Watter diertjie is jy???

SLAAN HIERONDER LANGS JOU VERJAARSDAG NA WATTER SOORT DIER JY IS.


Januarie 01 – 09 ~   Vlooi
Januarie 10 – 24 ~   Weeluis
Januarie 25 – 31 ~   Rooimier  


Februarie 01 – 05  ~  Vismot
Februarie 06 – 14 ~  
Muishond
Februarie 15 – 21 ~  
Jellievis
Februarie 22 – 28 ~  
Kakkerlak


Maart 01 – 12 ~   Bobbejaan
Maart 13 – 15 ~  
Rooimier
Maart 16 – 23 ~  
Weeluis
Maart 24 – 31 ~  
Vismot


April 01 – 03 ~  
Vlooi
April 04 – 14 ~  
Kakkerlak
April 15 – 26 ~  
Weeluis
April 27 – 30 ~  
Jellievis


Mei 01 – 13 ~   Weeluis
Mei 14 – 21 ~  
Muishond
Mei 22 – 31 ~  
Rooimier  


Junie 01 – 03 ~  
Weeluis
Junie 04 – 14 ~  
Jellievis
Junie 15 – 20 ~  
Vlooi
Junie 21 – 24 ~  
Bobbejaan
Junie 25 – 30 ~  
Vismot


Julie 01 – 09 ~  
Weeluis
Julie 10 – 15 ~  
Vlooi
Julie 16 – 26 ~   Muishond
Julie 27 – 31 ~   Vismot


Augustus 01 – 15 ~  
Bobbejaan
Augustus 16 – 25 ~  
Weeluis
Augustus 26 – 31 ~  
Jellievis 


September 01 –  14 ~ 
Muishond
September 15 – 27 ~  
Vismot
September 28 – 30 ~  
Vlooi


Oktober 01 – 15  ~  Bobbejaan
Oktober 16 – 27 ~  
Jellievis
Oktober 28 – 31 ~  
Kakkerlak


November 01 – 16  ~ Rooimier
November 17 – 30  ~
Vismot


Desember 01 – 16  ~ 
Vlooi
Desember 17 – 25 ~  
Bobbejaan
Desember 26 – 31 ~  
Muishond


Is jy ‘n
VLOOI, dan is jy ‘n regte toegewyde en aangename mens. Jou lojaliteit kan nooit juis in twyfel getrek word nie. Jy lieg nie eintlik baie nie en is selfs nogal eerlik en opreg wat jou houding teenoor jou werk betref. Jy hou van nie van ingewikkelde dinge nie en is heeltemal simpel, d.w.s. sonder kinkels en knope.  Jy is ‘n eenvoudige ou mens, baie nederig en plat op die aarde. Dit verklaar waarom jou vriende alewig om jou hang, jy sien. Jy’t so half ‘n goeie smaak vir klere en as jy nie die nuutste en gewildste modestront in jou klerekas het nie, raak jy sielsmismoedig. Jy is baie gewild en beslis van die kyk Noord-soort. Jy het ‘n paar uitgesoekte en waardige vriende wat almal dink dat die son uit hulle gatte uit skyn. 

 
Is jy ‘n
WEELUIS, dan is jy altyd besig om iewers kak aan te jaag.  Dis die ondeunde glinster in jou oë wat jou so oulik en aantreklik maak vir almal rondom jou.  Dis vreeslik baie pret om by of naby jou te wees.  G’n wonder dus dat mense jou geselskap opsoek en jou insluit by allerhande saamgekliekery nie.  Net jammer jy’s so liggeraak, ‘n regte blerrie kruidjie-roer-my nie. Mense moet tog SO dônners versigtig wees wat hulle vir jou sê.  As iemand net met woorde probéér speel, of ‘n onskuldige ou glipsie maak wanneer hulle met jóú praat, dan is die hel behoorlik los.  Arme mens met wie dít tog gebeur! 

 
Is jy ‘n
ROOIMIER, dan is jy, in teenstelling met wat jou naam veronderstel, nogal ‘n vredeliewende ou wesentjie. Jy doen jou bes om konflik te vermy en, eerder as om te baklei, hardloop jou gat af om weg te kom.  Jy’s ‘n mens vir die buitelewe en hou nie daarvan om vir lank in dieselfde plek te sit en poep ruik nie.  Jy is ‘n gebore leier en het die vermoë om op ‘n taktvolle wyse die samewerking van mense te verkry.  Jy hou van eer en populariteit en hou daarvan om in die gloed van ander mense se bewondering te staan en boude bak en sal summier jou siel daarvoor verkoop. Wees dus versigtig vir mense wat jou stertjie prys.  Hulle teer net op jou ydelheid.  O, tog! 

 
’n
VISMOT is vreeslik liefdevol en lieftallig; partykeer skugter, maar met ‘n innige passie vir gevatte sêgoed.  Soms verkies jy die stilte.  Jy hou daarvan om dinge te ondersoek, in diepte op sake in te gaan en ál die verdomde ou draadjies los te torring.  Tog is jy dikwels vergeetagtig!  Normaalweg is jy koelhoofdig, maar onder provokasie kan jy soos ‘n fokken klein vulkaan ontplof. Jy is ‘n bode van die mode en mense sien op na nou as ‘n rolmodel wanneer dit by modegiere kom.  Eintlik is jy maar ‘n mens wat so in die bondel rondploeter, maar jy hou nie daarvan om met vreemdelinge te praat nie. Mense voel gemaklik in jou geselskap.  Een ding is egter seker: jy kies jou vriende met groot sorg! 

 
’n
JELLIEVIS is só amper-volmaak dat sy poephol sukkel om te stink.  En jy het só ‘n goeie hart, ai!  Mense is alewig besig om in groepe te praat oor – en voorbeelde te noem van – jou bedagsaamheid.  Ook jý is ‘n heel vredige skepsel en sal nie eens iemand wat ooglopend verkeerd is, teëgaan nie.  Dis een van die redes waarom mense jou so smaak.  Jy praat nie sommer agter iemand se rug nie.  Mense hou van die manier waarop jy hulle hanteer. Jy kan net eenvoudig aanhou en áánhou met liefde gee.  Die beste daarvan is dat jy nooit iets in ruil verwag nie.  Daarvoor is jy net té vrygewig.  Maar die beste ding van jou en jou soort is dat julle altyd alles in ‘n praktiese lig sien.  Die seepbelle bars waar jý naby is! 


’n
MUISHOND laat God’s water oor God’s akker loop – môre is mos nog ‘n dag, a nee a!  Jy bly skynbaar altyd onaangetas deur omstandighede, hetsy vrolik of droewig; inteendeel, jy is iemand wat die vreugdevure aansteek oral waar gaan.  Jy is die leier van ‘n prettige peloton pêlle en het die vermoë om mense in tye van nood te vertroos en te onderskraag. Jy hou nie van gatkruipers nie en probeer skynheilige kreature soos die pes vermy.  Dié sulkes sou ook nooit as te nimmer jou guns kon wen nie. Desnieteenstaande enige vorige stellings tot die oënskynlike teendeel hierin gemaak, is jy ‘n baie metodiese en uiters georganiseerde werker.  Jy kan net nooit  oorrompel word deur ‘n chaos nie.  Jy kan enige kak uitsorteer. Pas net op vir een ding op:  mense soos jy raak maklik moedelooslik verlief. 

 
As jy ‘n
KAKKERLAK is, is jy ‘n misterieuse wese. Jy kan druk met gemak hanteer, sonder om hard te poep.  Jy kan enige gespanne situasie ontlont sonder om sélf die kluts kwyt te raak  Jy kan partykeer vreeslik blerrie suinig wees. Jy hou daarvan om in jou eie kliek te sit en skinder.  Jy is tog so gesteld op ordentlikheid en hou daarvan as alles uitwerk net soos jý dit wil hê – wat natuurlik nie altyd moontlik is nie, nè?  En dit is nou juis hieroor dat jy die verloorder is in sommige verhoudings.  Maar andersins hou jy tóg daarvan om mense te hulp te snel as hulle jou werklik nodig het. 

 
As jy ‘n
BOBBEJAAN is, is jy uiters ongeduldig en oordadig.  Dinge moet net skielik gebeur!  Maar aan die binnekant is jy maar redelik vlak en eenvoudig.  Jy hou daarvan as mense om jou draai.  Dit is in dié sin dat julle mense so eiesoortig is, want julle hou julself veilig van alle kante af.  As jou naam iewers in ‘n aanvegbare situasie te berde sou kom, dan raak jy behoorlik besimpeld van paniek  As jy moeilikheid sien kom, dan kom jou sesde sintuig soos blits in rat.  Derhalwe tref jy vroegtydig alle moontlike voorsorgmaatreëls om jouself teen slaggate te beskerm. En om alles te kroon, is julle ouens ‘n totaal materialistiese klomp bliksems! 

6 Responses so far »

  1. 1

    Lekker lag ek nou. Ek sal maar liewers nie sê watter een ek is nie, want ek is effe verleë.

  2. 2

    Gabriel said,

    Toema… ek ruik iets slegs…. noggal nie te slegte beskrywings daai nie.

  3. 3

    sonkind said,

    Vismot – maar alles pas nie helemaal nie!😆

  4. 6

    boendoe said,

    Jellievis…goeie beskrywing!

    Moet nou nie vergeet om ons ‘n goeie, deeglike update te gee nie, ne!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: