Hello hello…….

Hi julle,

malhuis.jpg


 Skies ek so lanklaas kom blog.   Is so bietjie aan die malhuis kant hier.  Probeer my mense kry om te werk…en dis ‘n mission en ‘n half.  Almal hier ploeter op sy eie trant aan.  En ek sit en probeer my sanity hou – wat moeilik is…..

Meisiekind se seuns vriend van die Kaap, het Saterdag oggend hier aangekom.  Dit was nou ‘n site.  Ons het hom gaan haal by die bushalte.  Meisiekind was by die huis.  Die 2 het mekaar net aangestaar…en so paar sekondes gevat voor hulle besef het hulle moet groet.  Mekaar drukkie gegee, en die res van die dag so kilometer van mekaar gesit.  Eers die volgende dag meer gemaklik in mekaar se geselskap gevoel.  

Ons het vir die outjie ‘n bed en ‘n kamer reggemaak vir die 3 weke wat hy hier is.  Ek het  my kantoor laat skuif, en die vertrekkie waar ek eers gewerk het, ingespan sodat meisiekind haar pc daar kan sit.  Ook hoekie reggemaak vir die vriend se pc….want – ek laat nie seuntjies toe in haar kamer nie.  Dit is nou dag 3 van die kuier, en nie sy of hy het al in hul kamers geslaap nie.  Hulle het die sitkamer banke ge annekseer.  Hy op die lang bank, en sy op die 2 sitplek bank.  Manlief is nie juis ingenome met die idee nie.  Ek kyk nog die kat uit die boom.

Hoe sal ek die knaap beskryf?….  Maer outjie.  Baie baie maer outjie.  Sterk persoonlikheid.  Dalk effe te sterk?  Of miskien voel hy maar net gemaklik, ek weet nie.  3 Dae is bietjie kort om ‘n volle opinie te maak.  My goeie vriend Gabriel sê ek het 7 dae nodig om te kan besluit of hou ek van die knaap.  So by dag 7 sal ek dalk ‘n opinie hê.  Hy is vir my so bietjie aan die stilsit kant….  Miskien moet ek hom aan die werk steek.  Time will tell. 

Nou, – ander storie – Die mense vir wie my Liefie gaan werk het in Rusland, soek my seun.  Die volgende kontrak is ook in Rusland.  Hulle sal hom aanstel as ‘n appie.  Geld is baie goed.  Die probleem is, seuna is baie hardegat.  Ek wil graag hê dat hy moet gaan.  Hulle wil hom heel moontlik permanent aanstel, so hy kan goeie toekoms vir homself maak.  Ons sal maar wag en sien wat gebeur.  Weet nie wanneer die volgende kontrak begin nie.  Dan – wil hulle moontlik vir Liefie Ghana toe stuur.  Of Irak!!!  En daar is die probleem.  As altwee my manne weg gaan, wie gaan ons besigheid doen?  Ek kan beslis nie hekmotors ens installeer nie.  Ek het vir Liefie gesê dan maak ek toe.  As ek net begin dink aan die idee dan kry ek angsaanvalle.  Moet ek waaragtig weer deur dieselfde hel gaan?  

Ek sal hier sit en die trane begin sommer self loop.  Dan sal hy my vra wat is fout?  Hy behoort mos te weet hoe ek voel.  Ek dink ek het dit duidelik gemaak dat ek nie wil hê hy moet weg werk nie.  Maar – soos voorheen, ek sal nie in sy pad staan nie.  As hy weer weggaan moet hy nie verbaas wees as hy wanneer hy terugkom op ander plek bly nie.  Ek sal oppak en by die see gaan bly :D  Maar ek wil nie spoke opjaag nie.  Sal nog eers sien wat gaan gebeur.

Nou ja, ek hoop julle almal het lekker paasnaweek gehad.  Hier was dit maar lekkerlui naweek.  Geniet die res van die week.  

Liefdegroetetjies

Sonneblom 

7 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    Wat ‘n naweek! Sterkte met Meisiekind se vriend, hou ons maar op hoogte. (Ek het baie tuinwerk as hy op jou nerwe begin werk!) Ek hoop en bid jou man gaan nerens heen nie. Dis nou mos nie ‘n lewe as hy doer ver in die vreemde sit nie! Sterkte

  2. 2

    Dellie said,

    Dit klink na ‘n wonderlike geleentheid vir jou seun. Maar op die ou end moet hy mos maar self besluit daaroor.

    Meisiekind se vriend klink nie te bad nie, steek hom bietjie in die werk en kyk hoe reageer hy dan!

    Ek hoop vir jou part dat jou liefie nie weer weg werk nie, ek weet dit was niks lekker vir jou sonder hom nie. Maar as hy wel doen, laat hy NOU al iemand begin oplei om die werk te doen. Dan kan jy mos maar net die kantoorwerk hanteer soos nou?

    Sterkte met al die groot besluite!

  3. 3

    boendoe said,

    Nee wat, maak toe die besigheid! Dan kan jy luilekker in SA sit en ontspan terwyl hy die bacon huistoe bring. Dink net: koffie saam met jou pelle, blogging, facials, shopping…die lysie hou net aan en aan!

  4. 4

    Genoa's_ex said,

    Hi Sonneblom

    Ek het gou vanoggend ‘n Google Search gedoen op die Perfect Weight Clinic en so toe op jou afgekom. Sê vir my – het julle toe volgehou daarmee? Hoeveel gewig het jy in totaal verloor en is jy nog op doelgewig? Ek wil graag aansluit, maar dit is darem ‘n hengse klomp geld om te betaal as jy net slaaiblare en sade kan eet – m.a.w. ‘n eetpatroon wat nie volhoubaar is nie. Ek sal graag wil hoor van jou oor hierdie storie.

  5. 5

    sonneblomseplekkie said,

    hI Genoa,

    Jong, ek moet vir jou eerstens sê ons het toe nie voort gegaan met daardie dieet clinic nie. Ek gaan nie die clinic sleg maak nie. Een van ons vriende doen goed met die clinic, maar dan moet ek ook bysê, hy eet reg. Mens moet 6 klein porsies kos per dag eet. Jou eerste ete (ontbyt) – probeer dit binne die eerste halfuur nadat jy wakker geword het eet. Dit skop jou metabolisme met tot 50% vinniger aan die gang. Dit is die heel belangrikste. 3 van die etes moet aangevul word met vrugte en groente. Eet ten minste 3 vrugte per dag. Dis die fout wat ons gemaak het, deur om nie reg te eet nie.

    My man was onlangs in Rusland vir 6 weke. Hy het sy etes (ook klein porsies) aangevul met vrugte, en hy het baie gewig verloor. Bygesê hulle het baie hard gewerk, so as ek jou kan raad gee, eet klein porsies(6) kos per dag, eet vrugte en groente, ek kry ‘n tipe van oefening in. Dan het jy nie pille nodig nie.

    Ek wil ook gou noem, ‘n vriendin van my was 2 jaar lank op die protien dieet, net om na 2 jaar te moes hoor al die protiene het haar niere en lewer skade aangedoen. Dis klein detail wat die mense wat die tipe goed vir jou gee om te doen, nie vir jou sê nie. Dan ook – bly weg van dieet koeldranke af. Aspertame wat in alle dieet koeldranke en suikers is, IS GIF. Dit doen jou liggaam baie meer skade as suiker.

    Het jy baie gewig om te verloor? Ek sal graag weer van jou wil hoor. Ek hoop die info help jou so bietjie. Die groot probleem met dieet middels – die dag as jy dit los, tel jy 2 keer die gewig op…..
    Sterkte, en dankie vir jou loer hier.
    Groetetjies
    Sonneblom

  6. 6

    Genoa's_ex said,

    Hi Sonneblom

    Baie dankie vir jou antwoord – jy het vir my baie geld gespaar! Ek twyfel glad nie dat so iets werk nie en ook boemerang nie (ek het dit al baie sien werk en soos jy sê, na ‘n paar maande is die gewig dubbeld terug). Ek het nogal verwag dit kan so iets wees (jy weet mos hoe ontwykend hierdie mense jou vrae beantwoord as jy navraag doen) en ek is altyd baie skepties oor sulke tipe diëte. Ek glo nie daarin om pille, inspuitings, shakes en sulke goed te gebruik nie – my gesonde verstand vertel vir my dat niemand met so iets kan volhou nie.

    Ek het nogal baie gewig om te verloor – seker so 25kg. Ek het egter ‘n hormoonprobleem, wat die oorsaak was van al die gewig optel in die eerste plek. So, ek glo ook glad nie in hormoonbehandeling nie, want dit is ook mos onnatuurlik. Net om jou ‘n idee te gee – ek het sommer oor ‘n naweek 3 kg opgetel terwyl ek met die hormoonpille besig was. Dit het my nie eers ‘n jaar geneem om 25 kg op te tel nie. Die dokter se reaksie – “dit is maar hoe dit werk!”

    Ek dink egter my groot probleem is dat ek te min eet. Ek het nou gister begin om 5 etes per dag te eet, in plaas van die 2 wat ek vroeër gehad het. Ek moet byvoeg dat ek werklik baie gesond eet, maar sukkel my dood om net ‘n gram af te skud. Ek het al by baie mense gehoor dat jy meer maaltye per dag moet eet, en dan kleiner porsies per ete. Ek gaan dit nou probeer en sien wat die resultaat is. Ek het ook nou by ‘n nuwe afdeling in ons maatskappy begin werk, waar ek heerlik trappe kan klim. Ek is seker dit sal ook help. Ek berei nog myself sielkundig voor vir hierdie trappe storie en beplan om op 1 April daarmee te begin. Daar is altesaam 10 vloere se trappe waarmee ek kan rondspeel soos ek lus het.

    Anyway, laat ek aangaan met my werk. Ek sal so nou en dan hier inval en vertel van my vordering – natuurlik op my eie manier, sonder al hierdie bomenslike elemente wat een of ander geldgierige dokter aan jou wil bekend stel. Is dit nie ironies hoe hulle jou altyd probeer wysmaak dat hulle metode absoluut veilig is nie, want jy word deur ‘n “dokter” gemonitor.

    Lekker werk en nogmaals dankie vir jou antwoord.

  7. 7

    Wipneus! said,

    Hi Sonneblom
    Ek het geglimlag oor die see storie, kan jy daai gesig indink as hy terug kom en sy huis is weg, sy kaia is nou ‘n huisie by die see!!
    Ek weet ook nie of ek sal kans sien vir so iets nie. Vee daai trane af, en geniet die naweek!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: