Fotos van Rusland

More more. Dinge gaan baie goed by my. Soos almal alreeds weet my Liefie is terug by die huis😀 Ek het lanklaas so baie geslaap. Dis asof ek wou opmaak vir al die verlore slaap. Ek gaan beslis nie dat hy weer gaan wegwerk nie. Tensy ek kan saamgaan.

Soos beloof hier is paar fotos van Rusland. Meeste is geneem in Samara. Paar vanuit die vliegtuig in Moscow. Kon nie alles opsit nie.

Hier is ‘n foto vanuit die vliegtuig van Moscow. Dit was nog met die soontoe gaan.

04022008007.jpg

05032008.jpg

Bo en onder is stukkies van Samara. Die foto is geneem vanuit die woonstel waar hulle gebly het. Geneem vanuit die 9de vloer.

06032008001.jpg

Onder is dieselfde plek as die een bo, maar terwyl dit sneeu.

10032008.jpg

Onder is hulle winkeltjies. Elke winkel verkoop net een soort produk bv brood produkte of koue vleis produkte. Jy staan buite en betaal deur die klein opening.

08032008049.jpg


08032008050.jpg

Die is hulle straatmarkies. Elke mensie verkoop sy goedjies.

08032008051.jpg


08032008055.jpg

Bo is die tannie by wieLiefie my matrioshka poppies gekoop het. Daar staan hulle nog – ongekoop. Sy verf alles self.

100_0307.jpg

Hier is my poppies. Die een heel agter is met ‘n tipe goue verf geverf. Die een het hy by ‘n ander winkeltjie gekoop.

100_0301.jpg

Hierdie is ‘n sjokolade wat ek nog nooit hier gesien het nie. Onder is die sjokolade onder. Warning girls…not for us… hehehe😀

100_0303.jpg

En hier onder is my bootse. Die duurste paar skoene wat ek al ooit besit het. En dis stunning. Boots is hoog mode in Rusland. Liefie sê al koop ek elke dag paar boots daar, sal ek nie elke paar hê wat daar te koop is nie.

100_0305.jpg

Nou ja…hier is so klein kykie na die Russiese se land en goodies. Maar die grootste geskenk is my Liefie. 😀

Vandag is dit back to work en back to normal. Het meetings aan vandag, so ek moet gaan klaarmaak. Dankie weereens vir al julle ondersteuning. Ek het dit baie waardeer.

Liefde groetetjies

Sonneblom

9 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hi Sonneblom,
    As ek na daai foto’s kyk, dan dink ek jou man is maar net te bly om terug te wees. Dit lyk maar troosteloos en depressing daar. Maar, hy het darem vir jou ‘n stunning paar boots saamgebring!
    Vreet julle mekaar nog op? 😛

  2. 2

    Zee said,

    Ek sou wat wou gee vir so n paar boots… laat my nou dink aan daardie liedjie “those boots are made for walking”, jy en Liefie gaan seker die stad plat loop met jou stunning boots!

    Dankie vir die foto’s, dis altyd lekker om ander lande so te sien.

    Geniet jou tydjie saam met jou Liefie.

  3. 3

    Dellie said,

    Cool boots!😎

    Ek is seker jy is BAIE bly dat hy terug is. Geniet hom, dit voel seker weer soos honeymoon?😳

  4. 4

    Zee said,

    Sjoe maar jy is stil nê!!

    ‘n Geseënde Paasfees vir jou en Liefie!

  5. 5

    Mooi die baboesha-poppies! Ek is bly vir jou dat manlief terug is.!

  6. 6

    Pikkelik said,

    Dis darem ‘n skoon plek daardie, wat is die storie met die sjokolade, bevat dit testosteroon of something dat vroue dit nie kan eet nie?….. Hehehe

  7. 7

    Pikkelik said,

    Ag skies man, ek’s bly jou liefie is terug, Lekker tyd opvang.

  8. 8

    boendoe said,

    Gaan jy nou nooit weer blog nie?? 🙄

  9. 9

    Dellie said,

    Hmmm… hol julle dalk erens kaalgat rond?😳 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: