Hansie slim, berg wou klim … en die moeder hart wat seer is

Kyk, as mens besig raak kan dit soms net te besig wees. Die afgelope ruk was my lewe omtrent in ‘n warboel. Ek weet nie eers waar om te begin nie.

So paar weke terug het my seun met ‘n quadbike ‘n ongeluk gehad. Hy het so teen 30km / uur ‘n speedbump geslaan in die pik donker nag. Dank Vader hy het niks gebreek nie, maar hy het sleg seergekry. Hy was nerf en vel af op plekke. Ons was by vriende van ons en hy het gaan rondrits op hulle quad in die straat. Hy het nie die bump gesien nie, en die quad het hom gegooi. Om sy vingers en hande te beskerm het hy sy arms onder sy kop ingegooi, en dit het eintlik sy kop beskerm, sonder dat hy dit besef het. Die vrou het niks dettol of savlon in haar huis gehad nie, en sy stel toe voor ons gebruik soutwater. Ek te geskok om te dink doen dit toe sodat ons net die wonde kan skoonmaak. Sy hele rug aan die regterkant was rou, en op sy regter heup was die velle weg.

Maak toe skoon en iewers in die proses begin die sout mos werk. Die arme kind nie geweet moet hy skreeu of sommer net in sy broek pp nie. Maar ja, ek het toe vir hom salf en pille en gause en verbande gekry en begin dokter. Hy het vir week lank met ‘n kierie moes loop want hy het ligmente in sy heup seer gemaak. Na die tyd het ek eers oorgegaan in skok om te dink die kind kon sy nek gebreek het. Maar hy is darem weer heeltemal reg en gesond.

Dit het alles gebeur ‘n dag voor hy by ‘n nuwe plek moes begin werk het. So hy het toe die volgende week eers daar begin. Hulle gaan hom oplei en stuur vir sy appyship. Alles goed en wel. Hy was 2 dae daar, kom hy huis toe en se hy gaan die volgende maandag Zambie toe vlieg. Asof my hart al die skokke kan hanteer….

Hy is toe hier weg die 22 Sept. Met hom gepraat die aand en toe weer die volgende dag. Dis hel warm daar se hy. En dis duur. R100 vir stukkie vleis. R8 vir klein botteltjie water. En hy se soos jy dit drink sweet jy dit uit. Ek probeer nog van die trane van verlange oor my kind in ander land sit afvee, toe is die volgende klomp slegte nuus op my. Die Donderdagaand (25 Sept) bel hy en vra ek moet hom dringend terugbel. Ek bel net om te moet hoor my kind is dodelik siek daar. Malaria! 4 Dae in Zambie toe het hy Malaria. Ek was van my trollie af. Elke 2 ure bel ek. Ek bel mense hier rond wat mense ken wat dokters en aptekers is om vir my raad en hulp en info te gee. Want, ek verstaan mos malaria kom voor eers 10 dae na jy gesteek is.

Sal ons toe nou uitvind 3 tot 5 dae is moontlik om siek te word van malaria. En die dokter se toe ek moenie bekommerd wees nie – Zambie se dokters is van die beter Afrika dokters. GA!! Wat beteken dit?? Elke keer as ek bel, slaap hy. En hy is siek. Ek worry dat hy gaan slaap en nie eet nie. En dat hy nie sy medisyne gaan drink nie. Die ergste sinarios maal in my kop. Wat as dit seribraal malaria is….. Niemand is daar wat na hom omsien nie. Ek het emmers vol getjank diekant.

Saterdag toe klink hy beter. Toe kan ek eers behoorlik informasie uit hom kry. Hy het die woensdag by die werk amper omgekap van dors. Toe se een van die ‘locals’ hy kan van die water in ‘n container wat daar staan drink, dis veilig. Donderdag oggend voel hy toe sleg. Donderdag deur die loop van die oggend vat hulle hom Kliniek toe. Die mense by die Kliniek se toe hy makeer niks. Donderdag middag begin hy opgooi en word baie siek. Iemand vat hom toe dokter toe, en die trek bloed en toets dadelik vir malaria. Positief. Gee hom klomp pille en se hy moet in die bed kom. Hy het bly opgooi en sy maag was erg onststeld. Een of ander slim ou het hom meegedeel dat hy malaria opgetel het van die water wat hy gedrink het. Ek glo dit nie vir een oomblik nie. Ek dink wel hy het siek geword van daardie water. Een of ander kiem in die water. Dat hulle malaria in sy bloed gekry het was na my mening net toevallig of gelukkig baie vroegtydig. Dis goed dat hy behandel was vir dit. Anders sou hy dalk die week of verlede week siek geword het. Maar ek glo dit was die water. Ek twyfel sterk of mens malaria kan opdoen deur miskiet larwes te drink…..

Hy het weer die Sondag begin werk. Maandagaand toe ek met hom praat toe is daai kind so stroppie soos nog nooit. Hy wil terugkom. Is gatvol vir Afrika. Hy se hy staan heeldag en niks doen nie, (hy is iemand wat nie kankan leef mee nie. Die ouens byt mekaar nonsens. Maar ja, hulle se toe sorry ouboet… jy bly. Ek was moerig. Ek soek my kind by die huis. En toe besef ek iets. Hy is nie meer ‘n kind nie. Hy is ‘n volwasse jongman, en hy moet leer om sy man te kan staan. Ek kan nie altyd daar wees nie, en ek kan hom nie altyd beskerm nie. Die dinge is alles deel van grootword. Hy het uit sy eie besluit hy gaan aanbly en werk. Gaan nie dwarstrek nie. Maar ook se hy, dis die laaste wat Afrika hom sien. Hy kom die 3de November terug. Kan nie wag nie. Sy sussie huil kort kort oor hom. Wat gaan ons doen as hy uit die huis trek? Ai tog… stilsit nie – hy moet besig bly) dis warm, en hulle het nie geld om te

So was dit ook nou die naweek die RAGE by die dome. Eerste keer wat ons soontoe is. Ons ‘clan’ waarmee ons online saamspeel het groot saamtrek daar gehou. Ek het die reelings getref vir ‘n ete Saterdag. En dit was een van die lekkerste naweek in ‘n baie lang tyd. 2 Dae se rondloop tussen rekenaar goodies en games ens. Duisende mense daar gewees. Ons het almal dieselfde t-shirts gedra. En dit was fun fun fun. Dit is nou ‘n plek waar mens die snaakste klomp mense bymekaar te sien kry. Geeks, nerds, weirdo’s, en natuurlike ook normale mense – soos ons😀 Ons het so baie geloop in die 2 dae ek het blase op my voete. Ek het op ‘n stadium gedink ek gaan myself benat as ek nog een tree moet loop. Maar dit was lekker. Volgende jaar is ons weer daar. Bigger and better J

Die laaste strek van die jaar het aangebreek. Nou begin die vakansiereelings. Wil opgaan Mozambique toe. Maar dit klink my ons gaan paar gesinne wees die keer. En om alles so te reel dat elkeen sy deel doen kan dalk tricky raak. Nie een van die ander mense was al daar nie. So ja…inligting sal in hul koppe geprint moet word. Ek is nie lus om my vakansie kort te moet knyp oor iemand nie geluister het nie.

Lekker week vir almal. Sal probeer minder skaars wees.

6 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hi Sonneblom, dis goed om weer van jou te hoor! Ek het gewonder wat daar aangaan in jou valley… 😆

    Man, ek dink dis goed Hansie Slim het die berg geklim. Dalk nie lekker nie, maar goed vir die grootword-proses. 😉 En ek het eerlikwaar ook nog nooit gehoor dat mens malaria kan kry deur water te drink nie! 🙄 In any case, AS hy sou malaria kry, moet jy rustig wees. Ek sal wraggies nie tandarts toe gaan in Angola nie, maar as ek malaria het, kan hulle dokters my gerus maar behandel. Dis vir hulle so alledaags en hulle weet wat om daarmee te doen. In SA is die behandeling bietjie van ‘n overkill.

    Moet nou nie weer so wegraak nie, hoor!

  2. 2

    The unpregnantmother said,

    Op een of ander stadium moet veral die seuns onder mamma se vlerk uit en hulle eie battles fight! Dis wat op die ou einde van hulle mans maak. Hulle het nodig om te leer om verantwoordelikheid vir hulle eie besluite te neem en daarmee te deal!

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi boends,
    Kyk hulle het hom positief getoets vir malaria, en hy was bitterlik siek. En ek was van my kop af, maar hy het gesond geword en ek neem aan die dokters daar ken seker hulle storie. Maar daar was beslis ‘n kiem in daardie water, en dit was nie malaria nie. Hy is nou so bang vir hulle water daar, hy kook nie eers bietjie water en laat dit koud word nie. Na die Zambie joppie moet hulle glo Angola toe…hy se no way… Afrika sien hom nie weer nie. Sal maar sien hoe dinge verloop.

    Unpregnantmother – ek het op ‘n stadium deur al my trane en maagsere en stress besef ek moet hom los. Hy was gretig om te gaan, en ja ek stem saam, hy moet die nagevolge dra. Hy is volwasse jongman, en die dinge sal hom leer om die werled te face – so to speak. So ja, ek hou maar oog so op ‘n afstand, en keer maar die trane as ek met hom praat.

    Lekker daggie

  4. 4

    Dellie said,

    Hey Sonnie, ai, jy kan my niks vertel van kinders wat skielik grootword nie… daai klein bliksem van my het mos gaan staan en verlief raak op ‘n Kanadese meisie… en nou wil hy nie meer in SA bly nie! Ek begin die losmaak proses maar so stadig… ek kan nie langer sy battles fight en vir hom besluit nie. Maar hy sal altyd my kind bly, en ek sal altyd wonder of hy genoeg eet…:mrgreen:

  5. 5

    sonneblomseplekkie said,

    Sjoe Dellie, dis een van my grootste vrese dat my kids sal landuit en ek sal nie my kleinkinders eendag behoorlik kan bederf nie. Gaan hy darem terugkom huis toe na sy werkskontrak verval het?

  6. 6

    Wipneus! said,

    Mensig Sonnie, maar jy het omtrent ‘n tyd agter die rug. Bly om jou weer te sien.

    Dis natuurlik ook een van my vrese dat my kinders landuit sal gaan. Maar ek moet myself solank voorberei!😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: