Notas dag 24

 

lonely.jpg

Kan nie glo daar is al 24 dae verby sedert Liefie weg is nie.  En op dag 23 moes hy vir homself staan en moeilikheid maak.  Sy paspoort het in die wasmasjien beland!  

Die een ou wat na die tyd gevlieg het, saam wie ek Liefie se laptop gestuur het, moes gister van st Petersburg na Samara vlieg.  By doane aangekom, stop hulle hom toe, want sy ‘entry stamp’ in sy paspoort het klam geraak en is effens gesmeer.  Nou mag hy nerens heen vlieg nie, en moet 2 keer per dag by die polisie aanmeld.  

Liefie het sy wasgoed gisteroggend in die wasmasjien gegooi….paspoort nog in sy broek se sak.  Hy het dit amper dadelik agter gekom, en dit uitgehaal.  Maar die water het klaar skade aangerig.  Sy ‘entry stamp’ is heeltemal verwoes en die blou ink het oor die helfde van sy foto geloop.  Hy sê toe hy in Rusland aankom, het hulle hom klaar skeef gekyk oor sy 2 jaar oue foto nie lyk soos hy nou lyk nie.  Sien, hy het voor hy gevlieg het besluit om sy baard te laat groei in ‘n poging teen die koue.

So nou kry ek gisteraand noodkrete van paniek daar uit Rusland uit.  En ons weet nie wat om te doen nie.  Die Suid Afrikaanse Ambasade sit in Moscow.  Hy kan nie eers daar uitkom sonder om op ‘n vliegtuig te klim en deur doane te gaan nie.  Sodra hy dit gaan waag word hy ook vasgehou daar.  Hulle moet hul paspoorte by hulle hê ten alle tye, en as hulle voorgekeer word?  Ek is raadop en weet nie watter kant toe nie.  Wat as hy in die moeilikheid beland?  Wat as hy nie op die vlug terug kan klim nie?  

Ek het nie paspoort fotos van hom hier nie.  En al het ek gehad sal dit niks gehelp het nie.  Dit vat 6 tot 8 weke vir ‘n paspoort.  Dan 21 dae vir invitation van Rusland af voor ons ‘n visum kan kry.  En hulle gaan nie visum gee nie, want hy is mos alreeds daar.  so ek weet nie. Eks raadop.

Wat gebeur met die Jan sage…..Die baas wou hê dat hy ‘n brief moes teken wat sê hy skuld hom die geld waarmee hy so mal aangegaan het.  En Jan weier.  Hy reken hy is nie  verantwoordelik vir dit nie, want hy was op drugs!  Nou het die mense jare se moeilikheid in Iran.  Niemand wil glo vir hulle geld leen om die besigheid daar te probeer red nie, en hulle vrees dat hulle baie kontrakte gaan verloor daardeur.  So ek wonder waar gaan hulle geld kry om die manne te betaal in Rusland???  Die man het nou aan meer mense se lewens kom krap as wat hy besef.  Nou is hulle baie kwaad vir hom, en dit klink vir my hulle wil voortgaan met die saak by die polisie.  Ons sal maar sien wat daar gaan gebeur.  Ek weet net dat hy glad nie populer is op die stadium nie.

Nou ja, dat ek die dag face.  Ek hoop ek kry iewers ‘n oplossing.

Lekker dag vir almal.

Liefde groetetjies

Sonneblom

4 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Daai gewaste paspoort kan ‘n lelike storie word.

    Net nadat Seun aansoek gedoen het vir syne, en pas sy nuwe ID gekry het, het die ID ook in die wasmasjien beland. En dis soos in totaal verwoes. Na byna vier weke wag ons nog steeds vir ‘n tydelike ID, want hy gaan daarmee moet rondbeweeg in die VSA. Dis my grootste vrees dat sy paspoort iets oorkom daar anderkant!

    Intussen wag ons nog steeds vir sy afspraak by die Ambassade. Die kinders se senuwees is klaar, hulle het gedink hulle sou al die 22ste gevlieg het! Gister weer gebel, en al wat hulle sê is sorry, ons sal jou laat weet sodra ons vir jou ‘n afspraak gereël kry.

    Ek hoop jou man kan die dinge uitsort. Sterkte, my mater!

  2. 2

    Dellie said,

    Sonnie, ja, hy is veronderstel om te gaan werk… of dit nog hierdie jaar gaan wees, weet ons nie!😯 Hulle gaan vir 9 maande, die visum is net so lank geldig. Dan by die huis vir 3 maande, en dan kan hy weer gaan, vier jaar na mekaar. Hy sien vreeslik uit daarna.

    Ons het reeds al die fooie betaal, ook die besoek aan die Ambassade, maar moet nou wag en wag. Soos ek verstaan kan daar net ‘n beperkte aantal besoeke gereël word per dag, en hulle moet nou maar hulle beurt afwag.

    Maar moenie worry nie, jy sal WEET as die groot dag aanbreek… ek lees jou dagstukkies, en ek weet darem ek kan by jou kom kla as die verlange te veel word!

  3. 3

    boendoe said,

    Sjoe! Dis ‘n probleem. Ek het ook eenkeer my seun se paspoort gewas (‘n hele siklus!), maar gelukkig was alles nog baie duidelik. Nie baie skade opgedoen nie.
    Al genade is dat hy ambassade toe sal moet gaan vir ‘n nuwe paspoort, dink ek. As dit ‘n binnelandse vlug is, dink ek nie hulle sal hom weer stop by doeane nie? Ai, dis ‘n gemors. Maar daar behoort ‘n prosedure te wees vir sulke gevalle. Miskien moet hy ten minste net die ambassade bel?
    Sterkte!

  4. 4

    Zee said,

    Sjoe, paspoort laundering!! Boendoe het nou al te doen gehad met die SPCA, CI investigations….. ek dink julle gaan deur die FBI besoek word!!😆
    Ai Sonneblom, hoop jou Liefie kom gou reg!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: