Custard of Vla

Is daar ook sekere lawwe dinge wat julle as kind kan onthou? Goeters wat sommer as deel van die alledaagse geword het, en wat dalk saam jou oud sal word? Die soort van goed wat mens kan oorerf.

Soos custard en vla. In ons huis was daar ‘n duidelike verskil tussen die twee. Dis logies. Custard is dik en vla is slap. Maklik soos dit. Dit sal ook nooit verander nie. Seker poedings eet mens mos met lekker dik custard en ander weer met dun vla. So was dit die Sondag ritueel. Wat eet ons vir poeding? Moet ons custard of vla maak saam dit…..


So ook was daar ‘n groot verskil tussen ice cream en roomys. Ice cream was vol verdowingsmiddels gegooi – dis die goed wat op die fiets karretjie verkoop was. Roomys was die goed wat jy in die winkel gekoop het. Dit het alles begin oor Ma ons kroos wou leer dat dit nie ice cream is nie, maar roomys.

Dan was daar die alewige bruin brood / wit brood ding. Ek was pas in graad een. Ons het altyd bruin brood ge eet. My kosblikkie was netjies gepak met die heerlikste bruin toebroodjies. Ek was skaars 2 weke in graad een toe ek een middag my kosblik net so terug bring huis toe. Mamma wou weet wat is fout…. Ek kan eerlik nie onthou wat die storie by die skool was nie, maar iets soos “ons het vandag geleer dat net arm mense bruin brood eet”….. Was die laaste keer wat ek bruin brood toebroodjies skool toe geneem het. Ons was mos nie ‘arm’ nie…..

My broer was nog klein. Seker hier in standard 2 se kant. Sy brein het altyd vinniger gewerk as sy mond. Ons was iewers oppad waar ons die Oberholtzer bordjie gesien het. “kyk Ma” gil hy meteens. “daar is Oberzoler” Tot vandag toe noem ons dit Oberzoler. En maak nie saak hoeveel keer hulle die naam sal verander nie…dit sal Oberzoler bly.

Is daar ook sulke goodies wat saam julle getrek het?

Lekker week vir almal

Liefde groete

Sonneblom

11 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Hoe onthou ek nou nie van custard en vla nie, moet se, vandag hou ek nog meer van custard as vla…

  2. 2

    boendoe said,

    Ag ja, Sonnie, ek is juis ook op so ‘down memory-lane’ trip. Dis darem die goed wat ‘n familie onderskei van die res. Grappies wat NET julle ken. Goed waaroor NET julle lag. Familie is darem deur en deur die moeite werd, ne?

  3. 3

    Amanda said,

    Hello,

    Daar is so baie dinge wat van kleintyd saamkom, dit is net deel van jou lewe. Vir ons was custard die wat jy self maak en vla, die boksies wat jy in die winkel koop. Ons noem ook Malvapoeding nogsteeds “heerlike poeding”, want dit is maar hou ouma-hulle dit genoem het.

    UPDATE: WESIE, DIE (WEESHUIS) DUIFIE

    Dit gaan vreeslik goed met Wesie, (dit is wat ons hom nou maar noem.) Hy kyk nog steeds die wereld onderstebo aan maar gesels net so lekker saam met die ander voëltjies. Sy veertjies is ook vinnig besig om terug te groei!.

    Lekker dag verder.

  4. 4

    Wipneus! said,

    Mmmm ek ken daardie wit- en bruin brood storie goed, ek was ook een van daardie wat net witbroodjies geëet het.

    Gesegdes in ons familie:

    Moenie jou voete sleep soos “Wendy” nie. ( Dit was ‘n baie ryk en vername tannie, wat altyd slof-slof geloop het met haar hoë hak fyn skoentjies) 😛 Ek sê dit vandag nog vir my kinders as hulle moeg is en die voete begin sleep.

    Lekker onthou goed, wat jou lief maak vir jou familie!!

  5. 5

    Pikkelik said,

    Oberholtzer vir ons is weer Oor ‘n borsel – ook my broer se maaksel!

  6. 6

    sonneblomseplekkie said,

    Lekker smile ek nou. My ma vertel nou vir my van die ‘like snowballs in hell’, sou ietsie verkeerd gaan en ouma hulle vas gevat het. En dan ook die ‘vertel dit vir die marines’ as hulle stout was en ontken het. Of die ‘vra my broer Jack…lieg net so hard soos ek’😀

    Dan ook onthou ek van as ons stout was en ma se sy gaan ons nou slaan, dan was dinge nog okay, maar as sy se ‘ek gaan julle moer’, dan het ons bang geword😀

  7. 7

    sonneblomseplekkie said,

    Amanda, ek wou nog se dankie vir die update. Ons almal hier by die huis is baie bly dit gaan goed met hom. Kan nie help om te smile as ek dink aan sy onderstebo neiging nie….😀

  8. 8

    neykie said,

    hehe laat my dink : my ma het my niggie eenkeer gevra of sy ook vla wil hê toe antwoord sy vol self vertroue sy eet nie vla nie net custard (o ja sy is blond) 😆

  9. 9

    Gabriel said,

    Heidi, Dawie die kabouter, Gummi bears. Tuis gemaakte vleis pastei. Konfyt koekies(Hertsogies in sekere mense se oë.) Pannekoek as jy op reënerige aand by die huis kom. Sop as jou ore en neus rooi is van koue. Spook asem en sherbitt. Moenie op jou klere mors nie!!!!! Alles die goeie van kind wees. Die dag was 40 volle ure…… en die nag net een oog knip kort.

  10. 10

    Dellie said,

    Ja, ek is ook vandag op ‘n trippie down memory lane… Seun kon nie Mpumalanga uitspreek nie, hy het gesê Ma-poep-‘n-lange!😆 En ornamente is orlamente. Tot vandag toe.

    Nou is lus vir warm vla…😉

  11. 11

    jjoyy said,

    oulike blog.
    My sus het altyd gese ( eintlik dink ek sy se dit nog steeds) mateliliaal vir materiaal.
    Ai, hoe mis ek nou my Afrikaner vriende en familie..


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: