Hi almal,

Ek was so bietjie uit aksie. Mentally uit aksie dit is, maar ek is weer stuk stuk terug. Kortlikse nuus brokkies –

Werk – julle moet my jammer kry asb😉 . ek moet die hele finansiele jaar se boeke oordoen vir ons besigheid. Die hele formaat hoe ek dit doen is nie vir die boekhouer enigsins van waarde nie, behalwe as sy dit moet self oordoen, en dan gaan ek hoes. So ek is druk besig.

Meisiekind – Die liefdes vriendskap tussen haar en die outjie in die kaap staan nog. Maar ai – skoonpa is soos ‘n groot pitsweer op ‘n baie sensitiewe plek. Dit is ‘n oorlog in wagting. Hy laat my soooo aan my eie skoonpa dink…..

Seun – Die geluk het hom lekker beetgehad verlede week. Verlede saterdag speel hy online casino. Met R50.00. Ewe skielik kom roep hy ons, heel spraakloos en se ons moet net gou kom kyk. Hy het R10.00 gespeel toe hy ‘n jackpot van R1200.00 wen. Ek het bygestaan en seker gemaak hy betaal dit uit.

Saterdagaand besluit hy en neef hulle gaan bietjie jol. Sondag oggend kom hy heel woes lykende uit sy kamer, loop na sy kar en soek soek na iets. Met navraag waarna hy soek, vertel hy kortaf sy selfoon het hy verloor. En dis sy foon wat hy gebruik vir die besigheid. Ons het die foon gebel, maar dit was af. Dinsdag moet ons plan maak om sy simkaart geswop te kry, en ons sal vir hom ander foon gee om intussen oor die weg te kom. Natuurlik is ons glad nie gelukkig met die knaap nie. Manlief bel vodacom om die nodige reelings te tref. Terwyl hy besig is met hulle, bel ek weer sy foon. En dit lui!! En lui…en lui… Manlief kry toe by vodacom informasie dat daar nog geen oproepe gemaak is van saterdagaand af nie. Ons stop toe maar eers net uitgaande oproepe. Ek bel die jolplek waar hulle was en vra of iemand dalk ‘n foon opgetel en ingehandig het – FAT CHANCE dat dit ooit sal gebeur. Ons stuur toe maar die mannetjie terug na die jolplek om self te gaan soek. Hy was skaars daar toe is daar stuk of 20 helpers besig om te help soek. Seun staan toe waar hy geparkeer het en rondkyk – en siedaar…daar lê sy foon op die gras. Niemand het oor hom gery of raakgesien nie. Groot verligting vir almal. Dink nie hy sal sommer weer sy foon verloor nie.

Ek en telkom – Kyk, as dit by telkom kom dan is ek altyd gereed vir ‘n geveg. So gebeur dit gister dat die internet skielik afgaan. Eerste dink waarna ek altyd kyk is of die cap opgebruik is en dan laai ek eers nuwe cap voor ek hulle bel. En so het ek toe gedoen, maar die net is af. Bel toe maar en die elektroniese stem deel my mee dat ek nommer 50ste op die waglys is. Ek sit toe neer en bel hulle tegniese afdeling, waarop (ek moet sê dis nogals ‘n goeie ding) hulle aanbied om terug te bel sodra ek nommer 1 in die lyn is. Ek maak toe so en sit die foon neer. ‘n Uur later lui die foon – TELKOM. Eerste wat ek vra is of daar fout is met telkom se internet. “No mam” Ok wel, ek het nuwe cap gelaai en ek kan nie die internet gebruik nie…en bla bla bla… Lig sy my mos toe in die cap wat ek ophet is ge-cap!! En daar verklaar ek oorlog teen telkom. Ek gil en skreeu en hou myself in om nie te vloek nie – dis nuwe cap wat ek uur terug gelaai het en nog niks van gebruik het nie…… Een woord oor die ander, en die “assistent” weet later nie meer wat om vir my te sê nie, behalwe dat ek ge-cap is. Ek gil vir haar Telkom steel my geld en ek soek refund en bla bla bla… Sy sê toe ek moet polisie toe gaan en saak maak van bandwidth theft. Maar intussen moet ek maar ander cap laai. Ek maak die girl kyk na al my caps – ek het 5. En net een is gecap. Die een wat ek ophet. Sal ek toe nou na meer as halfuur se geswets agterkom ek het die ge-capte cap weer gelaai. Ek het totaal soos ‘n doos gevoel. Ek kan dit nie anders beskryf nie. Ek het toe maar mooi vir die girltjie baie mooi omverskoning gevra. Sal my leer om te kyk wat ek doen in die vervolg.

nou ja, ek hoop julle het ‘n wonderlike week vorentoe.

Liefde groetetjies

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ja, Sonnie, ons het lanklaas gepraat. Skande. Mens moenie so kontak verloor nie, al hou ons persoonlike lewens ons besig.

    Ek het lekker gegiggel vir jou stories vandag. Lekker gelukkie wat jou seun getref het met die online casino. Watter een speel hy?

    En luister, ek was nou so lank buite aksie, vergewe my as ek jou ou nuus vra. Gaan jou man weer Rusland toe?

    Lekker dag verder!

  2. 2

    Dellie said,

    Dis lekker om weer ietsie van jou te hoor.

    Sjoe, maar jou seun was omtrent gelukkig om sy selfoon terug te kry! Dat iemand dit nie raakgery of opgetel het nie, is ‘n wonderwerk.

    Ek het ook al daai cap-ding oorgekom… mens voel omtrent dat die aarde jou moet insluk! Nou maak ek maar eers DUBBEL seker voordat ek iemand beginne uitk@k!😆

  3. 3

    Zee said,

    Watter online casino????????

    Jislaaik, hoe gelukkig kan n mens wees om jou cell terug te kry.

    OK Cap-ding?? bietjie blond hierso!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: