Million Man March…..

Ek is seker dom, maar het nogals gedink dis ‘n manne march.  Nou ja wel, daar was klompie girls ook.  Ek het nie die hele program gekyk nie, net so stuk stuk.  Eerste ding wat ek opgemerk het was die min mense wat wel deelgeneem het.  Almal gaan te kere oor die land en sy crime.  Maar as so iets gehou word dan is die getalle minimaal.  Skaars 4000 mense.  Dis ver van 1 miljoen af.  Wat my meer hartseer gemaak het is die feit dat daar so bitter min wit mense was.  Desmond het een goeie standpunt gemaak – ‘you say that you can’t make it because you have a job, a job which you don’t know if you’ll have tomorrow’

Dis sad, want ek het mense hoor praat weke voor die MMM.  ‘Mens kan nie ‘n swartman vertrou nie’, (dink aan Dingaan en bloedrivier) en sulke shit.  Nou wonder ek so by myself, wat as die dinge so erg raak in die land dat ons gaan moet baklei vir wat vir ons waardevol is?  Gaan daar ook net ‘n handjie vol mense opdaag?  Is ons mense wat so kla en kerm oor die omstandighede in ons land maar net lamsakkig?  Of ly ons aan volstruis sindroom?  Druk ons koppe in die sand en hoop die gevaar verdwyn?

Dankie Desmond Dube vir wat jy gedoen het om iets te probeer.  Ek hoop die mense(mans) wat so aangegaan het oor die ‘swartman’ wat die ding reel, het gister gekyk wat hy probeer doen het.  Ek wonder of meer witmense sou opdaag as dit ‘n witman was wat die ding gereel het.  Of sou hulle dalk ander verskoning bedink het.  Een ding is seker, as ons nie gaan wakker skrik en die situasie ernstig opneem nie, gaan ons 2de kom.

Just saying

Lekker dag

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ja, ek dink die meeste van ons lei aan volstruis sindroom. En tussen sê en doen, lê daar ‘n hengse berg. Dis baie makliker om te moan en te groan oor alles as wat dit is om iets daaraan te probeer doen. Sad, eintlik.

  2. 2

    maxie said,

    Stem! Dankie Desmond. Sou wat wou gee om ook daar te kon gewees het.

  3. 3

    Wipneus! said,

    Dis waar wat jy sê ons moet wakker skrik. Ek sê ook dankie Desmond


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: