Ek is op baie slegte plek in my gemoedstelsel.  Heens die stilsweie.

Maar ek vertel liewer hoe dit met my kids gaan…

Seuna is terug vir ‘n week van Zambie af.  Die kind het so maer geword, ek het skoon geskrik.  6 Kilos in 3 weke sal vir meeste mense soos ‘n fees klink, maar vir ‘n knaap wat nie oorgewig of vet is nie, lyk hy soos ‘n geraamte.  Toe hy terug is Zambie toe, nadat hy ge awol het, het ek sy tas vol kos gepak.  Cup o soup, 2 min noodles, provitas, cream crackers en sulke goodies.  Goed wat lig is om te vervoer, sodat ek meer kossies kon inkry.  Al sy klere het hy in sy hand tas gepak.  Kos is so duur daar, dis onbekostigbaar.  Hy eet in die middae wat hulle kry – gewoonlik hoender en slaai.  ‘n Stukkie vleis en slaai of chips kos R150.  So hy eet nie in die aand nie.  hy spaar sy geldjies.  Tot verlede week die een kleurling besluit het hy het nie meer geld nie, en steel toe sommer al Seuna sin.  Was groot drama daarbo.  Ek natuurlik soos mal mens hier aangegaan.  Maar ja, mens kan nie geld uitken nie ne…?  Ek is so bly om hom bietjie weer by die huis te he.  Snaaks hoe die wereld jou kinders skielik kan groot maak.  Ek wil hom nou net vet voer voor hy terug gaan.  Of altans probeer.

Meisiekind – ja  :)   Weet nie waar moet ek met haar begin nie.  My depressie tiener is weg.  My liefdevolle meisiekind het haar pad huis toe gevind.  Sy is waarlik nou die ou liggie in my lewe.  Ek gaan nie vreeslik uitbrei nie, maar al wat ek kan se, is sy is verlief op ‘n baie spesiale persoon.  Hy inspereer haar so baie.  Haar skoolwerk het die hoogtes ingeskiet.  Sy glimlag heeldag lank.  Sy raak nie eers meer so ontstel as haar pa aan die moan gaan nie.  Dis asof sy ‘n gedaante verwisseling ondergaan het.  Sy het met die laaste eksamens 7 onderskeidings gekry.  En sy is so gemotiveerd soos nog nooit.  Met haar kung fu klasse gaan dit maar holderste bolder.  Sy skryf gereeld haar afrigter af.  En in die proses haarself ook.  :)  2 weke na mekaar haar gewrig seergemaak.  Maar ek het natuurlik my opinie daaroor.  Hulle word nie geleer hoe om hul spiere ens te oefen om sodoende nie seer te kry nie.  Dit se ook natuurlik baie as ‘n klein petit meisiekind haar afrigter se bakkies aan die brand slaan  😮

Maar ek het eerlik geen klagtes oor my kiddies nie.  Seun werk lekker, en meisiekind doen haar ding.  Wat kan ‘n ma meer vra ne?

Oor my gaan ek nie praat nie.  Ek het paar blaaie nodig vir dit.  Julle moet lekker week he.  Mag julle droompies almal waar word  😉

Liefdegroete

Sonneblom

9 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Sonneblom, ek is bly dit gaan goed met jou kiddies…MAAR EK HET NIKS OM TE DOEN NIE EN IS LUS OM ‘N PAAR BLADSYE TE LEES OOR HOE DIT MET JOU GAAN!!!!

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    mmmm Boends, dit gaan nie goed nie. Stel dit so, as dit nie die een ding is nie dan is dit die ander. Maar op die stadium – solank my kids ok is… kan ek aangaan🙂

  3. 3

    boendoe said,

    Jimmel, vrou! Jy weet mos jy moet praat! Ons is lief vir jou en wil jou ondersteun. Kom nou.

  4. 4

    Dellie said,

    Ek stem saam met Boendoe, pak uit my ding, pak uit! As jy dit binne hou gaan jy siek word en jou kinders gaan daaronder lei.

    Ek is baie bly dit gaan weer goed met jou dogter, en vir seuna gaan jy sommer vinnig weer vetvoer. Maar jy moet jouself nie vergeet nie, ons is rerig hier vir jou. Ons kom mos nou al ook ‘n lang paadjie saam?

  5. 6

    Wipneus! said,

    Sonnie, ons is daar vir mekaar in swaar tye, ek stem saam met Boendoe en Dellie, pak uit, dan gaan jy baie beter voel!

    Sterkte vir jou! Ek is bly dit gaan goed met jou kids!

  6. 7

    Dellie said,

    Ganit Sonnie? Jy is baie stil, dis nie gesond nie. Ons wag tot jy reg is, hoor!😉

  7. 8

    Tersia said,

    Baie sterkte Sonblom! Draai jou kop na waar die son opkom! Ek weet dit is makliker gese as gedaan! Vir my kom die son ook nie op nie! Sodra ek sien daar is ‘n lig ini tonnel….dan is dit die trein….! Sterkte


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: