Midlife crisis

Mans en hulle sogenaamde midlife crisis…… Ek is nuuskierig.

Gister was ons by ‘n klient. Ons ken die vrou al jare lank. Haar man – werk net buiteland. Maak emmers vol geld. Is amper nooit by die huis nie. Mense is baie welaf. pragtige huis, twee kinders, paar honde, grend karre ens. Julle kry die prentjie.

Maar fantasy world het tot ‘n einde gekom. Die man het vir homself ‘n chinese meisie gevat. Hy is in sy laat 40’s. Dit alles glo oor die man se midlife crisis. Die chinees gee die man glo alles waarvan daar net in wille flieks geskryf word. Ek sidder om eers daaraan te dink. Glo word hulle van kleins af geleer hoe om mans te bederf en plesier te verskaf…….

Intussen sit the loving wife by die huis en maak kinders groot en verlang na haar man – wat beloof het om haar lief te he tot die dood hulle skei. Niksvermoedend en als. nou is hier twee dinge wat my laat wonder. Is dit moontlik vir enige man om getrou te bly aan sy vrou? Veral as jy so baie weg is van die huis af? En die ander ding is – hoe kry ‘n vrou dit reg om weer saam daardie man haar liefde te deel nadat hy so iets aan haar gedoen het. Dit het in die geval tog op skeisaak geloop…..

Kyk, ek is baie hard op die onderwerp. As ek moet uitvind my man het rondgeslaap – is hy uit. Die vrou sê vir my ek praat te gou. Ek sal anders reageer as so iets met my gebeur. Ja, my wêreld sal onder my voete uitgepluk word. Ja ek sal in depressie verval. Ja ek sal ook heel moontlik selfmoord en al daai derglike dinge oorweeg. En ja – ek sal so kwaad wees dat ek hom nie sal wil terug hê nie.

My vraag of punt is vir wat het sy dinges hom gepla? Nou wil sy vir my vertel ‘n vrou moet haar man op alle vlakke so bederf en bystaan want shame, midlife crisis is vreeslik vir die arme mans. Hulle kan glo nie verwerk om oud te word nie. Duh…geen vrou wil ook oud word nie!!! Maar gaan spring ons saam die eerste jong dingetjie in die bed daaroor? Van wanneer af is die vrou se rol om die man se vermaak te wees? Die ding het my baie woedend. Daar is glo geen medisyne vir mans nie. Vroue kan glo pille kry om die hormone te behandel, maar niks vir mans nie. En hoekom sal daar wees? Daar is dan baie vroue wat hulle sal uithelp.

As ‘n man eers rondgeslaap het sal hy dit aanhou doen. En dan wil ek ook net bysê – dieselfde geld – in my oë – vir ‘n vrou. Vir wat staan en trou jy as jy wil rondneuk!!! Hoekom maak jy kinders en gee vals hoop aan jou maat? Ek is jammer – die een is bitter pil vir my om te sluk. Ek is jammer as ek op enigiemand se tone trap hier vandag. As my Liefie wil rondneuk – is hy uit.

Ek sal hopelik oor die naweek kom vertel van meisiekind se kêrel wat vandag terug gaan kaap toe. Hier gaan baie trane loop in die huis vandag. Julle moet lekker daggie hê.

Liefdegroetetjies

Sonneblom

6 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ek dink jy weet hoe ek hieroor voel. Ek is baie sinies oor mans se getrouheid. Ja, mens kry mans wat regtig getrou bly, maar 80 % kan nie hul luste in toom hou nie. Ek sien dit daar by ons ook. Goeie, normale boereseuns wat nie hul hande van die village prozzies kan afhou nie. Dit maak my siek. Ek voel nes jy: as ek ooit moet uitvind my man het my verneuk (VERAL met een van daai slette) skop ek hom onder sy gat. Klaar!

  2. 2

    Sonneblom said,

    Hi Boendoe,

    Dis om van siek te word. Gin wonder so baie vroue vertrou nie hulle mans nie. Mens sal seker nooit weet nie ne? Dink ek moet ander onderwerp kies om oor te skryf…die topic maak my warm onder die kraag😉

    Groetetjies
    Sonneblom

  3. 3

    Wipneus! said,

    Ek voel ook soos julle, daar is maar min van die vertroue bestandeel uitgedeel toe ek gemaak is. “Midlife crisis” se dinges, my teddiebeer mag glad nie rondloop nie. Ek is nie tweedehands nie. Oor die saak voel ek baie sterk. Ek skop hom net met sy sokkies by die deur uit! Natuurlik sal mens sleg voel as so iets jou moet oorkom, maar ek glo respek vir jouself sal jou nie twee keer laat dink om die huwelik te hervat nie…..ek sien dit daagliks, daai pot het geval, hy is stukkend, hulle plak hom met super glue vas, maar hy is klaar gekraak! Die vrouens bly gewoonlik by die man omdat hulle, of nie ‘n ander heenkome het nie (dis hartseer) of omdat hulle nie wil swaarkry nie, verslaaf is aan die sekuriteitsgevoel???, uit gewoonte of roetine. Dan natuurlik liefde, maar is daar regtig liefde van sy kant as hy so iets aanvang?

  4. 4

    Pikkelik said,

    Ek voel ook soos julle, met een verskil, as my man rondneuk, trek ek net eenvoudig uit die kamer uit. Hy sal sorg dat hy saans tuis is, help met die kinders, en alles wat getroue mans doen! Dis nie my kinders se skuld as die pa jeuk nie, so sorry Sam as jy wil hoereer doen dit in werkstyd, of die duiwel haal jou! Miskien is ek naief, maar ek dink dis net te maklik vir mans om van hulle verantwoordelikheid weg te hardloop as ‘n nuwe poppie op die horison verskyn!

  5. 5

    applekie said,

    It takes a Mother’s Love
    to make a house a home,
    A place to be remembered,
    no matter where we roam.

    It takes a Mother’s Patience,
    to bring a child up right,
    And her Courage and her Cheerfulness
    to make a dark day bright.

    It takes a Mother’s Thoughtfulness
    to mend the heart’s deep “hurts,”
    And her Skill and her Endurance
    to mend little socks and shirts.

    It takes a Mother’s Kindness
    to forgive us when we err,
    To sympathize in trouble
    and bow her head in prayer.

    It takes a Mother’s Wisdom
    to recognize our needs
    And to give us reassurance
    by her loving words and deeds.

    It takes a Mother’s Endless Faith,
    her Confidence and Trust
    To guide us through the pitfalls
    of selfishness and lust.

    And that is why in all this world
    there could not be another
    Who could fulfill God’s purpose
    as completely as a MOTHER!

    Jou Dogter. Mwah

    ♥Applekie♥

  6. 6

    Roer said,

    Is dit moontlik vir enige man om getrou te bly aan sy vrou? Ja, natuurlik. Ek is ook maar bietjie van ‘n kwaaitjie as dit kom by hierdie goed en het ook nie simpatie nie, MAAR dis baie onregverdig om te veralgemeen en te se^ bv. 80% van alle mans. Hallo. Waar kry ons daardie ‘feite’? Daar is baie goeie en getroue mans daar buite en ek salueer hulle, want in vandag se wêreld waar elke 2de tydskrif of koerant in die naam van ‘kuns’ ‘n half naak vrou se foto publiseer, kan dit nie maklik wees om te fokus op wat belangrik is nie. Jou vrou, jou kinders, jou waardigheid. Vir my is dit inelkgval VER van NET mans wat so nou en dan ‘n ‘probleempie’ het. Vrouens word nie meer gestuit deur ‘n trouring nie. Dit flirt links en regs met GETROUDE mans. DIT ALS GESê weet ek ook nie of ek so maklik sal kan vergewe nie…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: