het nie affair met hom nie)

Eendag dalk…. vertel ek vir julle van die lieflike mens Gabriel.  Eendag😉

My moeder word 60 die 25ste November.  Ek wil so graag vir haar iets spesiaal maak.  Tot met idees het ek ‘n blok geslaan.  Miskien het een van julle dalk oulike idees?  Ek soek insperasie… miskien moet ek Hilda se ikabanas gaan beloer :D  Enige idees is welkom asb 🙂

Nou ja, ek hoop julle het ‘n heerlike naweek.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

6 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus said,

    Hi Sonnie ek hou van jou nuwe look! 😉

    Mens moet aan jouself dink, wees so bietjie goed vir jouself! 😉

    Geluk met moeder se 60ste die 25ste, bederf haar uit haar skoene!

    Sterkte en lekker naweek vir jou ook!

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Dankie Wip, probleem met dink aan myself… mense gaan seerkry… dink ek aan mense… gaan ek dalk seerkry… dis moeilike ding…

  3. 3

    monna said,

    Hey Maatjie, wil amper vir jou se: dis weer die tyd van die jaar – maar sterkte vir dit wat ookal so swaar op jou le. ♥
    (Het vandag met 3 van ons ou werks kollegas gepraat🙄 )
    Als verander maar tog bly dit dieselfde? Het jy vir Lourens op die Telkom ad gesien?
    Liefdetjies

  4. 4

    Tersia said,

    Baie sterkte Sonnie. Hierdie tyd van die jaar is vreeslik! Als ruk hand-uit! Als maar seer! Als is erg! (((hugs))) En ons meisiemense se koppe kan dinge nie handle nie!!

  5. 5

    Dellie said,

    Haai, hoe het ek hierdie possie van jou gemis?😮 Ek hou van jou nuwe look.

    Ai Sonnie, weet jy, miskien verstaan ek beter as wat jy dink. Dis ‘n lekker deurmekaarspul, né? Die beste raad wat ek nou vir jou kan gee, is tyd. Gee dit net so ‘n bietjie tyd, en dink, dink, dink oor alles. En wanneer jy dan ‘n besluit neem, bly daarby en hanteer die gevolge.

    Baie sterkte my maat. ((Sonnie))

  6. 6

    Wipneus! said,

    Ek het net gou kom loer hoe dit gaan!!! Ek dink aan jou en sterkte!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: