Weeshuis duif

Dit gaan ooglopend goed met ons weeshuisduif.  Hy is nog bietjie deurmekaar, ek dink hy het sy kop hard gestamp iewers.  Of miskien maak hulle maar so ek weet nie.  Hy draai sy kom 360 grade om en staar na bo.  Dis vreeslik vreemd.  Dit lyk ook nie of hy kan self eet nie, so meisiekind hou hom vas, maak sy bekkie oop en voer hom mieliepitjie vir mieliepitjie.  Dit lyk darem of dit help, want ek sien vanoggend sy maag het darem gegaan.  Verder paradeer hy maar die hele wêreld vol met verlange na sy huis in sy oë.  Ek weet dit….kan dit sien😀

Die heel naweek soek en mail ek oral onder die voël boere rond opsoek na enige iemand wat my kan help.  Tot my frustrasie kom ek nerens reg nie.  Ek het vir Fanie Potgieter, van uitsaanes.co.za met my soektog raakgesoek, en sommer vir hom ook ‘n mail gestuur, (hy het ook glo vlieg duiwe gehad)  Tot my verbasing is dit die enigste ou wat my terug gemail het.  Hy het bietjie rondgebel en die voël se tuisdorp opgespoor!!  Die duifie kom al die pad van Burgersdorp in die Oos Kaap af.  Ek plaas sommer sy mail hier:

EK HET VIR JOU ROND GEBEL ,DIE DUIF BEHOORT AAN N PERSOON IN BURGERSDORP.EN HULLE HET HOM GEBEL.

BLYKBAAR SAL HY JOU KONTAK.EK HET MET ROELIEN VAN ZYL GEPRAAT. (tel uitgelaat deur Sonneblom)

AS JY NIE VAN HOM HOOR NIE BEL MEV YVON COERTZEN, EN SE VIR HAAR JY GAAN DIE DUIF NA DIE SPCA TOE VAT WANT NIEMAND KOM TRUG NA JOU TOE NIE.DAN SAL JY SIEN HOE SKRIK HULLE WAKKER.OF SE VIR HAAR JY SOEK DIE TEL NOMMER VAN DIE SAMPO VOORSITTER SELF,WANT JY WIL HOM BEL.EK DINK DIT SAL DIE DING DOEN.

BAIE DANKIE DAT JY VIR ONS GEVEERDE FRIENDE OMGEE,EK WENS DAAR WAS MEER MENSE SOOS JY.DIT GEBEUR WANEER HULLE SAK VIR WATER OF AS DIT BEGIN DONKER RAAK EN HULLE GAAN SIT OM TE RUS.DAN VANG HULLE ONS DUIWE EN JAAG SULKE DERGLIKE DINGE MET HULLE AAN.LAAT WEET MY ASB WAT GEBEUR.

BY VOORBAAT DANK

FANIE POTGIETER

PIETERSBURG

Ek het so bietjie gaan loer oor Burgersdorp….mooi ou plekkie.  Dis glo die oudste dorp in die Oos Kaap.  Gaan kyk gerus by http://www.burgersdorp.co.za.  Daar lê baie geskiedenis in die dorpie.  (sorry julle, ek weet nie hoe werk die link ding nie :)  )

Ek sal julle op hoogte hou van die duif.  Ek hoop net as die eienaar my wel kontak dat hy die duifie mooi sal versorg en nie net aan sy eie elende oorlaat nie.  Hou saam my duime vas mense.

Liefde groetetjies

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Jinne, ek moet beaam wat Fanie sê, dis nie baie mense wat al hierdie moeite sou doen om die eienaar op te spoor nie. Ek is sommer trots op jou!😉

  2. 2

    Pikkelik said,

    Ek het al gehoor van sonde met die bure, en selfs sonde met die skoonouers, maar dat jy nou wragtig soveel sonde met ‘n duiwe-eienaar moet hê!!! Sterkte en ek hoop sy eienaar kontak jou vinnig!

  3. 3

    Zee said,

    Ek wonder of jy toe my posduifie gekry het met die nommer om te bel,. Hoop maar jou geveerde vriend se baas skrik gou wakker.

    /me stuur bietjie weeshuis duif kossies….


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: