Notas dag 18

 

stubborn1.jpg

 

Hoekom is mans so hartkoppig?  Of is dit nalatigheid.  Liefie is hondsiek, maar maak geen plan om meds te kry nie.  Praat dit dood heeltyd.  Of sê hy sal kry, maar doen nie.  Ek is rasend die kant.  Verkoue is een ding hier in ons land, maar dit het na sy bors toe getrek, en hy klink goor.  Wat gebeur as hy longontsteking kry? Dit is bitter koud en sneeu heeltyd daar.  Die mense van Rusland verstaan geen woord engels nie.  Hoe gaan hy gesond word daar? Ek voel magteloos.

Gister sê hy vir my dat hulle paspoorte uitgesorteer is, en so in die selfde sin vertel hy my, ‘mens ken nie ‘n land as jy nog nie in die tronk daar was nie’.  Dit via sms!  Dit was die vinnigste wat ek op ‘n foon gespring het.  Ek meen wat op aarde is die probleem.  Hulle het nie dokumente gehad om in Samara te bly nie, net in Moscow!!  So vir amper 3 weke loop hulle rond soos sitting ducks!  En ek weet niks van dit nie.  Wat as hulle gevang sou word?  Hoe de heng sal ons geweet het wat het van hulle geword.  Ons weet van niks.  Onverantwoordelik sou ek sê.  Maar hulle is glo nou legal daar.  Ek gaan nog ‘n maagseer ontwikkel.

Ek en die kinders het maar ons herdenking gevier gisteraand met ‘n lekker ou mc D burger.  Seun vir my en hom ‘n glas van Liefie se jack daniels gegooi, en toe gaan ons maar net voort met ons lewe.  Ek het so bietjie Battlefield gespeel, en die kids het maar hule eie ding gedoen.  Ek wil vandag weer bietjie my hare gaan laat sny.  Is so bietjie lank overdue.

Dankie vir al julle gelukwense gister.  Ek waardeer dit baie.  Ek het gister vir my ‘n webcam gekoop, so wanneer Liefie sy laptop kry teen volgende naweek, kan ons mekaar darem weer te siene kry.  Langafstand….😦 . Ai as ek die almanak so beloer dan is dit asof die tyd nie stap nie.

Ek hoop almal het ‘n lekker daggie. 

Boendoe, hoe gaan dit met jou?  Gooi vir my ‘n mail en vertel my.  Ek weet dis moeilik ou vriendin.😉

Liefdegroetetjies

Sonneblom 

2 Responses so far »

  1. 1

    Adelem said,

    More Sonneblom!
    Het jou comment op my blog gekry en die practical jokes klink na iets wat in my kraal sal val. Enige idees? Mail my, as jy kan of los weer ‘n comment op my blog.
    Ek dink my laaste paar dae by die werk het sopas begin lekker raak!😉

  2. 2

    boendoe said,

    Hallo Sonnie,
    Nee, dit gaan weer klopdisselboom met my! Dinge het WEER verander, maar ek gaan nou terug. Die paspoorte is net laat ingestuur agv die hele gemors, dus sal ons heel moontlik ‘n paar dae langer hier kuier.
    Hoeveel dae nog oor vir jou? Die een genade is dat dit nie vir ‘n jaar of langer is wat jou lief daar moet bly nie. Net 3 maande! Dit gaan verbyvlieg. Ok, NOU lieg ek!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: