Sonneblom update

Ek het gedink ek moet ietsie ligs post vandag.  Ek het die naweek my sonneblom uitgehaal.  Sy het mooi droog geword en saad gemaak.  Ek wou so graag die saad bêre vir die nuwe seisoen, maar 99% van die groot sade het net mooi niks binne gehad nie.  Dit was ‘n kop vol lee saad doppe.

Die kop was ‘n massiewe 30cm in deursnit, en haar stam was 3 meter hoog.  Ek kan nou nog nie glo sy het na daardie vreeslike wind haar omgewaai het verder gegroei nie.  Ek gaan die blom mis elke keer as ek by die deur uitstap.  Sy het dan hemel hoog getroon vir my  😀

Dan, hier is sommer so oulike gediggie van Gabriel af.

Fairytale

Hidden and staying out of sight

Quietly disappearing into the night

Plants and animals as their allies

They have natural ties

Small and faster than the eye

Soundless and swiftly they will fly

When the forest reeks of evil and filled with fear

Unselfish they will cleanse and clear

With their magic touch

They can accomplish much

A soft touch of their hand

Heals the land

Warm little houses inside the trees

Protection from the cold winter breeze

Below on the forest floor on a bed of green

Share with each other what they have seen

Try and find them, they leave no trail

This is indeed a fairy, fairytale

Met my meisiekind gaan dit so bietjie beter.  Sy het Maandagaand haar eerste Kung Fu klas bygewoon.  Sy het dit vreeslik geniet.  Kla net oor die maagspiertjies wat seer is, maar kan nie wag om vanaand weer te gaan nie.  Sy het ook gevra ek moet vir haar verf goodies gaan kry, sodat sy kan verf.  Ons sal die naweek vir haar gaan koop.  Sy moet nou net besig bly.  Ek sal julle op hoogte hou met haar vordering.

Lekker daggie vir almal.

Liefde groete

Sonneblom

7 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Hehe, ‘n leëkop sonneblom. Ten minste het sy vir jou baie vreugde verskaf.

    Ek is bly om te hoor dit gaan beter met jou doggie. Asseblief, hou ons op hoogte en moenie huiwer om te vra as jy hulp nodig het nie. Ons is hier vir julle!😉

    NS. Mooi gedig ook, Gabriel.

  2. 2

    Amanda said,

    Plant maar volgende jaar weer ‘n sonneblom (of 2..3..4) he he..

    Bly dit gaan beter, hou haar maar steeds baie goed dop!

  3. 3

    Krista said,

    Sterkte met die volgende sonneblom . . . .😉

  4. 4

    Zee said,

    Ek is bly dit gaan beter met jou dogter…..

    Gaan jy begrafnis hou vir die sonneblom:😉

  5. 5

    monna said,

    Hi, hoe gaan dit da? Het lanklaas gesels. Hoop als is al beter!!!

  6. 6

    Wipneus! said,

    Ek is so bly dit gaan beter met jou dogter!

    Ek is mal oor die foto van hierdie sonneblom.

    En jy moet vinnig nog sonneblomme plant ((((Sonneblom))))

  7. 7

    Amanda said,

    Update asb???!!! Hoe gaan dit?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: