Notas Dag 15

 

15.jpg

 Hierdie hele jaar sover was net stres en hartseer.  My oë is al permanent opgeswel en dik.  My hart wil nie meer nie.  Ek het seker al ‘n rivier gehuil.  Wonder of kan ek dit ma sonneblomrivier noem.  Ek het nie gister geskryf nie.  Kon net nie myself sover kry nie.

Ek was Saterdagaand heeltemal van my verstand af.  Liefie laat weet die baas wil hulle uitvat vir ete.  Maar sê hy, hy is nie regtig lus vir dit nie.  Om een of ander rede kry ek toe onmiddelik die aakligste gevoel in my binneste.  Ek bel hom, en kom dit uit dat hulle heel moontlik na ‘n stripclub gaan.  Toe crack ek op.  Nou kyk, Liefie was nog nooit in so plek nie.  Hy het die baas gesê as dit so plek is loop hy uit.  Hy het my so gerus gestel as wat hy kon.  Een van die ander ouens het gesê hy loop saam Liefie uit as dit die geval is.  Lang storie kort, Gaan hulle toe na italiaanse restaurant toe.  Hy my kort kort gebel en gesê alles is decent, ens.

Met die terugtog huis toe klim hulle in verkeerde taxis en verdwaal lekker.  Ek het met hom gepraat terwyl hulle gery het, en was nogals snaaks om te hoor hoe 3 afrikaanse ouens russies probeer praat om die bestuurder die pad terug te probeer verduidelik.  Maar hulle het darem almal veilig terug gekom.

Gisteraand toe vertel hy my daar is ‘n emmer vol werk, en hulle gaan dalk 5 maande aanbly.  Ek is op………………..

Seuna en neef sage – ag wat ‘n gemors.  Meisie het toe gister vir neef die trekpas gegee.  Toe gaan staan die mannetjie mos en pille suip.  13 pille…seker panados of iets.  Ouma bel die meisie, en gee haar hel.  Ouma bel vir Seuna en gee hom hel.  En dit lyk of hier ‘n atoombom ontplof.  Neef neuk terug na die meisie, sy kry hom jammer en vat hom terug.  En Seuna is vanoggend een misrabele bondel mens.  Hy was so gelukkig die heel naweek oor hy haar gaan kry.  Dit breek my hart.  Fyn en vlenters. Nou sê My meisiekind ek moet met die meisie praat.  Ag Vader!, wat moet ek vir haar sê?  Wat kan ek doen om my kind se hart te streel.  En dit terwyl ek uitmekaar donner met my eie hartseer.  Die ergste is dat die meisiekind en my seun vrek verlief is op mekaar.  Ek weet eerlik nie meer watter kant toe nie.

Intussen wil Meisiekind se boyfriend – die een in die kaap kom kuier die vakansie.  Die 2kies is so verlief.  Wat vir my snaaks is, is dat die 2 (seun in die kaap, en die ander meisie) my in vertroue neem om al hul probleempies te help uitsorteer.  Dink ek sal gelukkig wees om die 2 kinders eendag as my skoonkinders te kan hê.  Maar daar is nog baie water wat ek moet huil in die sonneblomrivier………

Wens net ek kan een keer kom skryf oor blydskap en vreugde…..

.

.

.

Ek was getag.  Moet 5 goed noem wat my gelukkig maak….sjoe, op die stadium voel ek als behalwe gelukkig, maar ek sal dit ‘n go gee.

1.  As manlief vir my koffie in die bed bring en my saggies wakker fluit – is mal daaroor.

2.  Om my kids gelukkig te sien.  

3. My zoom-zoom😀

4. Op die stadium my skaal.  Hy like my deesdae😀

5. My man

Lekker dag vir almal.

Liefde groete

Sonneblom 

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hei, ou Sonnie, ek hoor jou. Is vandag net so ‘under the weather’. Sterk staan, ek weet dis moeilik. x

  2. 2

    Adelem said,

    ((((((sonneblom))))))
    My hart gaan uit na jou toe. Vasbyt, ou girl!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: