Sarah

Ek lees nou van Kennedy se brein operasie wat hulle gedoen het om ‘n tumor te verwyder terwyl hy wakker of gedeeltelik wakker was. Baie interresant. Hy behoort darem nog 12 maande te leef. Ek lees toe ander berig van 2 mense wat se operasies omgeruil is. Die een moes gaan vir brein operasie en die ander moes gaan vir knie operasie. Die ou wie se knie geopereer is is toe dood, en die ou wie se brein geopereer is is baie krities. Wat my bring by my storie vandag.

Ons almal weet nou al hoe gehawend is ons land se staats mediese hulp en hospitale. Ek ken ‘n vrou. Was eens op ‘n tyd ‘n vriendin van my. Teen almal se waarskuwings het sy my vriendin gebly – tot sy na 5 jaar se vriendskap haar ware kleure teenoor my bewys het. Ek is een van daardie mense – fool me once en dis verby. Ek wag nie tot jy weer met my kan woer woer speel nie. Van tyd tot tyd oor die jare het ons mekaar raakgeloop en platonies gegroet en hoe gaan dit ens.

Sy is die soort vrou wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Die soort vrou wat onder die enjin van die kar inklim terwyl haar man in die passasiers kant bly sit. En dis die waarheid. Hulle bou houtspeelgoed. Vir baie jare al. Kon ook nerens werk kry nie en begin toe met dit. Hulle sorg vir hulself. Maak goed geldjies met dit. Saam die houtwerk kom al die gereedskap wat daarmee saam gaan. Sae en boormasjiene en skuurmasjiene ens.

So paar maande gelde hoor ons Sarah se hand het in die tafelsaag beland. Shame dis vreeslik en dit word daar gelos. Maandag toe Manlief vir meisiekind skool toe vat, kry hy hulle langs die pad en nooi hulle vir koffie. Ek was glad nie ingenome met dit nie. Ek het net nie lus vir kuiermense nie. Met alles wat aangaan in my eie lewe. Maar so gesê so gedaan, en hulle kom toe hier aan. Ek slaan toe nou nie ag op die hand nie. Om die waarheid te sê ek het al vergeet van dit.

Dit was nie lank nie of die hand duik op. Sy het regtig haar hand in daai masjien gehad. Voor wysvinger is weg! Middelvinger is erg krom. Ring vinger het skaars gevoel en die duim het ook hou weg. Sy vertel sy het omgekap voor die saag en met die toe beland haar vingers in die masjien. Hulle tel toe die af vinger op, sit op ys, draai die hand toe met iets en jaag deur Leratong Hospitaal toe. Daar draai die nurse (swart man) haar hand (in toe vuis posisie) toe met verband. Sy vra hom nogal wat maak hy, en die sê sy moenie worry nie. Ok sê sy, jy sal van my prokureer hoor. Eskom het seker daai dag iets goeds veroorsaak met hul load shedding. Alhoewel die hospitale backup genies het, werk die hysbakke nie as die krag af is nie. Sy moes ure lank daar sit en wag voordat hulle haar uiteindelik opneem.

Glo gee hulle jou ‘n drup en laat jou solank ‘slaap’ voordat hulle jou in die hysbak opvat operasie saal toe. Met die dat die hysbakke nie werk nie, moes sy trappe klim tot by die operasie saal. Ook maar goed so, want toe die nurse vra wat moet gedoen word – dis glo op die pienk armbandjie aan die arm geskryf – lees sy met skok – “amputation of right hand”!! Inderhaas moes die dinge toe baie vinnig verander word. Omdat sy so lank moes wag vir hulp, kon hulle toe nou nie die vinger weer terug werk nie. Hulle het ook geen moeite met die middelvinger gedoen nie – die rede vir die skewe vinger. Die ander vingers het net steke gekry.

Maar sien, Sarah is nie die soort mens wat alles sommer net aanvaar nie. Sy is spreekwoordelik ‘n kaksoeker (skies die afrikaans) Sy het intussen vir haar baie oulik prokureer gaan kry in Pretoria, wat haar na ‘n baie goeie spesialis gestuur het. En woeps waps – sy dagvaar nou Leratong vir malpractice. Die spesialis reken as hulle gou gemaak het kon hulle al haar vingers ten volle herstel het. En om te dink, sy het amper haar hand verloor.

Sarah is nou wel nie meer een van my pelle nie, maar in my hart hoop ek sy kry dit reg om haar saak te wen. Dit is bloot onaanvaarbaar dat ons mense in die land 6de graadse behandeling moet kry, terwyl ons dokters het wat weet wat hulle doen.

Moral of the storie – bly weg van staats hospitale!!! Mens weet nie wat amputeer hulle as jy daar instap nie.


Lekker naweek vir almal

Liefde groetetjies

Sonneblom

4 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Sonnie

    Ek het in die koerant gelees van ‘n ou tannie wat in Kalafong opgeneem is vir ‘n blindederm operasie, toe sy uitkom het hulle haar toon afgesit. Miskien weet jy daarvan want dit was groot nuus in Beeld.

    Haai ek sal hulle dagvaar, hoe moet jou voetjies nou in mooi sandale lyk met ‘n aftoon. Agv nalatigheid by gesê, ek gee nou nie om as hulle regtig my toon moet afsit nie, dan sal ek ‘n vals toon dra, ‘n boermeisie maak ‘n plan. 😆

    Ek is baie bang vir staats hospitale, hulle is agterlosig.
    Hulle stel nie meer belang om mense gesond te maak nie.
    Ek dink hulle is besig met mens-uitdunning daar.

    Maar kyk nou maar net wat het nou die dag met Rosalind gebeur, met daardie dikbek nurse. Ek kry nou nog die creeps as ek daaraan dink.

  2. 3

    maxie said,

    Sjoe dit maak mens bang. Ek hoop sy wen die saak!

  3. 4

    boendoe said,

    Sonnie, ek het in ‘n privaathospitaal gewerk. Sulke gevalle gebeur maar daar ook! Soos die oom wat kanker in sy een testikel gehad het, en toe verwyder hulle die ‘skoon’ een! Mens moet maar jou neus oral insteek – veral as dit iets is wat afgesny moet word!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: