FOKFOKFOK!!!!!!

Julle sal dit nie glo nie!!! Jammer ek vloek so vanoggend maar ek is BOOOOOOS!!!

Die flippen doos wie se duif hier by my is….vertel doodluiters vir my dis nie sy duif nie, en ek moet hom maar sommer by die petshop gaan aflaai. Ek sê toe ek gaan SPCA toe met hom….. “nee dis reg so, vat hom maar” WTF!!! Hier sit ek – hoofdoos – en bekommer my tanne uit oor iemand se price propperty en die ou voel niks!!! Hy reken my hy het daai reeks ringnommers vir iemand gegee. Like hell!!! En hy weet nie vir wie nie!!! Like hell!!! Wat moet ek nou met die duif doen??

Die vrou van die vereniging vertel my die duif sal maar hier by my moet bly vir ‘n rukkie tot sy vere terug gegroei het……DIT VAT “N JAAR OM TERUG TE GROEI!!! Ek het nie hokke nie. Ek is nie ‘n voëlboer nie!! En onge-fokken-lukkig is ek nie van stof gemaak wat diere kan mishandel nie. Ek is lus en huil en skreeu tegelyk.

Die man het lekker attitude!!! Hy verdien nie om met duiwe te boer nie. Hy verdien nie eers die suurstof wat hy inasem nie!!! Ek publiseer sommer sy naam en nommer hier…dat mense hom kan terroriseer!!! Nee hel man, mens maak nie so nie. Hy het nie eers die moeite gedoen om my te bel nie…na hoeveel oproepe en e-mails het ek hom in die hande gekry. Ek moes agter sy gat aanbel. INFADELL!!!

(Sonneblom vra mooi omverskoning vir haar taalgebruik…nie vir sensitiewe lesers nie)

Liefdegroetetjies

Sonneblom

7 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ag nee, Sonnie, ek het so gehoop die duif-storie het ‘n gelukkige einde! Ag, wil jy hom nie maar hou nie? Het julle nie al ‘n bietjie gebond nie? Dalk, as jy hard genoeg aan hom werk, begin hy praat!😀
    Nee, ernstig, gee hom vir die DBV. As iemand ‘n goeie huis vir hom kan kry, dan reken ek dis hulle.
    Mooi bly!

  2. 2

    Zee said,

    Ai Sonneblommetjie, jy en jou liefde vir die diere. Ek sê maar ook vat hom SPCA toe. Hulle sal wel vir hom ‘n huisie kry om na toe te gaan.
    Miskien moes jy maar vir ons die ou se nommer hier gelos het!

  3. 3

    Pikkelik said,

    Sê hom Sonneblom, wetter!!!! Ek dink ook nogal die SPCA sal hom vat. As jy nou nie so ver was nie het ek hom gevat…. Ek is mal oor diere, ek weet ek het te veel, maar nog een sal nie ‘n verskil maak nie. Miskien is daar iewers iemand wat hom sal geniet!

  4. 4

    Wipneus! said,

    Haai Son, die vieslike mansmens!!! Jy sal duifie maar SPCA toe moet vat. Ek is ook so oor diere, ek kan dink hoe sleg jy moet voel.

    Ek weet nie hoe kan mense so gevoelloos deur die lewe beweeg nie….

  5. 5

    Amanda said,

    Son, jy het my e-mail nou by hierdie post. E-mail my as jy nie ‘n huis vir die duif kry nie, my liefie het hokke vir duiwe en ander voëls by die huis (daar is nou tot ‘n hoendertjie wat broei) ons sal die duif gaan haal en versorg. Dis nou as jy nie te ver van die Wesrand af is nie.

  6. 6

    Wat ‘n simpel man. eewu, ek hoop hy ry op sy fiets, moer hard neer en NIEMAND kom help hom nie. Ek voel ook soos jy oor diere.
    Ek het eenkeer ‘n duif versorg wat seergekry het vir 6 maande (was ‘n wilde duif) almal het gese ek mors my tyd. Maar hy het reggekom en weggevlieg,
    Gee hom duiwesaad, nie brood of pap nie. En water. Sterkte

  7. 7

    Wipneus! said,

    Uhm sorry Sonnie as alles rustig is by jou, het jy so bietjie huiswerkies daar by my 😳


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: