Notas dag 25

 

kwaai1.jpg

Uitgestres, moedeloos, bekommerd, gatvol, benoud, en toe uiters ge-irreteerd.  Dit is hoe ek gister gevoel het.  Die hele paspoort situasie het my klaar.  Ek gesels met baas se vrou gister.  Sy weet nie eers dat haar eie swaer op st Petersburg vassit nie.  Die rede?  Haar man hou die dinge weg van haar, omrede sy in so toestand is oor Jan se doen en late.  En daar lap ek dit toe uit!

Ek sit met die oop mail wat ek SA ambasade toe wil stuur daar in Rusland.  Maar ek kry nie die send knoppie gedruk nie.  Wat as ek meer skade doen as goed?  Wat as die manne nie wettige werspermitte het daar nie?  Ja…dit gebeur.  Wat as ek in my poging om my man uit die tronk daar te hou, ek die hele kontrak daar vernietig?

Dis nie in my geaardheid om onnodige moeilikheid te veroorsaak nie.  So ek sit met die mail, en wag tot ek weer met die baas se vrou kan gesels.  Kry haar toe in die hande laat gistermiddag.  By die tyd het my gemoedere al wye draaie met my geloop.  Liefie slip uit en sms my gou net om te sê hy is lief vir my.  Dit doen hy nooit, so ek voel aan dat hy uitgestres is.

Met my gesprekke met haar vertel sy my dat die baas Liefie se paspoort issue uitgesorteer het.  Sug van verligting.  Baas was baie benoud toe hy hoor ek gaan die ambasade kontak.  Die swaer se goed is ook uitgesorteer, en die vlieg vandag Samara toe.  Dink ek toe nou my stresse is verby, en ek maak die mail toe.

Elke aand wanneer 7de laan op is kom Liefie hulle van die werk af, en mail my dadelik as hulle in die taxi klim.  Gisteraand half 9 het ek nog geen woord van hom gehoor nie.  My hart trek krampe, en ek het die mees benoudste gevoel asof iets iewers nie reg is nie.  Ek kan skaars asem kry.  Ek voel soos ‘n honger leeu wat alles wil aanval.  En ek voel ek wil dood neerslaan.   Ek sms hom om te hoor waar is hy.  Niks reply nie.  Ek probeer bel….kom nie deur nie…..

Rondom 10 uur kry ek sy eerste sms.  Hy is ok.  Sy foon se battery was pap.  Groot sug van verligting.  Vir korte duur.  Ek noem die feit dat ek bly is sy paspoort is uitgesorteer.  GA!!! niks sulke goeie nuus nie.  Daar is net mooi niks gedoen nie.  Baas sê hy sal self saam Liefie 3 dae lank ry na Moscow om dit uit te sorteer as dit nodig is!   Ek meen wat te hel!!  Liefie klink heel rustig, en ek sit my dinges en af worry die kant.  Miskien was hy net te moeg om te worry…..

Hy kry sy laptop vandag wat ek 2 weke terug gestuur het.  Soos ek van die begin af verstaan het, is daar internet konneksie in die woonstel.  Maar nee, gisteraand hoor ek daar is nie.  Nou wat help dit ek stuur laptop sodat ons kan gesels as daar nie eers internet is nie!….  By die tyd het ek my al op verskeie vlakke vererg.  Baas sal hulle help om op die een of ander manier internet te kry.  Soos hy die paspoort uitgesorteer het???? 

Op die stadium voel ek hulle moet net aansnork daar.  Ek het geweldige stres hier met ons besigheid, en klaende neulende verdompde kliente, ek gaan die hele storie net los.  Kan nie meer nie.

Eergister was die hoërskole sport hier.  Meisiekind is toe saam om te gaan sing en wat ookal.  Hulle busse het eers laat die aand terug gekom by die skool.  Die kinders was doodmoeg en verbrand deur die son.  Hulle het gepoog om die volgende dag af te kry, maar ons skoolhoof is mos ‘n goeie mens en sê net “nee”.  Gister was die helfde van die kinders in elk geval nie in die skool nie.  Helfde van die onnies was skou toe.  En dit het gereen en was koud hier gister in die oggend.  So toe bel meisiekind en vra ek moet haar gaan haal.  So gemaak.

Eers by die huis begin sy karring en karring sy wil haar hare laat sny.  Haar hare hang op haar boude.  En dit is my trots, die kind van my met haar pragtige hare.  Seun hulle het gister nie werk gehad nie, en hy was ook heeldag hier.  Ek loer hom so en sê dis hoogtyd dat hy ook iets aan sy boskaas doen.  En so sit ek toe af met die 2 na die haarkappers. 

Seun is baie ongeduldige mens, en sê hulle moet sny, hy gaan nie daar sit en wag nie, as hulle klaar is ry hy.  Goed so, pla my nie.  Maar o wee, toe daai girl sy hare begin sny, kry die knaap gier in die gat om sy hare swart te kleur.  Dit was nie die eerste hartaanval wat ek toe nou vir die dag gehad het nie.  Maar ek kan niks sê nie….hy is nie meer 12 nie.  Ek moet erken, sy hare het toe baie mooi uitgekom.

Meisiekind—–ai, toe hulle in daai lang hare inklim met die skêr kry ek die een beroerte na die ander.  Ek keer vir al wat ek werd is dat hulle nie moet kort sny nie.  Sy het kuif laar insny, en layers van haar gesig af agter toe laat sny.  Hulle het in die lengte agter sowat 20cm afgesny, en die layers bo sowat 40cm.  Ek het naderhand hulle gevra om net vir my koffie te bring.  Moes net iets addictive in my lyf kry.  Toe begin die blaas.  En skielik is my klein dogtertjie nie meer klein nie.  Haar hare lyk fantasties.  Dis darem nog lank, maar sy lyk skielig so opgewasse.  Die eienares van die salon het gedink meisiekind het ingeskryf vir die juffrou skou, en was nogals teleurgesteld toe dit nie die geval is nie.   Maar ek sal nie dat sy nou al in sulke goed deelneem nie……

Nou ja, nou het ek behoorlik afgepak vandag.  Hoop julle daggie is minder stresvol en vol sonskyn.

Liefde groetetjies 

Sonneblom 

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    More Sonnie.
    Ek dink ook laat die mans hulle eie goed maar uitsorteer. Mens wil help, maar as mens nie ‘n idee het van hoe goed daar werk nie, kan mens ook nie eintlik veel doen nie. Jy sal wel hoor as daar RERIG probleme is waarmee jy MOET help!
    Vat nou ‘n koppie koffie en ‘n siggie, en ontspan – en enjoy!
    Lekker, rustige dag vir jou!

  2. 2

    Zee said,

    Ek join jou met die koffie en siggie!

    My meisiekind se hare is net so lank en sy wil net sny, maar ek weier beslis. Eintlik het ek nou nie ‘n se daar nie, sy word darem een van die dae 21. Seker maar omdat ek sulke lang steil blonde hare wil he en myne is een krullebol. 🙂

    Vergeet nou soos Boendoe se van die paspoort storie en ontspan!

  3. 3

    boendoe said,

    Jy is so stil soos ‘n landmyn! Hoe gaan dinge daar?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: