Tussen Take doen, tiener stres (daarvan vertel ek julle later), gewrigsontsteking, siek ousie (wat net siek is wanneer daar baie werk is), besigheid krisisse en al die ander lekker dinge van die lewe…het ek nie veel om te sê nie.

Toe kry ek die opstel van ‘n laerskoolkind op die net, en dis so oulik dat ek dit hier gaan plaas. (sonder die kind se toestemming – natuurlik, want ek weet nie wie die kind is om toestemming te kry nie)😀

*Sonneblom koes vir die internet Polisie*

Die krokodil is spesiaal so laag gebou, want hoe platter hoe swemmer.
Voor aan ‘n krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
Agteraan die krododil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die krokodil.
‘n Krokodil sonder ‘n stert noem ons ‘n rotweiler.
‘n Krokodil se lyf is oortrek met handsak materiaal.
Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie , want ‘n krokodil skrik vir niks.
‘n Krokodil bly onder die water , want as jy so lelik was , sou jy ook onder die water gebly het.
Dit is goed dat ‘n krokodil in die water bly , want ‘n mens skrik so groot as ‘n krokodil jou vang, dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou kan eet.
‘n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense se nie , behalwe as hy jou bykom.
Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit.
Baie ou krokodille suig hulle prooi dood.
As jy hom eet, is hy ‘n krokosatie.
‘n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie , nou gebruik hy sy stert.
Die klein boetie van die krokodil is die likkewaan.
Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.
Die mooi broer van die krokodil is die daffidil.
En dan het die krokodil nog ‘n dooie boetie wat ‘n mens kan eet , die frikkidel.

en hier is nog ietsie 🙂

Verlede jaar het ek en my swaer en my skoonseun per vliegtuig naWindhoek
gereis om veral die dierelewe van Namibie te besigtig.

Last year, me and my heavy and my cleanson traveled by flying harness
toWindcorner specially to belook the animal-living in Namibia.

In die Noorde het ons toe volop springbokke,steenbokke,
blesbokke,kameelperde en ook meerkatte gesien.
In the North we then saw full-up jumping goats, brick buck, bald buck, camel
horses and also morecats.

Een keer was ons senuwees egter skoon op hol.
One time genuine our sinews were clean on hollow.

Ons het agtergekom dat ‘n luiperd besig was om ons te bekruip.
We aftercame that a lazy-horse was becreeping us.

In ‘n oomblik was ons slaggereed met ons dubbelloop haelgewere.
In an uncle-tin we were slaughter ready with our double walk hailguns.

Toe die luiperd agter die bos roer, skiet ons almal gelyk.
When the lazy-horse mixed behind the bush, we all shot equal.

Na alles verby was, was ons hare baie deurmekaar. Ons het dit toe netjies
gemaak, in die bakkie geklim en huis toe gery.

After all was past, our hairs were very through each other.
We then made it into small nets, we climbed in the dish, and rode home.

Langs die pad het ons ‘n papwiel gekry.
Along the road we got a porridge wheel.

So het ons lang, opwindende dag geeindig.
So did our long, wound-up day end!

Wou maar net sê ek leef nog 😉

Liefdegroetetjies

Sonneblom

7 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    “Baie ou krokodille suig hulle prooi dood” Whahahaha!😆

    Bly om te hoor jy lewe darem nog Sonnie!😉

  2. 2

    Zee said,

    Whahaha @ krokodil storie..

    Son, hoop jy voel darem beter, die gewrigontseking was seker lekker seer.

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Dellie, jip, ek leef darem nog. Baie drama diekant…sal nog skryf oor dit.

    Zee, ja dit is maar eina…dink ek word oud😀

  4. 4

    Amanda said,

    Hallo! Ek kom gou gou sê dat Wesie, die weeskind duifie, baie goed doen, sy vere is amper heeltemal uitgegroei en hy kyk die lewe nog net so nou en dan so kop onderstebo uit!

    Hoop jy raag vinnig rustiger en die eina gewrig raak gou beter (is dit van te veel games? Ha ha ha)

  5. 5

    Dellie said,

    Hi Amanda, dankie vir die update op Wesie! Ek het nogal gewonder hoe dit met hom gaan. Hmmm, nou wonder ek ook of daai gewrig probleme FANTAVEEL is…:mrgreen:

  6. 6

    Sonneblom said,

    Dankie Amanda!🙂 Ek is ook baie bly dit gaan goed met hom. Ek wonder elke dag oor ou wesie. Pasop net as sy vere terug gegroei het gaan hy wil wegvlieg terug huis toe😉

    Te VEEL?? hum?? lol nee ek dink maar dit is stres…of ouderdom…of verkeerd eet…of uhm…ek weet nie, net vol piepgeit😀

  7. 7

    boendoe said,

    Hiehiehie… 😆

    Bly om te hoor jy EN die duifie lewe nog, Sonnie! Komaan, skryf dat ons agterkom wat aangaan in jou lewe. 😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: