Notas dag 19

 

rusland.jpg

As daar nou een plek is waar ek nooit sal gaan bly nie is dit Rusland.  Dit is seker een van die duurste plekke om te bestaan.  Wel vir my klink dit so.  Liefie vertel dat toe hulle in Moscow land, moes hulle ‘n taxi kry wat hulle 1 km na ‘n ander plek vat waar hulle die vlug na Samara kon kry.  Vir daardie 1 km moes hulle $50.00 opdok.  Jy is in ‘n vreemde land, en jou dinges vries af, so ek is seker jy betaal dit maar.  

By die fabriek waar hulle werk moet hulle R30 uithaal vir 1 liter vrugtesap.  By die kaffetjie of plekkie waar hulle in die aand gaan om te koop betaal hulle ongeveer R15 vir 2 liter koeldrank.  Dit kan amper nog gaan, maar R30?  Vanoggend bel hy my gou, hy het 30 sekondes met my gepraat, net om te hoor of het ek sy sms gekry voor hy in die fabriek gaan (daar is geen sein nie), en dit het R31 van sy lugtyd ge eet.  Die plek is laf!

Liefie voel darem beter vandag.  Hy sê dis die stof en vuilheid in die fabriek wat hulle so siek maak.  Die plek is glo morsig binne.  Almal wat werk los alles net so.  Niks word skoongemaak nie.  In die oggende voor hulle kan begin werk, moet hulle eers die area waar hulle werk opruim en uitvee voor hulle iets kan doen.  En dan is dit stof en nog die koue van die sneeu…geen wonder hulle het kort kort verkoue nie.

 

haarsny.jpg

Ek het gister weer ‘n knippie en blasie gekry, en sommer dieselfde tyd my naels laat doen.  Het weer lekker gevoel om bietjie gepamper te word, en beter te lyk.  Maar vanoggend voel ek so moeg asof ‘n trein oor my gery het gisteraand.  Ek het nie eers laat gaan slaap nie.  Was 11 uur in die bed.  Ek het nie wakker geword van my 2 smse vanoggend nie, en Liefie het 2 keer gebel voor ek die foon hoor lui het.  Ek kon net nie wakker word nie.  Sal wat wil gee om vanmiddag bietjie te gaan slaap.  Miskien is ek gelukkig, dan is die fone stil. 

sleepy.jpg


Ek wil so deur die loop van die naweek my kantoor skuif.  So hier is nou ‘n geskoonmaak van ‘n ander aard.  Dis eintlik lekker, want nou kan ek goed wat lank staan en opgaar wegsmyt.  En Liefie is nie hier om my te keer nie :D  So ja, laat ek aangaan met my mission.  Ek hoop almal het ‘n lekker naweek.

Liefde groetetjies

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Sonnie, ek kon my oe nie glo nie! Moes regtig twee keer lees toe jy skryf van die ‘knippie en blasie’ wat jy gehad het! Amper dog ek jy is baie, baie stout in jou man se afwesigheid!

  2. 3

    I simply couldn’t leave your site prior to suggesting that

    I actually loved the usual information an individual

    supply on your visitors? Is going to be again steadily in order to investigate

    cross-check new posts


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: