Hansie Slim – Continue…….

Hansie Slim besluit toe gister hy laat weet my net gougou hy klim 1 uur op die vliegtuig terug huis toe.

Gee geen rede nie, se net hy sal met ons kom praat as hy hier is. Ons moet hom asb op die lughawe kry.

Ek is so bly my kind is by die huis. Ek het vir hom lekker bord kos gemaak, en hy het ‘n lekker stort gevat. En toe is hy en Manlief hier weg na Seuna se baas toe. Want hy het niemand gese hy kom terug nie. Moes gaan please explain. Dis baas is baie vies. Geregtelik ook so. Hy moet vanoggend die groot baas gaan sien. Dit hang af van wat daar gaan gebeur of hy nog werk het. Natuurlik gaan sy dade implikasies inhou. Dis die grote van dit wat nou uitgevind moet word. Daar was kostes aan verbonde om hom daar te kry.

Die rede van sy terugkoms:

Hulle is iets soos 20 mense wat in ‘n meter gangetjie moet werk. Sonder tools. 1 Leer. Die pipefitters was agter met hul werk, maar die elektrisiens moes daar wees om aan te gaan met hulle werk. So dis ‘n wag ‘n bietjie besigheid. Sodra die ou wat die leer gebruik afklim vir smokebreak of om tools te gaan soek, steel iemand anders die leer. Dan is daar oorlog. Dan moet die ou wie die leer gehad het in die lyn staan vir wanneer die huidiglike gebruiker afklim, om kans te he om dit terug te steel. As daar gevra word vir toerusting wat nodig is om die werk te doen, dan trek die mislike ou man wat die site voorman is net sy skouers op en dis dit. En intussen word almal gedruk om die werk gedoen te kry. 4 ouens moet een gat in ‘n pyp boot met 1 boormasjien. So dis staan en kyk hoe die ander ou werk. En seuna kan nie staan en kyk nie. Hy is iemand wat moet besig bly. Wat gebeur as mens 100 rotte in ‘n klein hokkie aanhou? Hulle byt mekaar. So ja, ek kan indink hoe dit daar gaan.

Hulle werk oortyd eergisteraand. Die plek waar hulle werk moet aandete voorsien wanneer hulle oortyd werk. Toe dit kom by etenstyd, word daar kos uitgedeel vir die klomp Hollanders en ons mense kry net mooi niks kos nie. Vlamme het omhoog geskiet van woede, en hulle het maar honger aangegaan met werk. Met die terugkomslag waar hulle bly, kom hulle agter dat die mislike ou man wat voorman op site is, nooi die lodge betaal het nie. Die hele plek word gebruik deur die kontrakteurs. Vuil en moeg en honger moes hulle uitvind aangesien die plek nie betaal is nie, word hulle water afgesny, en die kombuis is nie oop om kos te koop nie. Hulle moes net so vuil en honger gaan slaap.

Seun het vir sy toesighouer gese, daar is een van 2 maniere… Of hy gee hom sy kaartjie, of hy hike lughawe toe en koop sy eie kaartjie terug huis toe. Hy het genoeg gehad. Hy kom terug kom wat wil. So toe kry hy ‘n vlug uit 1 uur gister middag. Daar is ‘n ander ou daarbo. Hy het ‘n week terug al gatvol geraak en vir die ouens gese hy is nie ‘n bandied nie, hy loop. Toe kanseleer hulle sy vliegkaartjie. En vertel vir hom hy moet $480 uithaal vir ander kaartjie. Hy sit nou in Zambie vas, sonder werk, en sonder geld. Hy kan nie terugkom huis toe nie. Hy het nie $450 nie. So wat gaan van daardie arme ou word daarbo?

Seuna se hy het dit goed beplan eergisteraand. Hy se hy het ‘n Michael Scofield op homself getrek en ge-prison break. Maar ons moet alle blydskap oor hy terug is en grappies eers bêre, want daar gaan seker groot drama vir hom kom……

OK…. Ons het nounet gehoor hy gaan terug! Die grootbaas het nounet met manlief gesels, en hy moet terug gaan. Hy gaan vir die kaartjie self moet betaal, maar hulle sal dit maandeliks aftrek. Hy gaan vir die ouens tools ens saamvat. So daar het darem iets goeds van Seun se drossery gekom. Maar dis nog nie die einde nie, hy moet nou saamgaan sodat hy sy dinge kan gaan uitsorteer met sy base.

Die kind van my is ook een van daardie extreme mense…hy is of aan die verre badluck kant – soos wanneer hy siek word, of aan die verre goodluck kant… want min mense kry ‘n 2de kans wat sulke nonsens aanjaag. Ek hoop net hy word nie weer siek nie.

En intussen weet ek nie of ek moet lag of huil nie…..

8 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ag, weet jy , Son, ek wil eintlik se: Good for him! Ek dink die ex-pats word baie keer uitgebuit. Die base het ook die verantwoordelikheid om te kyk dat die mense actually hulle wer KAN doen. Genoeg tools, ens. En dis belangrik dat hulle goeie huisvesting en kos het. En baie base worry net nie daaroor nie. As die mans in die buiteland werk, word hulle mos nie deur ons arbeidwetgewing beskerm nie. Hulle moet maar vat wat hulle kry en bek-hou. So, ek dink dis goed jou kind het ‘n stand ingeneem. Mens kan ook nie te veel met jou laat mors nie.

  2. 2

    Wipneus said,

    Sjoe Son, lag eerder.

    Geen mens kon so werk nie! Hy het die regte ding gedoen, dis wat ek my kinders ook sou aanbeveel het om te doen. Soos Boendoe sê mens laat nie met jou mors nie, en daardie mense sal nou weet om in die toekoms nie met hom te mors nie 😈

    Ek is bly hy het darem ‘n 2de kans gekry!

  3. 3

    Amanda said,

    Ten minste weet almal nou waar hulle met hom staan… Ek lag lekker hier waar ek sit oor sy mannewales.

    Wesie Update: Gaan baie goed met Wesie. Vlerkies en veertjies het nou 100% teruggegroei. Manlief is besig om ‘n nuwe hok vir hom en hoendertjie en budjies te bou sodat hulle beter kan vlerkies rek.

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,

    Amanda eerstens dankie vir wese uodate. Ek is bly hy is weer volverig😀 Bly dit gaan goed met hom.

    Ja julle, Seun is terug in Zambie. Ek hoor maar min van hom. Kry nie lyn deur na hom toe nie. Sal maar aanhou probeer. En toe wil almal my toegooi oor die vrou en ander mense wat dood is deur die Zambie virus. Ek het net geweier en weier nog steeds om my senuwee ophol te jaag daaroor.

    Lekker daggie almal
    Liefdegroetetjies
    Sonneblom

  5. 5

    Dellie said,

    Ek hoop hulle het darem nou genoeg tools, en dat die kos en blyplek uitgesort is. ‘n Ma worry mos oor hierdie goete…😉

  6. 6

    boendoe said,

    Toe, toe! Dis tyd vir ‘n nuwe posting! 👿

  7. 8

    boendoe said,

    Oe la la! Dit raak darem nou REGTIG tyd vir ‘n nuwe possie! WordPress gaat vir jou toemaak… 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: