Notas dag 23

 

tear-eye-love.jpg

 

Ek wens vandag meer as ooit my man was by die huis.  Dinge is vandag so deurmekaar hier, ek weet nie of ek kom of gaan nie.  Ek kla nie oor besigheid nie, dis geld, maar dit raak nou erg besig, en my team kan nie alles handle nie.  Ek voel of ek kan weghol vandag.  En die hardste ding is, ek het geen support van niemand.  Ek en my kind moet maar aansnork.

Die manne in Rusland is ontstoke.  Hulle werk dat hulle behoorlik huis toe kruip, en dan wil die Duitser hulle nog flag gee oor die werk.  En die manne is opgetens…..so ek sal nie verbaas wees as hulle tools oppak en goodbye sê nie.  Dit kan nie gou genoeg na my sin gebeur nie, but then again, ek is selfsugtig.  Ek het gister vir my ‘n world call card gaan koop.  Want een van die ouens daar se meisie bel hom met so kaart, en sy sê sy betaal 60 sent per minuut vir ‘n oproep.  Volgens Telkom se website, is die kostes sowat 70 sent per minuut.  Ek bel Liefie gisteraand, en ons gesels 27 en half minuut.  R43.00 later.  So ek weet nie wie voer vir wie bollie nie…… Hy kry heel moontlik more sy laptop wat ek hom 2 weke gelede gestuur het, dan kan ons via internet gesels.  Heel moontlik baie goedkoper.

Ek moet vandag dokter toe.  Ek is kak bang.  Ek het ‘n moesie op my gesig wat ek wil laat verwyder, en ‘n klier op my arm wat groei wat ek ook wil laat verwyder.  En ek is banger vir naalde as vir spoke😦 .  Ek vorm al regtig drogbeelde van die afere in my gedagtes.  Hou duime vas vir my asb.

Jan is toe gevind.  Dit was toe nou nie so baie geld wat hy mee weg is nie.  Was R32000. 00.  Hulle het R18000. 00 terug gekry by hom, maar hy moes iets anders aangevang het, want die skade wat hy die company aangerig het is kort van R200 000.oo af.  Ek wou nie te veel uitvra gisteraand nie, maar ek sal op ‘n subtiele manier probeer uitvis. 

Met skoonsus gepraat vanoggend.  Jan gaan blykbaar vir rehab vandag.  Glo vir 8 maande lank.  Kan nie daai een verstaan nie, maar toemaar.  Dis glo ‘n plek in Lenasia.  Is glo baie rof daar.  Jy slaap op die vloer, en kry jou kos deur tralies – soos in die tronke.  Volgend skoonsus het Jan homself gister bekeer.  Ek sê dis bulldust.  Jy word gevang, en skielik bekeer jy jouself……  Ek het ook altyd my pa belowe ek sal nie weer nie, as hy my pak gegee het…  Drugs is nie iets waaroor jy jou kan bekeer nie.  Jou liggaam soek die dwelms om hom te voed.  En ja, jy sal enigiets sê om uit die moeilikheid te kan bly.  Hulle moet nie in hul ooglede vaskyk hier nie.  Ok, hy het hom nou bekeer en nou is die kaap hollands…I don’t think so.  Hulle moet liewer die ou bystaan in sy verslawing en hom help daardeur kom. En dit gaan nie maklik wees nie.

Ek is bekommerd oor sy vrou en kinders.  As Jan vir 8 maande uit die prentjie gaan wees, wie gaan vir hulle sorg?  Sy werk nie en sal seker maar moet werk kry iewers.  Maar gaan sy genoeg kan verdien om hulle huis te behou, en vir haar 3 kinders (2 op hoërskool en een in laerskool) te kan sorg?  Mens besef nooit die omvangs van jou doen en late nie.  Ons kan maar net hoop en bid dinge sal vir haar uitwerk.  Maar sover hou almal vir wie Jan gewerk het vol, hulle sal hom nie weer ‘n kans gee nie.  Seker maar te verstane. 

Julle moet ‘n lekker daggie hê.  Ek gaan nou klaarmaak vir my afspraak…wish me luck.

Liefde groetetjies

Sonneblom

4 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Sonneblom, sterkte by die dok!

    Sover dit Jan aangaan, ek hoop wel hy is ernstig oor die bekeer. My seun het al 100 maal bekeer geraak net om weer te verval. Hulle dink as hulle vir ons sê ek is bekeer dan is alles ok! Ja, ek wil dit so graag hê maar dit is net ‘n “scapegoat” op daardie oomblik…. Sterkte vir sy vrou en kinders want hulle gaan dit baie nodig hê en ek sal hulle in my gebede opdra aan onse Hemelse Vader.

    Ek sweer, as jy hoor daardie plek in Lenasia werk stuur ek hom soentoe… hou my bietjie op hoogte.

  2. 2

    Dellie said,

    Sterkte by die dokter, Sonnie!

    En ek hoop regtig ou Jan is ernstig en dat die rehab sal werk. Dis altyd sad as daar kinders ook in die prentjie is.

  3. 3

    Sonneblom said,

    Nou ja, ek is terug van die dokter, en ek was nie gesteek of gespuit of gesny nie. Net ‘n spesialis kan die werk doen, want albei die goed sit naby senuwee en senings. So ja, nou word ek verwys na die spesialis, maar ek moet dalk daaraan dink om ‘n hospitaalplan of mediese fonds te kry. So in die binnekamers van my gemoed sug ek half van verligting….eks ‘n lekker chicken😀😀

  4. 4

    boendoe said,

    Ja, maar moet nie te lank wag met daai hospitaalplan/mediese fonds nie. Sulke goed kan vir jou moeilikheid gee!
    My email adres: boen.doe@hotmail.com. Ek wag vir jou briefie, ag assebliefie!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: