Ai julle, ek is in ‘n penarrie.  Gisteraand half 10 klop my bediende aan die venster. ‘Kyk miesies, ek het ‘n baby gekry”  Ek loer deur die venster en hier staan sy met ‘n duif.  Duif lyk half stokstyf.  Ek moet nou die deur oopmaak en die duif by die papagaai in die hok sit.  Ek sê toe vir haar ek kan dit nie doen nie, sy moet ma die duif by haar in die kamer hou, ek sal vanoggend na hom kyk.  Vas van mening die duif sal dood wees voor die uur om is.

Vanoggend vertel ek dit vir my man.  “hier staan sy met die groot grys duif in haar hade”…vertel ek.  Dadelik gil Manlief en sê dis iemand se vliegduif.  Hol buitekamer toe om te hoor waar is die duif.  En so waar as vet, dis iemand se vliegduif :(  Die stupid Liesbet het sy stertvere en vlerkvere gaan staan en uitpluk!!!

Die duif lyk bietjie deur die blare.  Liesbet sê die duif het gisteraand op haar skouer geland terwyl sy huis toe geloop het.  Ai toggie, pleks ek maar net gaan kyk het gisteraand.  Duif sit nou voor die verwarmer hier by my in ‘n boksie.  Ek het vanoggend die duiwe vereniging gebel en hulle is nou opsoek na die eienaar.  Ek hoop hy kontak my gou.  En ek hoop nie die eienaar hou ons verantwoordelik vir die voël nie.

Ek het al gehoor dat as duiwe nie kan vlieg nie, die eienaars summier hul nekke omdraai.  Ek hoop nie dis wat gaan gebeur nie.  Shame dis nie sy skuld nie.  Ek voel aaklig.  Voel ek kan Liesbet se vere pluk!!  Hou duime vas saam my asb dat die eienaar sy duifie sal kom haal sonder om hom van kant te maak.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

8 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Sit hom in ‘n boks met ‘n bed lampie dat hy warm kry. Gee vir hom pro-nutro (slap) met ‘n inspuiting in. Ek moet dit altyd doen as die duiwe hulle baba’s per ongeluk uit die nes skop. My tuin is ‘n broeiplek vir duiwe. Iemand sal wel die duifie kom opeis. Jinne en ek hoop nie hulle draai sy nek om nie 😯

    Soveel dae, soveel dinge…… he he

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Wip, dis uitgegroeide duif. As hy nog babatjie was sou ek hom voer. Ek nounet met vriend van ons gepraat. Sy swaer vlieg ook duiwe, en hy sê ek moet vir hom gewone hoenderkos kry. Mielies. Hy glo nie hulle sal hom van kant maak oor sy vere nie, maar as ek die eienaar opspoor en hy wil dit doen gaan ek en hy baie baklei. Ek het vanoggend met iemand by die duiwe vreniging gepraat en sy het gesê sy sal terug kom na my, maar sover nog niks. Ek het nounet ‘n mail gestuur na hulle. Ek hoop iemand reageer vinnig. Volgens die vriend van ons kan hulle tot 1800km ver vlieg! Wat beteken die eienaar kan enigiets van die kaap tot namibie wees!! O aardetjie tog……
    Ja-nee ek weet nie…hoe meer dae hoe meer dinge. Verdompte stupid Liesbet!!! gggrrrr ek word sommer van voor af vies.

  3. 3

    Zee said,

    Ai Sonneblom, as dit nie dragons is nie, is die duifies. Ek hoop die eienaar kontak jou gou.

    (Kan ek my raasbek ringneck daar na jou toe stuur, so ‘n mooi geel enetjie?)

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Zee,
    Ja enige tyd, stuur haar. Sy kan dalk ons ringnekkie company hou😀 Hy begin nou fluit en probeer praat, maar is maar nog dom. Hy kan haar geselskap dalk net geniet….
    Die eienaar of die mense van die duiwe vlieg vereniging het my nog nie gekontak nie. Ek hoop hulle doen, want wat gaan ek tog doen met ‘n veerlose vliegduif…..ai

  5. 5

    Pikkelik said,

    Ag aarde Sonneblom!!! Stuur maar al die verlore diertjies hier na my toe, dit lyk in alle geval as soos ‘n zoo hier by my, nog een gaan nie ‘n verskil maak nie!!!! 😆 Sterkte en ek hoop die eienaar kontak jou gou!

  6. 6

    Wipneus! said,

    whahaha dit lyk my die eienaar het jou nogsteeds nie gekontak nie…. ????

  7. 7

    boendoe said,

    Jy is baie ordentlik,vrou! Ek sou die duif maar net stil-stil laat verdwyn het! Haha!! 😀

    Het jy al van hulle gehoor?

  8. 8

    sonneblomseplekkie said,

    Nee o jinne Boends…kan mos nie dit doen nie…arme arme duif😉 Nee julle, ek het nog niks gehoor nie. Duif het uit sy deurmekaar mood gekom en homself mooitjies tuisgemaak in die huis. Hy sit op die oomblik binne my kamer bo op my stewels. Die arme dier wil vlieg, en dit breek my hart, want hy kan nie. Heel middag drentel hy rond naby die ruite en loer loer na buite en mik mik om te vlieg. Siestog die arme ding. Ek hoop sy baas bel my gou. hou duime vas julle……


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: