Mens se denke kan ook maar soms die oorhand kry. Jy sal nooit werklik weet wat ‘n ander persoon dink nie. En soms is mens seker maar te oorentlik om iets te sê.
Gisteraand bestel ek vir ons 3 van die nuwe Debonairs tripple decker pizzas. Dis groot pizzas en ek weet daar sal oorbly vir vanoggend as die mense in my huis ontwaak. Ons is 4. Grootmense. 3 Pizzas is meer as genoeg. Normaalweg bestel ons 4-6 gewone pizzas. Daar bly altyd oor vir more oggend. En gewoonlik is ons 5 grootmense wat dan eet.
So gee ek vir Manlief ‘n pizza. Hy sit voor sy rekenaar en speel game. Ek sit voor die TV met een van die ander pizzas op my skoot en die kinders eet toe sommer saam my. Die 3de pizza word eenkant gesit. Manlief kom sit later by ons in die sitkamer. Met sy pizza. Hy eet en eet. Daar is 2 skyfies pizza oor in my boks. Ek sien Manlief kyk my boks aan, en vra toe of is ons pizzas dieselfde. Jip sê ek. Hy sit toe later sy pizza neer. Genoeg ge eet.
Vanoggend vra hy vir my hoeveel pizzas het ek gekoop. Ek sê toe 3. ‘Maar’ vra hy, ‘wat het die kinders dan ge eet?’ ‘Hulle het saam my ge eet’ sê ek. Ek kon nie glo die verligting wat op sy gesig opwelk nie. Hy het sowaar gedink ek het by myself een hele pizza so te sê self opge eet. En hy eet om by my te bly. Want hy eet mos gewoonlik meer as ek. En hy kon nie sy oë glo dat die kinders hulle eie pizzas ook al opge eet het nie. Hy dog daar is groot fout. Hoe kan hy dan nie byhou skielik nie?
Ek het begin lag, dat die trane loop vanoggend. Ek dink daai pizzas was dalk die deurbraak vir bietjie kommunikasie vir ons. Ons het sopas een of twee probleempies bespreek sonder om vinger te wys of weer op ons perdjies te spring. Ek hoop net ons kan nou aanhou gesels en eerlik wees en saam die dinge uitwerk. Daar is baie seer in altwee van ons. So tussen my hartseer raak ek kort kort aan die giggel oor hy probeer bybly het, en later moes opgee, want hy kon nie verstaan dat sy maag so skielik kon krimp nie…
o ja, voor ek heeltemal vergeet, hier is die fotos van my sonneblom. Bietjie verwoes deur die weer, maar sy het darem geblom.
In die begin van haar blom stadium
Nadat die wind haar beetgekry het
In volle glorie, amper 3 meter hoog. Dis so jammer sy het so seergekry met die weer saam, maar nou ja, sy het toe vir my geblom 😉
Lekker naweek
Liefde groete
Sonneblom
Wipneus! said,
+0000k302008bUTCSat, 07 Jun 2008 09:37:22 +0000 17, 2007 @ 3:02
Jy maak my dag met jou sonneblom goeie nuus.
Ek het sommer gelees, daardie was net so bietjie kommunikasie probleempies….. die liefde is te groot daar by julle en hoe sê hulle “Die liefde oorwin” alles!!!!
Son, koop nog pizza’s en hou ‘n eet kompetisie
Pikkelik said,
+0000k302008bUTCSat, 07 Jun 2008 09:49:59 +0000 17, 2007 @ 3:02
Sonneblom ek is so bly vir julle! En ek het so gehoop jou blom maak dit want dit het vir my half ‘n simbool geword!!! Heeeehaaaa! Ek dink jy is nou oor die hond se stert!
paulavdm said,
+0000k302008bUTCSun, 08 Jun 2008 15:12:56 +0000 17, 2007 @ 3:02
Baie waar, liefde oorwin alles!
Lekker dag!
boendoe said,
+0000k302008bUTCMon, 09 Jun 2008 08:54:38 +0000 17, 2007 @ 3:02
Ag, Sonnie, dit klink sommer of die spanning gebreek is. Ek is sooo bly. En jou sonneblom is baie spesiaal. Ietsie wat op aarde gesit is net vir jou.
Zee said,
+0000k302008bUTCMon, 09 Jun 2008 09:49:37 +0000 17, 2007 @ 3:02
Sonnie, dit is wonderlik om die nuus te hoor….
Jou sonneblommetjie is pragtig hoor, miskien net ‘n voorbeeld dat tyd en geloof alle storms oorwin.