Tronk of Hospitaal toe???

Ek skryf bitter min oor die meer ernstige dinge in die wêreld. Ek het sopas ‘n mail gekry oor some grênd tronk in Austria. Ek gaan soek toe op die net oor die plek. Dis smart. Wens ek kon in so plek bly. Ek sal seker in my lewe nooit die luxury wat die plek aanbied kan geniet nie. Daar was al baie geblog oor die plek. So ek blog dus nie oor iets nuuts vandag nie. Kyk gerus hier.


Dis darem maar te stunning vir woorde. Kan ek nie maar ook ‘n krimineel in Austria wees nie?…


Maar —- so met die lees en soek op van die ander blogs kom ek toe op ‘n link af….Hospitale in Cuba. En hier het ek my moer gestrip sommer. Mense is die naarste goed op die planeet!! Ek het nou soveel gemengde gevoelens van afsku , haat tot skaamte. Hoe de donner kan mensdom dit aan hulself of aan ander doen!!

Ek weet nie, ek voel siek….. En dan kla ons oor ons dienste hier……

……sug……. Julle moet ‘n lekker naweek he.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

9 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ek sug saam met jou. Wonder hoe lyk die hospitale in Oostenryk? Lekker naweek vir jou ook, Sonnie

  2. 2

    boendoe said,

    O, en dan wil ek nie die tronke in Kuba sien nie!

  3. 4

    Dellie said,

    Ek gaan saam Zee, daai tronk lyk beslis beter as die hospitaal!😯 Ek is nou nie meer lus vir middagete nie…😦

  4. 5

    Monna said,

    Ai tog, skrikwekkend 😯 in albei gevalle, van die een uiterste tot die ander, maar dan kies ek ook maar tronk daar.

    Lekker naweek Sonneblom😛

  5. 6

    Wipneus! said,

    Ja nee ek is ook oppad tronk toe, lekker plek om te gaan rus! 😉

    Ek dink ek is nou naar…. 😯

  6. 7

    Pikkelik said,

    Behoede my!!! In daardie hospitaal loop die kieme met krukke en drips!!! Liewe genade kan niemand iets doen nie!!!! Flop, ek kits sommer, dis onmenslik!!! 😯

  7. 8

    Anoniem said,

    Hi blom……..my comment is buite die topik. Gabriel sê ma net hallo en keep the faith en GOODBYE….. so ek hoop dinge gan beter hoor.

    Alhoewel ek nou al baie keer die engel in mense se lewens was is ou Blommie my HERO. Sy was nou al deur hoeveel moeilikheid in haar lewe en steeds beur sy voort. Ja, sy raak emotioneel en tog dramaties moedeloos!!!!!! Dan lig sy maar net weer haar kop op in die rigting van die son.

    Leka dag.

  8. 9

    Levinia said,

    Die gras is altyd groener aan die anderkant… And still on home grounds we need so much more… As jy dink cuba tronk is disgusting het jy nog ni ons eie ‘freshly ground’ gesien nie. ‘How now brown cow?’ my fair lady – we can connect the dots vaguely or spot on, all depends on how much we are willing to be affected by what happens around us to our children and ourselves… Coming from a good back ground, messing it up for myself by myself… Im new to life… Thank goodness its weekend!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: