Notas Dag 29

grumpy.jpg


Gemoedere loop hoog in die woonstel.  Ek het gedink dat dit net ons girls is wat geirreteerd kan raak met mekaar.  Sien die manne is ook maar net mens.  Mens kan seker verstaan dat as jy 24 uur per dag in die selfde ‘space’ is as iemand anders, jy tog maar issues kan opbou.  Hulle baklei nie of enige so iets nie, maar die ‘tension’ is daar.  Ek kan maar net hoop dat hulle gou genoeg sal klaarkry voor daar dalk ‘n bom ontplof.

Liefie het sy laptop toe gekry.  Bagasie was mos weg, en hulle het dit toe die volgende dag opgespoor.  Hy het vir hom die een of ander internet kaart afere gaan koop.  Probleem, nou sukkel hy om die laptop op die net te connect.  Alles is mos Russies, en geen normale mens kan verstaan wat daarop staan nie.  Dit was die groot frustrasie die naweek.  Ek is geen IT boffen nie, maar ek het probeer help van die kant af. (Wil nie eers sien wat die foon rekening gaan wees nie )  Toe nou maar 9uur gisteraand moed opgegee.  

Liefie het toe maar probeer om die fotos wat hy op sy foon het af te laai……met geen sukses, want die laptop soek die foon se sagteware.  Wat natuurlik nie daar is nie, en kan dit ook nie van die net aflaai nie….logies ne…  Voel ek kompleet soos tant Stienie….”hoekom moet ek so suffer”🙂

Die naweek het Meisiekind se ‘vriend’ van die kaap, se pa en ek toe nou besluit ons sal die kind se buskaartjie koop vir die April vakansie.  Ons het die kostes gedeel wat R414.00 elk was.  Wel ek hoop dinge werk reg uit.  Altwee van hulle is baie in hul noppies.  Hier was ook groot drama met die 2 die naweek.  Ek kan mos nie my mond hou nie.  Donderdagaand 12 uur gaan klim ek in die bed.  Meisiekind slaap by my – ek moet mos iemand hê wat my oppas (volgens my kind).  Hier lê sy soet en slaap – met haar selfoon in die hand, nogsteeds oop op mxit.  Ek kry haar wakker gemaak om dit af te sit.  Ek gaan toe op my foon in op mxit om te kyk of die lat nog op is.  Hy is toe, en ek groet hom, met geen reply nie.  Toe weet ek sommer die kind het ook met sy foon aan die slaap geraak.

Volgende oggend dink ek dit mos goed om sy pa te nader, en net die een of ander reel te bewerkstellig oor tye met mxit.  In die week moet hulle mos rus kry vir skool, sien.  Ag vader!, daar druk ek toe die lat se gat mooi in die moeilikheid.  Nadat sy pa my belowe het om nie ‘n scene te maak nie, gaan hy toe en vertel die kind moet mxit delete.  Meisiekind se hartjie toe baie seer, en sy delete dit ook toe.  WOW!  Die seun is baie gehoorsaam.  En hy respekteer sy pa se reels met ‘n passie.  Raak glad nie rebels oor die normale tienergeite nie.  En toe ek meisiekind vertel ek wou nie moeilikheid maak nie en haar verduidelik wat my plan was, sê sy so ewe – dis reg, jy is my ma en ek moet ook luister.  Kon nie glo wat ek hoor nie. 

Nou, Boendoe, jy het gevra wie is Gabriel.  Wel, dis ‘n kennis van my.  Baie jong man, met ‘n pragtige talent vir skryf.  Ek was bevoorreg om die laaste tyd van sy gedigte en kort stories te kon lees.  Hy is nou besig om ‘n boek te skryf, en ek het stukke van daai boek gekry om te proeflees.  Dis is natuurlik vir my ‘n groot eer, en ek moet sê sy werk is goed.  Ek het hom gevra of ek een van sy gedigte kan post, toe gee hy vir my toestemming om 2 te plaas.  Ons het natuurlik ‘n meningsverskil oor watter gedig die mooiste is, en dis hoekom ek toe besluit het ek hou ‘n vote met dit.  So ek vra weer vir almal om asb ‘n comment te los by Gabriel se Gedigte.  

Nou ja, nuwe week, nuwe uitdagings.  Ek moet net nuwe moed kry die week.  Dalk as alles goed gaan kom my Liefie oor 4 of 5 weke huis toe.  Vertel so ewe vir my die volgende kontrak is in Iraq.  Daar is nie ‘n manier in hierdie leeftyd wat ek dit gaan toelaat nie.  Ek gaan my voet neersit met die een.  Ek is opgestres oor Rusland, wat gaan gebeur met Iraq?  I don’t think so, thank you!!

Julle moet ‘n wonderlike week hê.  Baie sonskyn en baie voorspoed vir almal.

Liefde groetetjies

Sonneblom 

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    More Sonnie,
    Jy klink ‘n bietjie brighter vandag?
    Die mans gaan mekaar nog hap, maar anders as ons vrouens, sort hulle dit gewoonlik gou weer uit!
    Praat jou man nie dalk van IIRAN nie? Ek weet hulle werk daar ook. En ek het twee pelle daar. Dink dit sal beter as Rusland wees!
    Sal bietjie Gabriel onder oe gaan neem.
    Jy moet ‘n lekker, lekker dag he, gehoor!
    NS Wat is nuus oor Jan?

  2. 2

    Dellie said,

    Dit lyk my die kuiertjie gaan goed afloop. Met so ‘n voorbeeldige seun, kan dit mos net goedgaan.

    Ja, ek stem saam Boendoe, die manne sort mekaar mos sommer vinnig uit. Raak nie katterig soos ons girls nie! Ai, ek hoop hy kry die internet konneksie reg! Jy vreet seker die skerm op as jy hom kan sien.

    Sal ook bietjie vir Gabriel gaan lees. Leka doeks!

  3. 3

    Zee said,

    Uiteindelik kom ek ook hier uit. Bly om te sien jy “klink” beter. Ek is seker julle sal die internet konneksie sommer gou gou uitsorteer. Ek sien al hoe jy (soos Dellie se) hom opvreet😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: