Notas Dag 33

33.jpg

Nou ja, die tyd stap aan. Stadig maar darem. Gister was een van die aakligste dae sover. By 10 uur gisteroggend kon ek die stres eenvoudig nie meer hanteer nie. Ek het hier gesit en huil soos ‘n baba. En elke keer as die foon lui, die trane afgeknip en my pose gehou vir daardie rukkie, en dan weer losgebars.

Ons is trots op ons werk. Goeie werk is vir ons baie belangrik. Dit vat mens baie lank om naam te maak vir jou besigheid. En dit kan in ‘n split sekonde inmekaar tuimel. Die ergste is as dit nie eers jou eie toedoen is nie. Hier is een van die dinge wat gister gebeur het. Normaalweg moet mens dit maar kalmpies hanteer, maar ek het op ‘n punt gekom waar ek net ineen gestort het gister. En nie spesifiek oor die gebeurtenis nie, maar sameloop van dinge.

Ons grootste verskaffer is my man se broer. Ons het toerusting by hom aangekoop vir ‘n klient. Dit gaan installeer. Die goed het gewerk en my seun hulle is toe daar weg. Ek invoice soos normaalweg en stuur dit aan. Bel die klient en deel ons mee dat die goed nie reg werk nie. Ek sê vir hom ek sal gou uitvind wat kan fout wees en hom terug skakel. Bel my seun en verduidelik dat die klient se goed nie werk nie, waarop hy heel geirreteerd raak met my en my inlig dit is die toerusting wat hy gekoop het vanaf my swaer wat dan nie reg is nie. Nou – die spesifieke ding kos die klietnt net oor die R2000.00. Ek bel my verskaffer, en hy het toe nou mooitjies nie ‘n saak met my nie. Sy woorde gemik op my seun “ek voel dan maar jammer vir hom”. Dit het my oorboord laat moer. Die klient gaan beslis nie weer R2000.00 uithaal vir die ding nie, en ons moet ons naam hooghou, so met die gevolg is, ons gaan verlies ly op daardie projek van meer as R2000.00, want ons moet terug gaan soontoe gratis en verniet en die goed vervang.

Ek het 14 miljoen verskillende gemengde gevoelens gehad. Van woede oor my man my hier gelos het om die besigheid te hanteer, tot ek klim in my kar en hou net aan ry en kom nie weer terug nie. Pryse van al die toerusting is op. Seun kom by klient en die soek kwitasie. Seun – brightspark – gee toe sommer vir die klient pryse, bel my en sê ek moet quote doen en mail, en ek doen so. Bel een upset klient my en vertel dis dan nie die prys wat hy gekry het nie! Dis R1000.00 meer! Seun het ons so underquote, dis nie eers snaaks nie. Hy wil sommer goed aan die man verkoop vir minder as wat ek dit voor aankoop! Ag Vader, ek kon toe net nie meer nie. Ek my Liefie mooi vertel, ek kan nie meer al die balle in die lug hou nie. Hy moenie eers daaraan dink om weer weg te werk nie.

Ek sukkel met ons versekering. het eers versekering gehad by dial direct. Toe kry ons vir budget in. 1st for woman gee ons toe ‘n baie beter deal, en die ander versekerings word gekansalleer. Of….so het ons gedink. Nou moet ek my geld uit die verdomde goed terug kry. Ek het in totaal die maand R3600.00 betaal vir versekering. En ek sukkel om gerefund te word. Hulle maak net beloftes en gooi my met mooi stories. Vandag is dit weer ek en hulle. Op die stadium van die geveg voel dit ek moet net baklei en baklei om kop bo water te probeer hou. Manlief beter terugkom. Ek is op.

Nou ja, hierdie was nou een moewiese klaag brief. Ek hoop en bid dinge sal vandag beter verloop. Ek slaap baie sleg. Gisteraand sommer ‘n trippel skoon whiskey gedrink met die hoop dat ek lekker sal slaap. Ek het darem bietjie meer rus gekry. Dink ek kort nog so 12 jaar se slaap. Gabriel hou my darem in die aande so bietjie geselskap. Nou wel oor die net, maar dis darem ‘n ontsnappings punt vir my op die stadium. Dierbare jong man. Gisteraand sê hy vir my, ‘Blom, dinge sal uitwerk, just keep the faith, jy sal sien’ Eendag vertel ek julle meer van hom😉

Julle moet ‘n lekker dag hê, en ‘n wonderlike naweek.

Liefde groetetjies

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ek vergewe jou vir gister se stilswye! Dit was ‘n k@k dag, kan ek sien.
    Gooi maar nog ‘n tripple vanaand, en nog een. Darem 48 uur se slaap wat voorle!
    Jy moet nou net nie te lekker kuier met engel Gabriel nie, ne! Pappa is een van die dae terug, en hy gaat ‘n duiwel wees as daar anner manne in sy salad krap! 😛
    Ag, ou Sonnie, ek spot sommer. Probeer maar die blink kant bo hou. Klap vir seun af en toe wakker en vat die kliente vas. En kyk na jouself. x

  2. 2

    Zee said,

    Sonneblom, as die assuransie met jou sukkel gaan net na die ombudsman toe. Hulle sal hulle gou gou uitsort!
    Ai, maar jy het ‘n hectic dag gehad. Hoop dis darem bietjie beter vandag.🙂
    Sien uit om van Gabriel te hoor!

  3. 3

    boendoe said,

    Ahoy! Trek ons nie vandag by Dag 36 nie?

  4. 4

    Zee said,

    Boendoe, dalk het Liefie “Unexpectedly” huis toe gekom!!😉

  5. 5

    whisky said,

    You actually make it seem so easy with your presentation but I find this topic to be really something that I think
    I would never understand. It seems too complex and extremely broad for me.
    I’m looking forward for your next post, I will try to get the hang of it!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: