Notas dag 22

 

lag.jpg

Smile ek vir die mense wat gewonder het oor die ‘knippie’.  Ek het darem nog nie my sin vir humor heeltemal verloor  nie.  En nee Boendoe, ek issie stout nie.  Ek sou nie so verlang het na Liefie as ek wou stout wees nie😉  

Dis warm in Rusland.  Dis temperatuur het gestyg na bo 0 grade.  Dis vandag 2 grade daar.  Manne sê dis lekker.  Weet nie wat so lekker is aan 2 grade nie maar ja.  Dis seker maar beter as -27 nê.  Die manne werk hulle self poegaai daar.  Ek bel Saterdag woonstel toe, tel een van die ander ouens die foon op.  Ek vra toe vir Liefie, sê die man hy sal nou die foon vir hom gee sodra hy kan opkom en beweeg, en sodra hy vir Liefie kan opkry om te beweeg.  Arme manne.  Ek voel jammer vir hulle, maar hulle is baie braaf.  Kom met min ure slaap oor die weg.  Hulle druk nou die werk sodat hulle kan vroeer huis toe kom.  Hulle mag dalk al die einde Maart terugkom.  Ek hoop regtig so.  Daar wag glo nog ‘n kontrak in Rusland.  Die keer gaan ek saam.  Baas sê dan is dit somer daar en ek sal dit dan geniet.  Maar ons wag maar en sien.

Kom ek eers skinder.  Kom ons noem die ou maar ‘Jan’.  Jan werk baie buiteland.  Vir Liefie se ‘baas’.  Jan het besluit hy gaan bietjie by die huis bly en hier rond werk.  My swaer gee hom toe werk, en alles verloop vlot.  Vir 1 maand lank.  Jan verdwyn toe net.  Met swaer se bakkie en R30 000 se toerusting op.  Almal soek vir Jan die heel naweek.  Die maandag kry hulle hom in die suide van Johannesburg.  Tussen die druglords.  High van die kokaiene en wie weet wat nog.  Toerusting is verpand.  Kry darem die bakkie terug.  

Swaer besluit hy gee hom nog ‘n kans, maar Jan moet homself skoonkry en als.  ‘n Week later parkeer hy die bakkie by die werk en verdwyn weer.  Die keer is my swaer vies en sê dit was nou genoeg.  Hy kan hom nie weer help nie.  Jan gaan soebat toe by Liefie se baas vir werk, en die sê die saak is reg.  Jan is ‘n goeie werker.  En die baas stuur hom Iran toe.  Boek sy vliegkaartjie en alles word so gereel.  Hy moet Saterdag op die vliegtuig wees.  

Baas se vrou gee vir Jan $25 000 om saam te neem Iran toe.  Die geld is  vir die ouens se verblyf, die huur van masjienerie ens.  Jan besluit toe mos hy ruil die geld in op die lughawe vir rande………..en verdwyn met dit.  Nooit op die vliegtuig geklim nie…hy is missing.  Baas se vrou het nou saak gaan maak teen Jan.  Maar die ergste is, dat hulle op geen ander manier geld by die site in Iran kan kry nie, en die spanne daar gaan heel moontlik van site afgesit word.  Hulle kan nie die masjienerie betaal nie, of die ouens se verblyf nie.  So Jan het nie net amper R200 000 gesteel nie, maar lelike skade aan die besigheid berokken. 

Sy vroutjie huil en smeek dat hulle nie iets aan hom moet doen nie.  Maar hoe nou gemaak.  Mens kan regtig nie wegkom met moord nie kan mens?  Wat my maag op ‘n knop trek is dat ons die man ook werk wou gee.  Maar swaer het hom eerste opgeraap.  Geluk aan ons kant, maar wat van die skade wat hy aan ander gedoen het? Ek voel jammer vir sy vrou en kinders.  Hy is sover ek weet nog steeds opsoek.

Wie van julle kan dalk vir my help.  Ek is opsoek na die teken prentjies van die “love is…” poppies.  Kan julle dit onthou?  Daar was plakboeke en stickers en pennesakkies ens van die 2 verliefde poppies.  As enigiemand weet waar kan ek van die prentjies kry, sal ek baie bly wees.

love-is.jpg


 

 Nou ja, ek hoop die week vlieg.  En dat almal ‘n lekkr week sal hê.

Liefde groetetjies

Sonneblom 

6 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Nee, Sonneblom, jy sal moet name noem! Ek ken so paar siele in Iran, en nou is ek vrek nuuskierig om te weet of dit een van hulle is wat so drooggemaak het! Toe, stuur my ‘n mailtjie! Sal niks se nie, belowe, wil net my nuuskierigheid bevredig!

  2. 2

    Zee said,

    Sonneblom, my mond hang sommer oop hier oor “Jan”. Drugs is ‘n euwel!!
    Wee jy, ek gaan bietjie krap vir jou “Love is” prentjies, iets lui so klokkie dat ek nog van dit het!🙂

  3. 4

    Sonneblom said,

    Zee!! Dankie dankie dankie😀😀 Jy is ‘n skat. Dis presies waarna ek gesoek het..As jy nog prentjies het stuur seblief aan….Ag dis so cute….lol…wens ek was nog so verlief…😀

  4. 5

    Roer said,

    Ah. Cute. Ek is MAL (duh) oor Calvin & Hobbes. Hectic storie, Sonneblommetjie. Weet nie of ek vir Janneman jammer kry nie. Genugtig. Genoeg is genoeg. Hy het beslis hulp nodig vir sy verslawing.

  5. 6

    Karl said,

    Hello Sonneblom

    Jy is nou amptelik getag om in te skryf vir ons Bruid van alle dekades kompetisie op my blog.

    Ai, dwelms is ‘n euwel – jy skud hom nie sommer af nie. Mense wat verslaaf is, sal sy eie ma verkoop vir dwelms. Geen salf te smeer nie, net ‘n laaaaaang pad na herstel.

    Karl


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: