Mental Meltdown

Ek is in ‘n plek in my lewe waar ek nie wil wees nie.  My interne oorlog met myself is oorverdowend hard.  Daar is skaars ‘n oomblik van die dag en nag waarin ek nie in konflik is met myself nie.  Dit borrel oor en almal loop deur.  My man die meeste.

Wat ek hier gaan skryf is seker die ding in my lewe waaroor ek eerlik die skaamste is.  Om dit in te hou maak my gek.  Maar ek moet dit uit kry.  Al is dit net op papier (blog)…..

So paar weke gelede het stres die oorhand oor my gekry.  Ek was in dood normale bui.  Met dood normaal bedoel ek onder omstandighede waaroor ek nie beheer het nie.  Soos ons besigheid.  Wat baie swaar trek al vir paar maande.  Vandat Manlief Rusland toe is.

Ek het gesit en advertensie blaaie deurkyk, en sien toe ‘n slaapkamerstel wat nogals mooi sal wees vir my meisiekind.  Wys dit vir Manlief, en hy besluit dit is nie nodig nie.  Vir een of ander rede raak ons toe in woordewisseling betrokke oor wat hy alles het en bla bla bla…..  Dit was nie gegil en skreeu nie.  Net meningsverskille.  Die volgende oomblik raak die stryery skielik meer intens.  Hy was besig met sy laptop, en se toe ek moet die ding uitprop, want hy gaan dit nou sommer verkoop.  Ek weier toe en sê hy moet ophou met sy strooi.  Ek is nie seker hoe en wat gebeur het nie, maar hy ruk skielik die kabels uit en vlieg op.  Die volgende oomblik weet ek nie wat ek doen nie, maar ek begin hom toe fisies aanrand.  Hy gryp my toe aan die nek en druk my vas op die bank.

Hy los my toe, en ek kry my sleutels en handsak en wou toe ry.  Hy gryp my sak en klim so ewe agter in die kar.  Waar hy toe verskriklik aan die huil gaan.  Hy voel toe sleg omdat hy my seergemaak het, en ek voel soos ‘n hond oor ek hom aangerand het, en ons gaan rustig en praat dinge uit. En alles is toe weer onder beheer.

Wat my die meeste gepla het, is dat my meisiekind dit alles moes aanskou.  Dit pla my nounog.  Maar van daardie dag af, is ek nie meer dieselfde nie.  Ek is kwaad.  Ek is kwaad vir my man omrede hy my gegryp het.  Ek is kwaad vir hom omrede hy nie opgehou het toe ek hom vra om kalm te raak nie.  Ek is kwaad omdat my kind dit moes sien gebeur.  Maar ek is die meeste kwaad vir myself, omdat ek toegelaat het dat my emosies hand uit geruk het.  My man sal nooit sy hande vir my lig nie.  Hoekom moes ek my hande vir hom lig?  Watse tipe mens is ek.  Hoe is dit moontlik dat mens in ‘n split sekonde alle beheer oor mens self kan verloor.  Dit maak my bang.  Wat is volgende?  Ek besef hoe maklik iemand kan moor.  Uit woede vir ‘n simpel rede.

Ek is besig om myself heeltemal te onttrek van alles af.  My huwelik is besig om skade te lei.  Hoe kon ek hier sit en my ogies dik huil van verlange na hom toe hy in Rusland was, maar nou wens ek hy wil terug gaan, sodat ek alleen kan wees.  Ek is tog per slot van sake baie lief vir hom.  En ek weet hy is baie lief vir my.  Ek voel vasgekeer in my eie misrabelheid.  Ek het ‘n mental meltdown.  Ek besef ek sal myself hieruit moet kry.  Die vraag is net hoe?

Jammer ek pak hier af.  Dit is of hier, of by ‘n staatsielkundige…….en daarvoor sien ek nie kans nie.

My sonneblom het geblom.  Die wind en weer het die arme blom al so verwoes.  Ek kyk gister na haar, en dink toe by myself….dis hoe ek op die stadium voel.  Verwoes.  Ek wil beslis nie my huwelik en die lewens van my kinders ook verwoes nie.  Ek sal myself somehow moet regruk.

Julle moet lekker daggie en naweek hê.

Liefde groetetjies

Sonneblom

10 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    ((((Sonnie))) ai ek het nie eintlik woorde nie… Stres is ‘n lelike ding en laat mens partykeer goed doen waaroor jy later bitter spyt is. Dit is jammer dat jou dogter dit moes aanskou maar ek weet met die regte woorde aan haar sal sy verstaan hoekom dit gebeur het.

    Baie sterkte vir julle altwee….

  2. 2

    Wipneus! said,

    (((Sonneblom))) dit gebeur in die beste van families. Sit dit agter jou. Vergewe jouself. Julle het mekaar darem nie bebloed agter gelaat nie😆
    Almal baklei, dis natuurlik jammer dat jou meisiekind dit gesien het, maar gesels met haar daaroor.

    Gaan sit julle en gesels lekker oor die storie…..dis maar net bietjie stres, wat nodig gehad het om êrens uit te loop.

    Sterkte vir julle
    Solank julle nog lief is vir mekaar is daar nie fout nie. 🙂

  3. 3

    Pikkelik said,

    (((Sonneblom))) ek is geen sielkundige nie, maar dit klink vir my doodnormaal… Skies, normaal. Julle was vir ‘n lang tyd ‘geskei’ nou moet julle weer leer om in ‘n huweliksverhouding saam te funksioneer… Jy het geleer om self oor die weg te kom en hy ook. Gee dit tyd, ontspan saam, gaan eet alleen by ‘n rustige plek. Leer mekaar weer ken!!! ‘n Mens verander so baie in die bestek van ‘n paar maande. Sterkte vir jou. 😉

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Dankie julle. Ek voel net ek is besig om dood te gaan hier. Ek wil nie so voel nie. Pikkelik, ons was maar 6 weke weg van mekaar. en dis maande gelede. Jy is dalk reg, al het ek baie gehuil en verlang en soms gedink my lewe kom tot stilstand, het ek moes vinnig leer om self oor die weg te kom. Manlief is nou heeldag by my in die kantoor, en ek dink ons werk op mekaar se senuwese. Volgende week sal hy weer heeldag uit wees met ‘n kontrak, kom dan net in die aand huis toe. Miskien kan ons dalk weer normaal raak.

    Wipneus, ja ons is lief vir mekaar. Altans ek hoop so, en nie dat ons dalk te gewoond geraak het aan mekaar nie. Ek voel net soms ek kan nie deurdring dat hy kan sien dinge is ernstig nie. Maar in dieselfde woorde moet ek erken dat ek baie hardegat is, en besig is om my af te sluit. Ek weet ek sal moet werk maak. Ek kan sien my man voel afgeskeep. En ek kan sien dit maak my kinders paniekerig.

    So ja, ek sal myself moet regruk. Ek sal my huwelik moet red, of uitstap en alleen oud word, want ek sien sowaar nie kans om ‘n ander man se strooi op te vreet nie. Dankie vir die raad. Hopelik is ek een van die dae weer normaaldenkend.

    Liefde groetetjies
    Sonneblom

  5. 5

    Wipneus! said,

    Dis dalk net die hormone 😆 Dit gebeur met my ook, man as ek so raak, is ek willer as die wildtuin….. (grappie)

    Ek is bly julle is nog lief vir mekaar, dan is daar altyd hoop. Jy moenie afsluit nie, praat dit uit. Maak oop jou hart, sing soos ‘n pappegaai, mans is snaakse goed, jy moet jou gevoelens vir hulle uitspel. Hulle is nie soos ons wat met een kyk dadelik hulle hele hart soos ‘n oop boek lees nie.

    Ons staan almal agter jou, jy sal hierdeur kom……

  6. 6

    Zee said,

    Sonnie, Wip is reg, jou moet dit uitpraat, moenie opkrop binne nie, want dan gaan jy later heeltemal explode!

    (((Sonneblommetjie)))

  7. 7

    sonneblomseplekkie said,

    Dankie julle…(((Drukkies))) Ek waardeer dit baie😉

  8. 8

    boendoe said,

    Ai, tog, ek is deesdae altyd laat! Sorry, maatjie!
    Luister, EK het al eenkeer ons slaapkamerdeur met ‘n byl afgekap! Moenie bekommer dat jy ‘n onbeheerste uitbarsting gehad het nie. Dit gebeur maar. Maar…ek dink tog jy moet met ‘n professional gaan praat. Jy klink vir my effe depressief?
    Jong, en finansies kan lol met ‘n mens se huwelik. Baie moeilik.
    Maar, Blompie, moenie nou weer wegraak nie. Kom praat HIER, ons luister, al is ons ‘raad’ soms loutere twak!

  9. 9

    krista said,

    Sterkte, ek weet dis nie maklik nie.

  10. 10

    Wipneus! said,

    Whahaha Boendoe is regtig gevaarlik met ‘n byl… ons moet koes.

    En sy is reg ons raad is partykeer sommer twak, maar ons moet jou opbeur, ons kan jou mos nie hartseer los nie. Ons wil hê jy moet lag.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: