My Lief

calla-lily.jpg

 

My Lief,

Vandag is ons ses jaar getroud. Jy kan nie hier wees saam my vandag nie, en dit is hartseer. Daar waar jy in ‘n ver land sit, in die koue, hoop ek vandag jy voel die warmte van my liefde vir jou. Hoe wens ek ons kon bymekaar gewees het vandag. Weet net elke verlange traan wat ek stort vandag is ‘n traan nader aan jou terugkoms. Ek het jou lief met my hele wese, elke vesel van my liggaam, en siel. As ek jou net kon aanraak vandag….

Jy is

My sielsmaat,

My dapper held,

My afpakplek,

My geluksmat.

My liggie in die lewe,

My troos in die nag,

My liefdesmaat,

My vriend in die dag.

My beskermer,

My oppasser,

My minnaar,

My bestaan

Jy is:

Die sprankel in my oë,

Die glimlag om my mond,

Die huppel in my stap

Die vreugde in my lag

Ek het jou lief

Meer as woorde kan beskryf,

Elke oomblik van elke dag

En in die binnekamers van die nag.

Dankie vir die ses wonderlike jare saam met jou.

Deur dik en dun en al die klippe kou

Deur al die vreugde en die trane soos nou

Bly ek vir ewig, net vir jou

S

8 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Happy anniversary!! Ek klink ‘n glasie op julle!😉

  2. 2

    Adelem said,

    Mag julle nog duisende gelukkige jare saam he! ((sonnelblom))
    Dis jammer hy kan nie by jou wees nie, maar hou jou oog op die wenpaal, ou girl, as hy eers terug is by die huis, is ek seker hy gaan opmaak vir die afwesigheid😉

  3. 3

    platkuif said,

    very nice gediggie…hoop hy kry dit darem lees!

  4. 5

    Dellie said,

    Geluk Sonnie! Ek skink ‘n takiela op julle! Dis net jammer hy is nie naby jou nie. Jy sal maar die vieringe so bietjie op ys moet sit.

  5. 7

    boendoe said,

    Mooi woorde, Sonnie. Geluk met julle herdenking, volgende jaar vier julle dit saam!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: