Huiswerk, week se dinge ens ens

Huiswerk:

Sonneblom se slagpreuk…mmm…

If at first you don’t succeed try and try again

Ek het al geleer in hierdie lewe dis nie sommer van opgee nie. Mens moet more wakker word, al het jy sleg geslaap. En die lewe moet aangaan. Jy moet aangaan. Dis in jou natuur. Dis oorlewing. So try en try en try ek maar. Elke dag sy eie uitdagings. Elke uitdaging sy eie oplossings. Elke oplossing sy eie beloning.

Week se dinge…… Blog maatjie Amanda het aangebied om weeshuisduif aan te neem. Ek is vreeslik dankbaar daaroor. Maar ons gaan hom mis. Daarvan is ek dood seker. Hy het al diep in ons harte geklim..Ek kan hom ongelukkig nie hier hou nie. Ek sit ernstig en oorweeg of moet ek IZAK (oops) gaan hel gee oor hy nie verantwoordelikheid vir sy duif kan vat nie. Ek sal dit sooooo like as die SPCA al sy duiwe konfiskeer. O het ek genoem hy is die eienaar of bestuurder of suurstofdief van die dorp se ko operasie??? Ek dink ek moet daardie local koerant eerste ‘n brief stuur. Ek is nounog vies vir hom. Maar ons duifie gaan ‘n goeie huis kry.

Wanneer word jou kinders te groot vir jou huis? Wanneer is die regte tyd dat hulle moet vlerkies sprei en vlieg? Ek hoor eendag ‘n man sê (hy het 3 seuns) toe my seuns 18 jaar oud geword het, het ek hulle gestuur. Hulle moes leer om self hul pot te krap. Sjoe, dis bietjie rof. My kiddies kan maar hier bly tot hulle 118 jaar oud is. Maar vanaand het ek my innerlike so bietjie gewip. Saggies saggies hier diep binne my. Ek het niks gesê nie. Ek luister bietjie musiek. Ek is nog baie jonk van gees, en ek is mal oor doef doef musiek. Hou mens jonk   😉 .   Sal my seun (word 20 in 2 maande) nie vir my kom vertel is dit nodig dat ek dit so hard luister nie?? Dit was nie eers hard nie!!! GA!! Ek meen… GAAAA!!! Nou ja, ek het maar soos soet mamma die musiek saggies gesit. TSK!! Word ook niks gegun nie 😀 . Maar die riller movies kan kliphard gekyk word. Ek het vir ‘n oomblik gewens ek het in die woonstel buite gebly, waar niemand my kan pla nie.

Ek is poegaai gewerk die week. Ek moet mos my hele jaar se boeke oordoen vir die boekhouer. Ek het vir moeder gaan haal dinsdag om my te kom help en touwys maak. Sy help my toe in ‘n poegaai state in. Sy is ‘n slawedrywer! Sy het geen genade nie! Ek wonder waar kry sy die krag om net aan te gaan en aan te gaan. Kyk, my boeke is nie deurmekaar nie….dis dood eenvoudig ‘n groot gemors. Ek het gedink dis net so week se werk….daar lê nog WEKE se werk voor. Sy wou more verder kom werk…uhuh…ek het rus nodig! 😀 . Ek is ook ‘n mens hehehe ‘n Baie moeë mens, so ek gaan nou in die bed klouter (want ek is te moeg om in te klim) Ek hoop hulle los my more om laat te slaap…..

Lekker aand en lekker naweek vir almal. Boendoe spesiale lekker naweek vir jou😉

Liefde groetetjies

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    Poegaai sê jy!!! Whahahaha 😆 Sonneblommetjie, as jy klaar is met jou boeke, hier by my lê ook ‘n jaar s’n. :mrgreen: Come to think of it…. Ek gaan sommer iemand huur om dit te doen… 😕 😛

  2. 2

    Pikkelik said,

    Wil net nog gou-gou sê….”Izak, sies jou bliksem!!!”

  3. 3

    Zee said,

    Sonneblom, ek hou baie van jou slagspreuk. Dit is so waar, as ‘n mens moet moed opgee sal jy nooit iets bereik in hierdie wereld niel
    Jong, ek kan sien jy is poegaai, jy moet n awesome naweek he!!

  4. 4

    Wipneus! said,

    Baie goeie slagspreuk. Mens moet met alles in die lewe deur druk.

    Hoop jy het lekker gerus. My kinders kan ook maar verewig hier bly…😉

  5. 5

    boendoe said,

    Ag, dankie, Sonnie, dit was ‘n lekker naweek, al kry ek jou boodskappie nou eers! Ek dink nie ek het eintlik aan die rekenaar gevat nie! Maar ek waardeer dit baie.

    Nee, o vet, so gou as wat my kinders op hul eie voetjies kan staan, so gou moet hul asseblief tog waai! Ek het net een begeerte in die lewe, en dis om vir ‘n slag SONDER kinders saam met my man te leef. Dis dalk omdat ons twee ‘n hele trop kinders het tussen die twee van ons. Myne, syne en ons s’n! Genoeg is genoeg, seg ek vir jou!

    Shame, dit klink my JY het eerder ‘n rustige naweek nodig gehad! Kon jy darem uitrus? En is skoonmamma nog by jou?

    Ek hoop jy het ‘n fabulous week!

    NS Wat hoor jy nog van Gypsy-Jo? Sy het so stil-stil verdwyn en ek wonder hoe gaan dit met haar?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: