HELP!!! asb iemand

Hi almal,

Ek soek vandag dringend raad, hulp, iets asb.  Ek gaan nog van my trollie af raak oor die ding.  Die DRAAK!!

Dis seker vir my die mooiste ding in die huis.  Hy raas nie en tjank nie en is maar net hy.  Maar dis nou al ‘n geruime tyd wat die ding my moedeloos maak.  Hy is seker nou so jaar oud.  En ek is amper seker hy is ‘n mannetjie.  (hy gaan aan soos ‘n man…hehehe)

Hy bly vir een of ander rede opklouter teen die glas van sy hok.  Heeldag lank.  Dit maak my gek.  Hy word so 2 of 3 keer per week uit sy hok gehaal waarna een van ons al agter hom moet aanhardloop.  Hy is ‘n haastige kalant.  Hy het skielik ‘n swartigheid onder sy ken ontwikkel.  Hy kry elke week sy krieke en groentetjies.  Hy eet per week so 150 krieke op.

Wat ek wil weet, as iemand net vir my kan sê wat is fout met hom met die gekloutery saam sal ek so bly wees.  Dalk ken julle iemand wat met die soort drake (Bearded Dragon) teel of ken.  Dit help nie ek raas met hom nie….ek is seker hy voel niks vir my skelle nie😀

Help ASB toggie voor ek mal word….

Lekker week vir almal,

Liefdegroetetjies

Sonneblom

26 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Sjoe, hy is mooi! Maar ek het ongelukkig nie raad nie.

    My vriendin se dogter het ene, maar hy is nog klein en gee nie probleme nie. Miskien moet jy bietjie gaan google vir gedragsprobleme?😉

  2. 2

    Pikkelik said,

    Ek gaan gou vir jou ietsie in die pos gooi. As ek dit hier sit gaan WordPress dit spam… Hou jou ogies oop!

  3. 3

    boendoe said,

    Ek hoop Pikkie kan jou help. Ekself in nie baie clued-up met reptiele nie! Ek onthou net my seun het slange gehad, en hy moes uitkyk vir veltoestande wat veroorsaak kan word deur die hok. (te nat, ens) Laat weet as jy iets by Pikkie geleer het!

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Vir almal wat wil weet, ek het op die afgekom.

    I have had my beardie about a week now and he was a bit lethargic and didnt move a lot for the first few days but now he keeps running along the side of the viv trying to climb up the glass . is this normal???

    Yes, its called “glass dancing” and is quite common. It’s also a sign that your beardie has energy, so for your little guy, it is better than normal. I have an adult male who is very strong and scratches at the glass so strong that he has put permanent scratches in the glass. He is VERY healthy. Some people feel that the glass dancing is a sign their beardie wants to come out and play but I have not had a beardie like that. Hope that helps.
    Terry

    Exactly. Inanna does ask to come out by glass dancing though. He’ll be fine before I walk into the room, but he’ll start up once I’m in. Then I take him out and let him roam around. Then he falls asleep!

    You could try letting him run around and explore your house; Inanna calmed down after I let him wander around. Good luck with your beardie!!😀

    So…nou sal ek hom maar uithaal en laat hy bietjie rondhol in die huis….
    Dankie vir julle raad….
    Sonneblom

  5. 5

    Pikkelik said,

    O Flop Sonnie, wie gaan die meeste hardloop!!!!!!!! Nee hel, laat ek eers nog so ‘n bietjie gaan rondsoek… Netnou is jou bene korter as jou drakie s’n! 😳

  6. 7

    Wipneus! said,

    Mens ek skrik my oorhoeks toe ek jou blog oopmaak Sonnie!😯

    Hoekom klim hy op vra jy, maklik man. Hy is ‘n man…hy soek vroulike aandag😆

  7. 8

    sonneblomseplekkie said,

    Dankie Pik…die info wat ek gekry het was op die laaste site wat jy gemail het. Ek het hom toe uitgehaal en die hele huis vol agter hom aangehardloop. Hel hy is vinnig hoor. Om en om en om die sitkamer bank en proe proe aan alles…later sien ek hy kom nie weer agter die bank uit nie. Lê doodstil daar. Tel hom toe op…YSKOED en STOKSTYF!! Skrik amper my melk weg. Sit hom terug onder sy lig in sy hok, en siedaar paar minute later is hy weer heel lewendig. Hy het sy energie opgebruik – kompleet soos ‘n battery wat pap gaan…moes hy eers weer recharge. So ek sal nou maar elke dag bietjie uithaal tot sy battery ‘n flattery is… hehehe😀

  8. 9

    Zee said,

    Sonnie, stuur hom maar bietjie na my toe, ek sal die kossies voorsien – die spyskaart sal wees…. krieke, krieke en nog krieke aangesien hier volop by ons is.

    Ja, hierdie gedroggies is darem te cute vir woorde. Kan jy nou meer, dat hulle wil uit as hulle so teen die glas opklim.

  9. 10

    Wipneus! said,

    Ek het jou mos gesê hy soek aandag. Hy hou seker daarvan dat vrouens agter HOM aan hardloop. By die drake werk dit seker andersom. Daar moet die vrouens agter die mans aan hardloop!! Hy het ‘n ogie op jou Son!

    Wel die drakie sal baie goed wees vir my figuur, miskien moet ek hom soms bietjie “baby-sit” vir jou. 😉

  10. 11

    boendoe said,

    Nou ja toe nou! Ek sal hom met liefde oorvat, solank Zee die kos voorsien. Ek het dringend bietjie oefening nodig!

  11. 12

    maxie said,

    Groen van jaloesie:mrgreen: Ons het baie slange maar wou nog altyd ‘n bearded dragon gehad het! Lekker hardloop!

  12. 13

    Edwinn said,

    hey die probleem is hule hou nie van die matte nie as jy kan gaan hoor by n diere winkel vir boom bas dit help met die verveling ,en jy moet dalk n grooter hok kry jy moet ok net voel hoe warm is die tenk .ek het 10 van hulle ek het die sele probleem gehaad hy eet net so veel want hy het nie n maaitie nie dit help as jy nog een kan kry

  13. 14

    Edwinn said,

    as hy so baie eet dan moet jy hom net so bietie minder krieke gee my 10 eet in n week 500 krieke jy weet nie dalk hoe om met krieke an te teel nie

  14. 15

    Anoniem said,

    Ons het ook al die krieke teel ding probeer maar sonder sukses. Ek het gaan oplees op die internet, en hulle reken mens noem die geklouter teen die glas ‘glas dancing’ Dis glo normaal – ek weet nie.

    Probleem wat ek het om nog een te kry en saam hom in te sit, is mens kan hulle nie sex as hulle klein is nie, so mens weet nie koop jy ‘n mannetjie of wyfie nie. Dan die ander ding is, koop ek volwasse wyfie, is ek nie seker of ek haar net saam hom kan insit nie? Sal hulle nie mekaar aanval of iets nie?

    En sy hok is groot. Dis volgens die petshop waar ons hom gekoop het regte grootte vir 2.

  15. 16

    Anoniem said,

    Hi Sonneblom, mag ek asb jou e pos adres kry, wil graag persoonlik met jou kontak maak maar nie waar almal die brief kan lees nie, gaan oor krieke. Groete, Elsa

  16. 18

    charlotte said,

    ek wil weet hoe ek met krieke kan teel

  17. 20

    Petro said,

    Goeiedag. Ons het ook n drakie en is nou ma so n maand oud. Hoe weet n mens dit is n mannetjie of wyfie? Ken nog nie al die moets en moenies ni, maar is beried om te leer. En weet iemand al hoe om met krieke te teel. Ons is sowat 60km af van n petshop af en moet bein ander plan maak om die krieke in die hande te kry.

  18. 21

    Ek wil graag krieke teel vir bearded dragon, maar weet nie hoe nie. Kan iemand help, asb?

  19. 22

    Anoniem said,

    Hi julle. n drakie kan jy eers op 6 maande sien of dit n mannetjie of n wyfie is. as hy swart onder die keel raak dan is dit n mannetjie. lekke dag verder.

  20. 23

    Elsie de beer said,

    Kan julle my ook asb laat weet hoe om met krieke te teel, my Frikkie kry elke dag omtrent 15 krieke, het hom geerf, en dit raak ‘n duur storie. Frikkie is nou omtrent 3 jaar oud, en soos ek gelees het, hy is swart onder die keel, so dis ‘n mannetjie, g’n wonder hy gaan le so plat as ek hom vryf, en gluur my man aan as hy net nader kom, sweer hy’s jaloers!

  21. 24

    Elsie de Beer said,

    Stuur asb vir my die program om met krieke te teel na : elsie.debeer@angloamerican.com thanks

  22. 25

    marie said,

    Ek het net so groot een! Myne het die selfde gedoen!!! Ek het tu besluit om di lig in di aand af te sit! Nu slaap hy te leker! Ek gee vir myne klein muise, krieke en dan het ek bearded dragon kos byi vee arts gekoop! Hule is mal da oor en bevat als wat ju dragon moet inkry!!! Str ju nommer dan bel ek jou!!! Eks ook baie erg vir my dragons! Ekt een kleintjie ook!!!!

  23. 26

    mynie said,

    sit hom bietjie in die son buite hulle is mal daaroor sit hom op die tuintafel hulle klim nie sommer net af nie hulle sal daar le en bak onthou nie te lank nie net so 10 minute.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: