Mengelmoes

Ons weeshuisduif is toe na sy nuwe aanneem mamma Amanda toe sondag.  Baie dankie Amanda.  Kom vertel maar vir ons so van tyd tot tyd hoe gaan dit met hom.

Boendoe, dis my ma wat my help hier, nie my skoonma nie.  Skoonma sal nie weet wat om te doen hier nie.  En ek sal haar ook nie toelaat om met my boeke te werk nie.  Maar in elk geval, ja sy help my nog.  En ek is baie dankbaar daaroor.  Nou lyk dit darem of dinge gebeur hier.  Ek het darem ‘n rustige naweek gehad dankie  😉

Manlief is van gister af op my ousie se case.  Wat my binneste weer laat kook.  Sy steel glo uit die huis uit.  Nie dat ek dit goedkeer nie.  Sy het ‘n rol toiletpapier gevat gister.  Ok, sy kon vra.  Volgens haar het manlief gesê sy moet toiletpapier vat en nie koerantpapier in die toilet afspoel nie.  Nou is sy kwaad, en hy is kwaad, en ek raak woedend.  Ek SAL nie die huis skoonmaak nie!!!  Ek werk verdomp hard genoeg.  En in my huis bly net klomp lui mense.  Manlief het nie ‘n probleem nie.  Hy spoel sy koffie beker uit.  Maar sal hy die wasgoed was?  Sal hy stryk?  Sal hy die potte en panne was en wegpak?  Sal hy vloere skrop…o ja, en sal hy die toilet skoonmaak??  Ek het vanoggend vir hom gesê ek loop saam haar.  Ek gaan beslis nie agter almal hier skoonmaak nie.

Julle ken seker facebook?  Soms irreteer mense my grensloos met al hul ‘requests’  Elke week moet ek so 80 requests delete.  Enige snert van gismo’s tot wie weet wat als nog.  Ek loer vanoggend op my man se facebook.  Hy het so ruk gelede ‘n ‘friend’s request’ gekry van ‘n ou.  Stuur hom toe mail om te hoor vanwaar ken hy hom.  Die is sy antwoord:

Beste @@@@, ek het jou vonkpos ‘n bietjie mis gekyk. Nee, ek weet nie of ons mekaar ken nie. Ek woon die afgelope 25 jaar in Pretoria, het een dogter(ek soek ‘n MAN vir haar) en drie seuns. O ja, ek is getroud.
En jy? Groete. André

SOEK ‘N MAN VIR HAAR??!!  Ek meen…my MAN is mos nie beskikbaar nie!  Nog nie 😀  Ek wonder wat sal sy dogter sê as sy moet weet haar pa soek MAN vir haar.  Ek is skoon stom geslaan.  Watter era leef die ou in?  Of ek slaap dalk…..dalk is my man up for sale   eheheheh

Ek het die naweek iets heel anders aangevang.  Ek was op skype cast.  En het mense regoor die wêreld ontmoet.  Nogals baie interresant.  Lekker gesels, en gelag.  En so bietjie meer geleer oor ander cultures van die aardbol.  Die heel eerste ding wat een ou van Amerika my vra – “are you black?”  Dis vir my so snaaks dat as mense van ander lande met iemand van SA gesels, dat hulle altyd dink jy is swart.  Groot verbasing natuurlik toe ek sê ek is “wit” .  Ek wonder regtig wat dink die mense van ons Suid Afrikaners.  Nog ‘n vraag wat opgeduik het “do you keep your wild animals in secure areas?”  DUH…nee hoor, hulle loop tussen ons rond.  bwaaahahaha.  Funny….

Ek het so rukkie terug ‘n clip via email gekry van ‘n Britse nuus stasie.  Ek wou dit hier plaas, maar die formaat is nie reg om dit te plaas nie.  Daarin sê die omroeper dat daar daagliks 50 moorde plaasvind in SA.  Dis meer as die moord syfer in een jaar in Britanje.  En rypsyfers hier is 3 keer soveel.  Ek noem dit toe vir die mense op die cast.  Ek kan maar net sê dat almal erg geskok was.  Wat my laat wonder hoe gaan dit in lande waar daar regte wette is.

Nou ja, ek moet seker my dagtake begin hier.  Nie dat ek veel lus het ie, maar ek het seker nie ‘n keuse nie.  Julle moet ‘n stunning week hê.

Liefde groetetjies

Sonneblom

6 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Hi Son

    My facebook irriteer my ook grensloos. Die ding lyk vir my mos al soos ‘n inkleur boek 😆

    Ons kry net sulke snaakse navrae oor ons land. Soms kom hier kontrakteurs na ons toe, die vrae wat hulle ons vra wil my aan die lag sit. Soos jy sê hulle is altyd bang die wilde diere gaan hulle opvreet.

    Sterkte met al jou werk en lekker week vir jou ook!

  2. 2

    boendoe said,

    More Sonnie,
    Ekskuus, man, ek het skoon misgelees van die skoonma wat toe die regte ma is! Ek het maar net gedink dit sal net ‘n skoonma wees wat mens so dryf! 😀

    Facebook…wat’s dit?? Elke dan en wan kry ek ‘n invitation van iemand en dan accept ek maar. So, ja, ek is op Facebook, maar wat de hel ek daarmee moet doen, weet ek glad nie. Gaan kyk maar net as ek sien iemand het op my ‘wall’ geskryf. Pyn innie gat, as jy my vra!

    En toe is jou ou duifie nou weg. Siestog. Maar ek glo hy sal ‘n goeie huis he. Dis ten minste iemand wat hom WIL he.

    En die arme ousie! Ek is saam met jou daar. Sy moet mos toiletpapier he! Die mans darem…

    Nou kyk, ek moet aan die gang kom. EK is mos die ousie in die huis, en gister het ek niks gedoen nie. Pieter saai verwoesting sover hy gaan en vandag MOET ek bietjie aan die kant maak!

    Lekker dag daar!

  3. 3

    Pikkelik said,

    Oi, sterkte vir daai ousie ene, en lekker werk!

  4. 6

    krista said,

    RYP? Ek het nie geweet die gras in Brittanje ryp ook dood in die winter nie? 😉 😆

    Ek trek sommer net jou been . . .


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Pikkelik Kanselleer antwoord