In oomblikke van waansin

Ek wonder soms hoekom kry mens in ‘n split sekonde ‘n lugleegte in die brein. Julle weet, daai oomblik van waansinnige besluite neem sonder om te dink oor die nagevolge. Die tipe goed wat mens aanvang en dan wens jy kon die klok net 3 sekondes terugdraai. Of dat jy net vir ‘n oomblik in die toekoms kan insien, om te kan weet jy gaan nou kak aanjaag. Dit gebeur gewoonlik wanneer mens in ‘n oomblik van erge verveelheid die stupidste goed aanvang. Gin wonder die spreekwoord lui “ledigheid is die duiwel so oorkussing” .

Hier sit ek en verveel myself grensloos vanoggend voor die rekenaar. Besluit toe maar om te gaan stort. Uit die stort en klaar aangetrek, kyk ek myself in die spieel. Beloer die hare, kam so bietjie, loer weer, maak die spieelkas se laai oop en ek sien nie wat ek soek nie. ‘Ag wat, dink ek, ook seker maar goed so’ Gaan kombuis toe en maak stukkie van gisteraand se ribbetjie vir my warm. Loop terug rekenaar toe, en wat staan daar uit soos ‘n paal bo water? Die ding wat ek nie in die laai kon kry nie……… DIE SKER!!!

Ja, ek het ‘n skêr in my hare gedruk!!! Net agter, die baie lang hare afgesny. Ek het geskrik toe ek sien hoe baie van die langer hare ek af het, toe ek dit in my hand hou. 20cm!!! Ek kan mos nie agter my kop sien nie 🙂

Sien, die girl by die haarkappers wat my altyd soos ‘n miljoen dollar laat lyk, het die laaste keer toe ek gaan vir knippie, nie my hare heeltemal gesny soos ek wou nie. Moes korter agter, en toe sny sy dit korter voor. Dit het al mooi weer lank gegroei, maar die lang lang hare agter het my bly pla. Nou is dit kort……amper Chinese bob kort.

*mmmm – wonder wat gaan Manlief sê – hy hou nie van Chinese bob nie…..*

Dit lyk darem nie sleg nie, al moet ek self so sê, die ding is….ek het regtig nie bedoel om so baaaaie af te sny nie. Dit moes net so 5 cm korter gewees het…hehehe…20CM!!! Wens nou ek het my ribs gevat en voor die TV gaan sit. Die gevoel van ‘n make over sou dalk net net verdwyn het 😀

Lekker week vir almal

Liefdegroetetjies

Sonneblom

7 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Sonneblom, ek is seker manlief gaan daarvan hou.

    Ek het so 3 weke terug ook omtrent 20cm van my hare laat afsny en ek het stukke beter gevoel. As ek my sin gekry het, sou ek short back en sides gewees het vandag!

  2. 2

    Dellie said,

    Wel, as dit goed lyk en jy hou daarvan, is dit mos nie ‘n probleem nie…:mrgreen:

  3. 3

    Wipneus! said,

    whahaha Sonnie wat vang jy aan!!!

    Maar ek is seker dit lyk mooi! So make-over doen ons vrouens goed 😆

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Manlief het nie eers gesien ek het ‘n ‘self made make over ‘ gehad nie…bwaahahaha 😮 of miskien het hy dat hy niks wil sê nie..heheh 😀

  5. 6

    boendoe said,

    Jy’s dapper! Ek bly ver weg van my hare. In my jeug het ek ‘n paar slegte ondervindings gehad. Dit sluit onder andere Chappies in…en ek het die hele bos hare kort afgesny. Eeeeeeeeeeek!!!!

  6. 7

    Pikkelik said,

    😆 😆 Sonneblom jy laat my aan Ouboet dink!!! Whahahaha 😆 Hy het ook eendag sy hare en sy sussie se hare so ‘pragtig’ gemaak!!! Hoop darem jou is al gewoond aan jou nuwe ‘look’ ! 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: