My Sonneblom

So paar maande terug sien ek ‘n bossie buite my agterdeur.  Net toe ek die ding wou uitruk, sê my man vir my dis ‘n sonneblom.  En natuurlik los ek dit toe dadelik net daar.  Elke dag kyk ek hoe groei my sonneblom.  Die arme sonneblom moes ook alle soorte abuse deurmaak, van karre wat bo-oor haar ry tot die hond wat oor haar hardloop.

Die van julle wat al lank hier lees weet dat ek geen tuin het nie as gevolg van die gebouery hier.  Ek begeer ‘n grasperk en ‘n tuin wat ek kan nurse.  Langs die sonneblom is so piepklein stukkie van die fynste sagste gras wat begin groei het.  So ek vertroetel my blom en grassies vreeslik.  Ons het intussen weer aangegaan met pleisterwerk, en met dit kom werkers en sand ens.  Ek het hulle mooi gevra om nie oor die gras te ry met die kruiwaens nie en nie my sonneblom seer te maak nie.  Hulle het my mooi laat verstaan dit help nie ek vra hulle sulke goed nie, want hulle kan dit nie waarborg nie.  So, toe span ek dit toe.

En my sonneblom word groter en groter.  Haar stam is al meer as 2 meter hoog.  Elke dag kyk ek of het sy al ‘n kop gemaak.  Verlede week was dit verbitterlik koud hier by ons.  Die wind het skielig met stormsterkte begin waai, en my sonneblom het in die proses seergekry.  Omgeval.  My seun het in die koue en reen uitgegaan en my blom weer opgetel en haar gemaak staan met hulp van ‘n stok wat hy langs die stam ingekap het.  Die afgelope paar dae het die blare net meer en meer gehang.  My hart was so seer.  Ek gaan loer nou om te kyk of is daar nie dalk bietjie lewe nog oor nie.  En raai wat?  Sy het haar blare opgetel, en sy het begin kop maak.  Ek is so bly.  Ek glo nie sy gaan ‘n baie groot blom hê nadese nie.  Maar daar is hoop.  Ek sal ‘n foto van die blom kom plaas wanneer sy geblom het.

Dit maak seker nie saak hoeveel wind en storms mens moet deurmaak in die lewe nie, jy kan altyd weer opstaan en blom……………. Jy moet net kan wil….


Liefde Groetetjies

Sonneblom

12 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Man, dis nou ‘n dierbare storie! Ek wil nou nie my naam te veel vergat hier nie, maar ek dink jou sonneblompie kon jou liefde aanvoel. (Ja, ja, ek’s weird, ek weet!)

    Lekker naweek vir jou!

  2. 2

    Pikkelik said,

    Dis so ‘n inspirerende storie. En ek stem saam, opstaan en aangaan is waaroor die lewe gaan. Ek hoop uit my hart uit jou sonneblom oortref jou grootste verwagtings… Ek wag vir die foto!!

  3. 3

    Zee said,

    Jinne, dat jou ou sonneblommetjie al die “abuse” oorleef het. Wag vir die foto hoor!

    Dis so waar wat jy daar sê, ‘n mens kan altyd weer opstaan en aangaan, die wil moet net daar wees.

  4. 4

    Dellie said,

    Dis nou sommer inspirasie vir die dag. Baie nice, dankie. En ja, ons wag vir daai foto!😉

  5. 5

    netjane said,

    Nice storie! Ek hoop jou sonneblom blom ekstra mooi vir jou!

  6. 7

    Eendjie said,

    Watter eenvoudige, mooi storie, so aangrypend! Daai sonneblom groei nou sommer in my hart. Sal uitkyk vir die foto’s.

  7. 8

    Pikkelik said,

    Het net kom inloer om te hoor hoe gaan dit nou met Sonneblom?

  8. 9

    boendoe said,

    Kom, kom, jy raak nou net so useless soos ek! 😀

  9. 11

    Pragtige storie. Jy moet weer van die sade plant.

  10. 12

    boendoe said,

    Hey, ou Sonnie, dit was goed om weer bietjie van jou te hoor. Jong, kom braak al die gal uit jou sisteem. Jy weet mos ons het bree skouers. Moet net nie heeltemal wegraak nie.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: