Kompetisies en loopholes

Soos julle weet, ek is ‘n online gamer. (Battlefield 2) Dis ‘n heel ander wêreld en stokperdjie. Meer soos ‘n ‘addiction’. Dis ‘n tipe sport, met kompetisies en wedstryde en al. Daar is klomp verskillende ‘Clans’. Dis groepe mense wat lekker saamspeel en goed oor die weg kom, en dan ook teen ander clans kompeteer.

So het ons clan gisteraand ons heel eerste league kompetisie gespeel. Die ander clans is al heel bekend met die doen en late van so kompetisie. So ons IS die ‘underdogs’ van die league. En almal se oë is op ons gerig. Ons het geen idee gehad hoe dinge werk nie. Maar ons is soos trotse soldate in die geveg in. Ons moet 8 rondtes speel teen 8 verskillende spanne. So rondte een is nou verby, die ys is gebreek.

Maar met enige sport is daar reels en regulasies, en dan is daar ook loopholes in die reels. En mens kry altyd iemand wat daardie loopholes uitsnuffel. Dis presies wat gisteraand ook gebeur het. Ja, ons het verloor. Die ander span het soveel ‘confusion’ veroorsaak dat ons met tye nie geweet het wat om ons aangaan nie.

Dis vir my snaaks dat mense nie net kan speel om te wen op ‘n eerbare manier nie. Mens is veronderstel om die game geniet. Kyk, hulle het behoorlik oor ons geloop gisteraand. Maar ons het ‘n goeie les geleer. Ons sou heel moontlik nie gewen het nie. As ons voorbereid was dat hulle hasies uit die hoed sou pluk, kon ons ten minste voorbereid gewees het.

Maar suur druiwe gaan nie nou help nie. Hulle het in elk geval ‘n baie goeie strategie in plek gehad. Sulke goed moet mens eintlik net meer motiveer vir die volgende game, en die wat daarna kom. Ons volgende spel is teen een van SA se beste beste clans. Ons sal dit beslis nie wen nie, maar ons gaan beslis nie agteroor val nie.

Ons gemoedere is nog hoog. Ons het eerbaar verloor. En ons het nie die ‘fun’ uit die game gehaal nie. Die is ook nie die laaste wat hulle van ons gaan sien nie… We’ll be back 😉 .

Ek weet dat ons Clan leier gereeld hier lees. Ek wil net vir jou sê, baie dankie dat jy en ons medeleier ons so bygestaan het, en ons soveel insperasie gee. Sonder julle sou ons nie [HF] gewees het nie. Julle harde werk word nie misgekyk nie. Ons waardeer.

Liefde Groetetjies

Kaptein Sonneblom

6 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    Jyts, spring ek nou hier op aandag ‘Kaptein’! Sterkte met die volgende game, gee hulle gas!!!

  2. 2

    Wipneus! said,

    Kaptein Sonneblom, werk hulle galle, laat weet my as julle die oorlog gewen het!!! 😆

  3. 3

    Zee said,

    Kaptein!!

    Volgende keer gaan hulle nie weet wat hulle getref het nie!! Gee hulle gas!!

  4. 4

    boendoe said,

    Kaptein Sonneblom nogal! 😆 Skop hulle gatte volgende keer, hoor!

  5. 5

    Dellie said,

    Kaptein!😆 Seun is net so lief vir online games. Hulle het in Desember weer nagte deurgespeel. Maar sy game is meer Quake. Ek skrik my boeglam vir die goete wat daar uitpeul! Jare terug het ons ook lekker Quake gespeel, maar ek het nie meer deesdae tyd nie. Maar eendag sal ek jou dalk nog kom join!😉

  6. 6

    Gabriel said,

    Blommer……… ek lees nou eers jou mooi woorde. Ons het al baie gepraat en jy het al baie geluister na my klaag liedere oor hoe ek my leierskap betwyfel en myself sommer pakslae gee. Jou woorde beteken vir my baie. Dankie. Ekt al weer aan klomp nuwe planne gedink om meer Have Fun te hê. En die mense wat dalk meskien wag vir ‘n nuwe gedig. Ek sal nog in die week vir Blommie iets stuur om op te sit. Sy het gevra vir iets mooi.🙂


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: