Notas Dag 36

36.jpg


Hi almal,

Op hierdie stadium is ek gestrip en gestroop van elke liewe emosie in die boek. Ek is moeg, uitgemergel, oorstres, emosioneel en chemies onstabiel. 39Dae en 39 nagte se suffering. Trane , woede, moedeloosheid, panic attacks…… EN DIS ALLES AMPER OP ‘N EINDE😀

happy-spungebob2.jpg


JIPPIE MY LIEFIE IS OPPAD TERUG!! ( Die rede is ‘n verhaal vir ‘n ander dag) Hy land donderdagoggend. Dan is my gesanik hier op ‘n einde. Julle sal nie glo hoe voel ek nie. Dis asof hierdie volgende 2 dae (moenie vandag vergeet nie) so langdradig is. Ek is so opgewonde. Onbeskryflik.

happy.jpg


Liefie het vir my boots gekoop in Rusland. Die duurste skoene wat ek ooit sal besit. Hy sê as jy elke dag een paar boots koop daar sal jy nie al die verskillende boots besit as die jaar ophou nie. Dis groot mode daar. En ek is so mal oor boots. Hy vertel vir my hulle het daar so ‘n soort van vlooimark. Dis 3 vloere hoog. En op elke vloer is daar ongeveer 60 stalletjies. Elke 2de of 3de stalletjie is ‘n boots stalletjie, en nie 2 van hulle verkoop dieselfde boots nie. Ek sal vir julle fotos kom wys. O ja, en ek kry my matrioshka poppies. Maar meeste belangrik…ek kry my liefie terug. Ek sal eers volgende week weer begin met nuwe postings. (for obvious reasons😀 ) My notas is vir eers klaar. Volgende week sal ek vir julle kom wys hoe lyk dit in Rusland. Of altans die stukkie van Samara.

mountain.jpg

Daar lê nog paar ander bergies voor die maand om oor te steek. Die mannetjie van die kaap kom mos hierheen vir die vakansie. Gelukkig is Liefie dan terug. So ek kan so klein bietjie ontspan. Liefie kan weer die leisels by my oorvat met die besigheid. En hopelik het ek nie te veel droog gemaak nie. So dis harde werk en nie heeltemal net relax nie. Sou baie graag wou weggaan vir paar dae, maar ek twyfel of dit enigsins sal gebeur. Solank ek my ander helfde langs my het, is die kaap weer hollands.

O ja, Boendoe, wou nog sê van Gabriel…moenie komkommer nie😉 hy is net ‘n goeie vriend, en sal nie in Liefie se slaai krap nie😀 Wou jou net gou kom gerus stel…hehehe

Julle moet ‘n lekker lekker daggie hê…en sommer vir die volgende paar dae…. Ek sal kom inloer. Ek wil net vir almal wat hier kom lees het die afgelope 6 weke, baie dankie vir al die moed inpraat. Julle het almal ‘n groot deel aan my survival bygedra. (((((al my blog maatjies)))) Dankie.

hug1.jpg

Liefde groetetjies

Sonneblom

sonneblom-41.jpg

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    WAT VERTEL JY MY!!!! Ek is soooooooooo bly vir jou, jong! Ek kan my voorstel jy is uit jou nate! En die die storie oor hoekom hy so gou terugkom, klink na ‘n storie wat jy net moet deel!
    Sjoe, ek is nou regtig opgewonde vir jou part. Nou is dit rerig, erig min dae. Nie meer dae tel nie, maar ure. Lekker gevoel!

  2. 2

    Dellie said,

    Ek kan sommer aanvoel dat jy beter voel! Ek is baie bly vir jou dat jou Liefie terugkom. Enjoy!😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: