Week vol virusse

Wat ‘n week…

Ons is klaar met verlede jaar se boeke, en die boekhouer is happy.  Dit was ‘n maand se baie harde werk wat ek nie sou kon regkry sonder my ma se hulp nie.  Dankie Ma ;)  Ons hoop nou net die ontvanger is ook happy.

Die verdomde griep virus het my ook gevang.  Ai, dis niks lekker om siek te wees nie.  Ek was meer as 2 jaar laas siek.  Regtig siek.  Eergister gaan my ousie winkel toe en kom terug met ‘one day flu cure’, want die miesies is siek…..  ai tog.  Ek drink die goed toe.  Dis aaklig sleg.  Ek beloer daai botteltjie… 96% ALKOHOL!!  Maar ek drink…soos soet dogtertjie.  Gister het ek verbasend beter begin voel.  So die goed moet dan werk mos :)  Net om weer vanoggend te voel ‘n trein het my getrap.  Voel jammer vir my😀

Ons (eintlik my meisiekind) (en ekke, want ek het haar beskerm) was die week lekker in die moeilikheid…..of so baie naby dis nie snaaks nie.   Woensdag oggend kom sit sy op Manlief se pc en download iets vir ‘n game wat sy wil speel.  Nou – Manlief se pc is sy priced possession.  En hy kom sooooo vinnig agter as iemand op hom gewerk het.  Met die download, laai sy toe een van die gemeenste virusse nog af…  Sy state of the art virus program kon die ding nie eers keer nie.  En daar is dit chaos op daai pc.  Die virus laai spyware af en gaan attache homself op elke liewe file in daai hardeskyf.  En niks wil werk nie.  Manlief hulle sit in JHB.  Ek raas en gooi my speelgoed uit die kot, maar in my agterkop tel ek hoeveel tasse het ek in die huis…want ek en meisiekind gaan moet wegloop…verseker.

Ek bel vinnig my seun – die pc boffen in die huis.  Hy gooi my met paar instruksies, maar niks help nie.  Hy sal dit kom fix as hy by die huis kom.  Maar dis te laat!!! want hy en Manlief is saam!!  Nee ek moet ander plan maak.  Gryp vir pc en meisiekind en jaag deur na ons pc ouens toe.  Dit was 10 uur die oggend.  “Geen probleem tannie – die pc sal reg wees by 3 uur”  3 Uur jaag ons terug pc shop toe…..  Ek weet nie wat het daai kind gedoen nie, maar niks het gehelp nie.  Pc moertoe….

Ek begin panic…  Meisiekind huil al heeldag lank, sy lyk al soos ‘n Chinees.  Ek wonder hoeveel skoon onderklere ek kan inpak.  Nou kyk, mense wat my ken, weet ek kan nie lieg nie.  Dit staan so groot soos ‘n trein op my voorkop geskryf as ek lieg.  Maar die keer gaan ek moet, en ek gaan moet pose hou.  Ek meen, meisiekind het mos nou al genoeg gehuil, en ek glo sy het haar les geleer.

Die manne kom huis toe, en ek is so kalm soos ‘n landmyn.  Ek sweet soos ‘n perd – gelukkig is ek siek, so ek het ‘koors’ :D  Manlief kom sit by sy pc, en vra “wat de hel!!”  “o”, se ek ewe kalm, “die vark het skielik begin skreeu op jou pc.  (as daar iets deurkom dan skreeu daar ‘n vark – virus program se warning signal).  “Ek het vinnig geloer en die goed probeer keer, maar ek kon nie”  Maar moenie worry nie, Seuna sal dit nou gougou vir jou uitsort”  Ek ek hou asem op, en na so rukkie sug ek, want ek leef nog :D  Meisiekind is natuurlik nerens te siene nie….ek dink haar tas is klaar gepak, en sy staan op merke…heheh

Seuna kom vroetel en soek en delete goed, maar daai virus is soos die griep virus wat ek nou het…kry hom nie uit die system nie.  Manlief het so een keer na meisiekind toe gegooi oor wat sy nou weer aangevang het, en natuurlik is ek dadelik by tot haat verdediging, met die volgende woorde (en trane) “dit was nie sy nie, luister as ek vir jou e wat het gebeur”   Sjoe, dit het gewerk😀

Seun het gister toe die pc geformat, en die oulikste setup vir Manlief gelaai.  Hy het ook nie die virus protection opgesit nie, (want dis crap)  en nou is Manlief vol smiles….sy pc loop soos ‘n droom.  Meiseikind het al intussen opgehou huil, die tasse is weer gebere, en my liegstorie stick nogsteeds… *sug van verligting*  Dis darem lekker as mens kinders het as backup wat iets weet hehehehe

Nou ja, julle moet lekker naweek hou.  Ek hoop net ek kan my virus afskud en spoedig ook.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

8 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    Jyts, jy moet sien hoe bou ek ‘n mini-eifeltoring as daar ‘n gogga op my rekenaar kom!!!! Ek krap maar liewer nie op plekke waar ek weet daar dalk moontlik probleme kan kom nie!!! Maar ek is baie bly julle lewe nog, en ek hoop julle het ‘n baie lekker naweek!

  2. 2

    boendoe said,

    O la la la! Dit klink na die Groot Griep daar by julle, sussa! Ek is net bly jou arme man se pc kon gered word, ander moes julle dalk daai tassies gebruik het! 😉

    Nou is dit naweek. Bly in die bed, drink baie water en wees rustig. Dalk kom jou virus ook reg. Sterkte. X

  3. 3

    Wipneus! said,

    Sonnie ek het nou so lekker gelees!! Ek is bly julle het darem die pc reggekry, ek was ook al daar, ek is nou baie versigtig.Speel glad nie meer op Teddie se rekenaar rond nie 😛

    Ai vriendin ek hoop jy voel gou beter! Hierdie griep is hierdie jaar regtig erg. Drink maar jou viral choice.

    Lekker naweek!

  4. 4

    Monna said,

    Hi Sonneblom,

    My eerste keer wat ek jou raak lees, en sowaar jy laat my so baie dink aan, ‘n vriendin wat so hele paar jaar terug saam my gewerk het, en ook op dieselfde tyd bedank het. Het nogal so ewe ons afskeidsparty saam gehou. Is dit dalk jy?

    Lekker dag🙂

  5. 5

    sonneblomseplekkie said,

    Those were the days my friend…. (((Monna))). Jislaaik was dit nou ‘n verassing!!!😀 Wereld is maar klein ne?? Ek mis nogals partykeer ons gekuier saam by die werk. Maar net die kuiertjies…nie die werk nie hehehehe. Ek het jou mail gestuur gister, maar ek dink my mail program thingy is bietjie koorsig…want die mail wil nie stuur nie. Sal vandag weer probeer. Bly jy het my raak gelees😀 Groete
    Sonneblom

  6. 6

    Zee said,

    Sonneblommetjie, ek hoop by nou het al die virusse jou verlaat. Ek is baie bly dat seun die probleempie kon uitsorteer. Ek het jou en dogter al sien stap met die tassies hier in my geestesoog!!😆

  7. 7

    Dellie said,

    Is jy darem al beter? Die griep is baie erg die jaar, ek het seker al al die virusse onder lede gehad!😯

    Ek het lekker gegiggel vir jou pc trouble – ek sê jou, rekenaars is partykeer soos stout kinders. As my printer drama gee, dreig ek net om hom van die balkon af te gooi, dan print hy weer soos ‘n droom… gelukkig nog nie so ‘n erge virus opgetel nie.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: