Taxi drywer

taxi-drywer.jpg

Jy sit vasgekeer in ‘n vreemde land. Waar niemand jou taal praat nie. Waar niemand eers engels praat of kan praat nie. Jy is uitgelewer aan ‘n taxi drywer. Wat net sy eie taal kan Jou vlugkaartjie is via internet geboek. Jy kan hom nie print nie, want jy het geen internet of printer nie. Jy ry saam die taxi drywer na die lughawe om jou kaartjie te kry. Hulle kan dit ook nie print nie. Hulle kan ook nie jou taal of engels praat nie. Jy moet hengse klomp geld uithaal vir die eerste kaartjie. Dis al wat hulle jou gee. Daar is in totaal 3 kaartjies. Nogsteeds in die bekwame hande van die taxi drywer, soek jy blindelings na ‘n internet kaffee. By die tyd het jy omtrent niks geld oor nie. Jy weet jy is in die moeilikheid. Jy weet jy is op jou eie. Jy is moeg en gatvol gesukkel. Jy wil huis toe kom. Jy bel die man in charge in ‘n laaste poging om iemand te kry met ‘n email adres en ‘n printer sodat die jou kaartjie vir jou kan print. Die e-ticket. Want niemand by die lughawe kan dit doen nie. Die tyd raak min. Jy moet die 2 uur lange pad saam die bekwame taxi drywer terugsit woonstel toe. Jy moet geld iewers in die hande kry. Jy moet more oggend vroeg weer dieselfde 2 ure lange rit aanpak terug na dieselfde lughawe toe. Jy moet more vlieg. Dinge lyk nie goed nie. Die man in beheer gee niks om oor jou probleem nie. Hy slaap lekker vanaand, en more aand….. Hy het ten minste ‘n tolk wat hom sal help. Hy het ten minste iemand daar met internet en ‘n printer. Hy het ten minste genoeg geld om huis toe te kom. Jou enigste kommunikasie punt is jou vrou wat 10 000km ver is. En sy kan nie help nie. Sy het internet en ‘n printer. Maar wat help dit? Haar hande is ook afgekap. Al genade is dat die man in charge sy vinger uit sy gat gaan trek en jou help. Dit en Genade van Bo. Bid is dalk die oplossing. Ten minste kan God jou taal verstaan. En Hy weet jy wil by die huis kom. Jy kry die man in charge uiteindelik in die hande. Hy vertel jou hy het die e-ticket geprint. Hy sal dit vanaand vir jou stuur. En genoeg geld om die penalties te betaal. Nou wonder jy, of gaan jy jou kaartjie kry vanaand. Jy klim terug in die taxi en begin die 2 ure terugtog woonstel toe. En jy wonder hoekom moes jy nou deur die hele dag se drama en frustrasie gaan as die man in charge jou kaartjie lankal vir jou kon stuur. Was hy blatant net moedswillig? Was dit sy manier vir ‘n siek grap? Jy kan nie help om bekommerd te wees oor die terug vlugte wat jy more moet aanpak nie. Gaan die kaartjies reg wees. Gaan daar iemand wees om te help as dit nie is nie. Of gaan die bekwame taxi drywer jou dalk weer bystaan? Al waaraan jy nou kan dink is om terug te kom by jou eie huis. Jou comfort zone. Jou geliefdes.

Sonneblom

21 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Siestog, dit klink baie erg. Is dit waardeur manlief moes gaan? Klink darem of ons in Angola beter behandel word. En ek dog Rusland, gerun deur witmense, behoort stukke beter te wees.

  2. 2

    Sonneblom said,

    Hi Boendoe,

    Dis waardeur my man nou moet gaan….Ek hoop van harte net alles verloop vlot more as hy moet vlieg. Ek wonder ek enigsins more aand sal kan slaap……

    Groetetjies
    Sonneblom

  3. 5

    Sonneblom said,

    Dankie my eie Engel Gabriel…..

  4. 6

    rb said,

    Ai Sonneblom, alles is darem amper verby.
    Dankie dat jy die afgelope tyd met ons kon deel. Nog net die laaste paar minute (of is dit sekondes wat jy tel) en dan is manlief hier.
    Geniet dit!!
    Sterkte vir die laaste vlug.
    (Ek hoop jy rand hom sommer aan as hy weer so iets beplan!)

  5. 7

    Sonneblom said,

    Net gou kom update…..Liefie is oppad Samara lughawe toe. Hy het toe sy kaartjie gekry. Nog 24 uur hopelik as alles goed verloop, dan is my Liefie weer in my arms. Gaan stresvolle daggie wees. Dankie vir al julle moed inpraat. Ek waardeer dit baie baie 😉
    Liefde groetetjies
    Sonneblom

  6. 8

    Zee said,

    Ekke besig, nog nie eers dag 36 gelees nie, kom weer later loer!

  7. 9

    boendoe said,

    Nee, man, moenie stress nie! As hy sy kaartjie gekry het, is die Kaap mos Hollands! Vat nou jou beauty sleep vandag, gaan weer vir ‘n ‘knippie en blasie’ en sommer ‘n facial ook! Jy moet op jou beste lyk as die man van die aerie afklim!

  8. 10

    boendoe said,

    O ja, en onthou, moet nog nie jou maskara afhuil as jy hom sien nie! Daar is niks wat ‘n man so gou weer op ‘n vliegtuig laat klim as ‘n vrou met swart wange nie! 😛

  9. 11

    Sonneblom said,

    *mental note* = onthou tog om waterproof maskara aan te sit…. 😀

  10. 12

    Zee said,

    Sjoe Liefie is omtrent deur diep waters. Ek is bly hy het sy E-ticket gekry. Brainwave – Zee gaan by die lughawe wag vir die vlug van Rusland af om die weersiens vas te vang op film. Hoe laat kom hy? 😆
    Moet ons nou darem nie vergeet nie hoor!! Ons wil weet wat doen julle in die “week” 😉

  11. 13

    Sonneblom said,

    Die saak is reg Zee, solank ek ‘n copy van daai video kan kry 😀

    Hy het darem sy eerste vlug gemaak…is oppad Moscow toe… dis nou ure se aftel…nie meer dae nie

    🙂 🙂 🙂 🙂 🙂

  12. 14

    Sonneblom said,

    UPDATE:

    Liefie het geland in Moscow. Eerste been van die terugtog is verby. Hoop nou net alles gaan goed met die inboek en kaartjies ens.

    Nog 20 uur – as alles goed verloop – wat ek hoop en vertrou die geval sal wees.

    Groetetjies
    Sonneblom

  13. 15

    Dellie said,

    Nog net bietjie meer as 16 ure oor… ek is skoon opgewonde vir jou part, ten spyte van al die dramas! Dink net, oor ‘n paar uur kan hy jou toevou in ‘n velcro drukkie… hoe lekker! 😉

  14. 16

    boendoe said,

    A nee, Dellie, sulke stuitighede pas mos nie by ons middeljarige dames nie!! 🙄 (ek moet bietjie van die ander smileys ook probeer onthou!)

    Hoeveel bene het sy trippie, Sonnie?

  15. 17

    Sonneblom said,

    UPDATE:

    Liefie board nou sy volgende vlug uit Rusland uit na Istanbul. Hulle vlieg seker oor o 10 minute. Dis dalk die laaste keer wat ek van hom hoor voor hy land op JHB. So die volgende paar uur gaan laaaaank wees.

    Dellie, hy kan my maar toevou met enige iets as hy wil 😀 😀

    Boendoe….middeljarig???.. lol ek voel soos ‘n tiener 😀 😉

    Nog 2 bene oor…. koebaai Rusland!!!

  16. 18

    Dellie said,

    Heit Boendoe, jy kan mos nou nie ons “middeljarige” dames laag vat nie hoor, ons gryp nog ‘n ding aan die horings en ry hom bloots! 😆

    Enjoy, Sonnie, dis nie meer lank nie…

  17. 19

    Sonneblom said,

    Vlug was met 1 uur vertraag….hoop hy maak dit betyds vir die change over flight….anders crack ek…hou duime vas…..

  18. 20

    Dellie said,

    Ek sit saam met jou op hete kole… mag allles goed afloop!

  19. 21

    boendoe said,

    Hou ons tog op hoogte, Sonnie! Maar ek weet, vandag is die dag…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Dellie Kanselleer antwoord