Notas dag16

16.jpg

16 Dae is al verby. My seun sê gister, sjoe die maand is ook amper om. Tyd vlieg, maar vir my trek die dae vreeslik lank. My Liefie is weer siek. Ek wens ek was daar. Dit is bitterlik koud daar in Rusland. Dit was gister – 27. Ek dink nie mens besef hoe koud is dit nie.

Daar is nie veel nuus van daar ver af nie. Hulle werk net henge lang ure, en hy was poot uit gisteraand. Hulle het darem al 2 Russiese woorde kon leer. ‘Da” is Ja, en ‘Malinki’ is klein, of kleintjie, iets wat klein is. Ek is natuurlik nie seker oor die spelling nie.

Gister was vir my ‘n baie seer dag. My Seun was die keer die rede. Hy is nie ‘n kind wat uitgaan en jol nie. Hy gaan werk elke dag getrou en hard. Daar is nie ‘n lui been in sy lyf nie. En die manier waarop hy die besigheid doen vandat Liefie weg is, is vir my verbasend. Die is een van ons beter maande. En ek kan sien op sy gesiggie hoe trots hy op homself is. Hy is nou maar 19, maar beslis baie volwasse en verantwoordelik vir sy ouderdom. En ek is vreeslik trots op hom.

Dis die meisie……. Hy glo vas in sy hart dat die meisie sy soulmate is. En noudat hy haar nie kan kry nie, het hy sommer besluit dis verby. Hy sê gisteraand vir my, ‘ek is alleen gebore, en ek sal alleen doodgaan’ Ai, dit breek ‘n moederhart. Hy weier om te hoor dat sy lewensmaat daar buite is. Dit was sy of niemand…… Ek kan sien my kind wil aanbeweeg in die lewe. Hy het nog nooit meisies huis toe gebring nie. En vir hom was die tyd nou reg.

Ek verstaan nie hoekom hy so bad luck het met die girls nie. Die eerste meisie wat hy gaan ontmoet het, glo baie mooi meisie, is ‘n joller. sy het baie boyfriends. Not for me sê hy. ‘n Ander meisie, wat mal is oor hom, is soos sy een tannie – loud, vetterig, en alles gaan oor haar….not for me…… Ek hoop en bid maar dat sy maatjie en hy mekaar gou sal ontmoet. En dis nie asof hy ‘n lelike kind is nie. Hy is regtig ‘n handsome laaitie. En ek sê nie net so omdat hy my kind is nie. Maar ek glo hy sal sy girl kry.

My meisiekind se vriend van die kaap, se pa bel my gister. Die outjie is hellbound om hierheen te kom vir die vakansie. Na matriek wil hy hier kom bly. Die man is seker een van die gaafste mense ooit. ‘n Baie gelowige mens. En nee, nie op sy mou nie, sy hele manier en houding verklap dit. Hy het my die mooiste komplimente gegee oor my meisiekind gister. Ai maak moederhart sommer trots. Ek moes iewers iets reg gedoen het met hulle opvoeding. So het ek en die pa toe nou gister reelings gemaak om die laaitie hier te kry met die bus. Ook ‘n gawe kind. Hy is of word nou 18. Ja, en ek sal hom met ‘n fyn fyn oog dophou. Hy is immers ‘n tiener seun, met HORMONE….. Die kind is heel oordentlik, en baie aangename seun. Hy gesels gereeld met my.

So ja, terwyl my een kind hartsgebroke is, is die ander een in die wolke. En moedertjie is op. Nobody ever said it was gonna be easy nê? Dis seker op die einde van die dag waaroor die lewe gaan. Beproewings van alle kante af. En om op die einde jou kinders met sukses en nie sonder sukkel die lewe in te stuur nie. En om jou pyn en leiding opsy te stoot vir hulle.

Ek hoop almal het ‘n heerlike daggie,

Liefdegroetetjies

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hey, ou Sonnie, jy vang my ook altyd! Ek het daai posting weer gedelete – nie geweet iemand het hom gelees nie!! Maar nou het ek weer opnuut simpatie met jou. So lewe is NIE VIR SISSIES NIE!!!

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Ja Boendoe, en ek is ‘n GROOT SISSIE!! Ek kan dit net nie help nie, maar ek kan nie sonder my man nie. Mens se kinders word groot, trou en gaan aan met hul lewens, wat stuk stuk jou nie insluit nie, maar jou anderhelfde bly by jou. Glo my, ek realiseer die sinario oor en oor en oor in my kop.

    Skoonsus wat besig is om te skei, sê noudiedag vir my sy is ook maar alleen. Ek is seker selfsugtig, maar dis nie dieselfde nie. Ek is nie kwaad vir my man en haat hom nie. Dit is in my oë makliker. Elke vesel in my liggaam smag na hom.

    Ek kan net vir jou sê sterkte ook. Ek hoop eerlik julle dinge word uitgesort. Anders moet ons maar op mekaar se skouers huil😉

    Liefde groetetjies
    Sonnie

  3. 3

    Dellie said,

    Ek hoop dinge werk uit vir jou seun. Hy klink na ‘n goeie kind. Maar ek het ook nie woorde om hom te troos nie.

    Sterkte met die outjie van die Kaap. Maak net seker hy en sy hormone verstaan jou huisreels!😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: